Rwandese kolonel skuldig bevind aan volksmoord

'n Voormalige kolonel in die Rwandese weermag wat agter die 1994-moord op meer as 500 000 mense was, is aan volksmoord skuldig bevind en Donderdag tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Dit is die belangrikste vonnis van die VN-tribunaal wat saamgestel is om die moordenaars voor die gereg te bring.

Kol. Theoneste Bagosora is skuldig bevind aan misdade teen die mensdom en die hof het bevind dat hy sy pos as direkteur van Rwanda se ministerie van verdediging gebruik het om Hoetoesoldate te beveel om Toetsies en gematigde Hoetoes dood te maak.

Voormalige bevelvoerders Anatole Nsengiyumva en Aloys Ntabakuze is ook skuldig bevind aan volksmoord en tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die voormalige hoof van militêre operasies, brigadier Gratien Kabiligi, is vrygespreek op alle klagtes en vrygelaat.

"Dit was 'n baie belangrike dag in die tribunaal met die uitsprake wat gegee is in belangrike sake wat baie lig gewerp het op wat op die 6de April 1994 gebeur het, asook die dae wat daarna gevolg het," het Hassan Bubacar Jallow, hoofaanklaer by die internasionale kriminele tribunaal vir Rwanda  aan die Franse internasionale nuuskanaal, France 24, gesê.

Die hof het gesê dat Bagosora "die hoogste gesag was in die Rwandese ministerie van verdediging met gesag oor die Rwandese militêre magte" en dat hy verantwoordelik was vir die dood van die voormalige Rwandese eerste minister, Agathe Uwilingiyimana en 10 Belgiese vredesmaglede wat haar probeer beskerm het met die aanvang van die volksmoord.

Bagosora, 67, het niks gesê toe die uitspraak Donderdag gelewer is nie, en daar was doodse stilte van die talle mense wat die gange van die klein hofsaal volgepak het om die uitspraak aan te hoor.

Sy skuldigbevinding is verwelkom deur oorlewendes van die volksmoord, wat 15 jaar later steeds tussen die mense moet woon wat die dade in die sentraal-Afrikaland gepleeg het.

Daar word vermoed dat sowat 63 000 mense deelgeneem het aan die volksmoord, alhoewel baie van hulle deur gemeenskapsgebaseerde howe gevonnis is, waar verdagtes aangemoedig is om skuld te erken en vergifnis te vra in ruil vir ligter vonnisse.

"Bagosora is die persoon agter al die slagtings," het Jean Paul Rurangwa, 32, gesê. Hy het sy pa en twee susters verloor.

"Die feit dat hy die swaarste vonnis opgelê is wat die hof kan gee, is 'n verligting."

VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het die vonnisse verwelkom, het sy woordvoerder Marie Okabe by die New Yorkse hoofkantoor gesê.

"Die vonnisse is 'n groot stap in die stryd teen die straffeloosheid van mense wat verantwoordelik is vir die ernstigste misdade van internasionale belang," het Ban se woordvoerder gesê.

Die Tanzanië-gebaseerde Internasionale Kriminele hof vir Rwanda is opgestel in 1994 om die mense wat verantwoordelik was vir die slagtings te verhoor, en het die eerste vonnisse in 1997 uitgespreek. Daar was 42 uitsprake waarvan verdagtes in 6 gevalle vrygespreek is. Die hof het nie die magte om die doodsvonnis uit te spreek nie.

Agtien sake is steeds aan die gang, maar nie een van die verdagtes is van so 'n hoë profiel soos Bagosora nie. Sy prokureur, Raphael Constant, het gesê dat hulle binne 30 dae appèl sal aanteken.

Meer as 500 000 Toetsies en polities gematigde Hoetoes is doodgemaak in die 100-daeslagting wat deur die ekstremistiese Hoetoeregering georganiseer is. Regeringstroepe, Hoetoemilisie en gewone burgers wat aangespoor is deur haatboodskappe wat oor die radio uitgesaai is, het van dorpie na dorpie gegaan en mans, vroue en kinders doodgemaak.   

строим банилобановский александр игоревич харьков

Madoff omring deur horde kameramanne n? hofverskyning

Image

Bernard Madoff

Toe Bernard Madoff huis toe gegaan het na sy woonstel in Manhattan, was dit vir hom onmoontlik om nie die skade raak te sien wat hy veroorsaak het met sy beweerde $50-miljardbeleggingsbedrog nie.

Kameras het hom ingewag buite die hof toe hy na sy voertuig toe geloop het. Minute later is 'n smalende Madoff weer omring deur nog kameras toe hy in die woonstelgebou ingeloop het, en op een stadium het dit in 'n skrum ontaard met 'n stampery tussen Madoff en 'n joernalis.

Hy is daarna met 'n elektroniese moniteringsarmband toegerus en onder huisarres geplaas in sy $7-miljoenwoonstel.

Madoff se chaotiese rit huis toe het gekom nadat die skandaal van New York na Washington versprei het, met die Sekuriteite en Beurskommissie (SBK) wat meer kritiek moet verduur en die Kongres wat ook by die saak betrokke raak.

Die voorsitter van die Huis se kapitaalmarktesubkomitee, verteenwoordiger Paul Kanjorski, 'n demokraat van Pennsilwanië, het aangekondig dat 'n raad van ondersoek vroeg volgende maand gaan begin kyk na die grootste piramideskema ooit en hoekom die regering dit nie raakgesien het nie. Daar gaan ook gekyk word na die verhouding tussen Madoff se niggie en 'n voormalige SBK-prokureur wat Madoff se besigheid bekyk het.

Madoff het sy verskyning in die hof gemaak om voorwaardes vir sy borgtogpakket te onderhandel. Die regter het van hom verwag om twee bykomende mense te kry om saam met hom, Madoff, te teken, maar klaarblyklik was daar niemand wat saam met hom in die lig van die skandaal gesien wou word nie.

Regter Gabriel W. Gorenstein het gereageer deur 'n verandering aan die borgvereistes goed te keur. Uiteindelik moes Madoff by die hof verskyn om eienaarskap van sy boonste Oostekantwoonstel oor te teken, en sy huise in Florida en die Hamptons in New York.   

система брекетовалександр лобановский харьков класс

Duitse sakevertroue gaan verder daal

Duitse sakevertroue lyk of dit Desember weer gaan val vir die sewende maand agtereevolgens, volgens die voorspellings van 'n ondersoek wat Donderdag vrygestel gaan word. Dit stem ooreen met tekens dat die afneem van die grootste ekonomie in Europa begin om momentum te kry.

Met die globale ekonomiese duisternis wat Duitsland se uitvoere bedreig, voorspel ontleders dat die Ifo-sakevertroueindeks wat goed dopgehou word, sal daal tot op 84 punte.

Die voorspelling van die daling in Desember kom nadat die indeks deur Ifo, wat in Munich gestasioneer is, meer gedaal het in Desember tot op 85,5 punte vanaf 90,2 punte in Oktober.

Die Desember-Ifo-ondersoek, wat gebaseer is op inligting vanaf 7 000 Duitse uitvoerende beamptes, val saam met die publikasie van 'n groot klomp aanduiders en data wat die donker ekonomiese vooruitsig wat oor Europa hang, ondersteun.

Die eindresultaat is dat die verdere daling in die Ifo-indeks die maand verdere druk kan plaas op die Europese sentrale bank om voort te gaan met die vermindering van rentekoerse tot in die nuwe jaar.

ротор купитьАлександр Фильчаков прокурор

Maak jou stem dik vir Afrikaans

Ek is nou behoorlik keelvol vir al hierdie ondernemings wat hulle afsmeer aan Afrikaans terwyl ’n groot (of die grootste) groep van hul kliënte Afrikaanssprekend is.

Een van hierdie ondernemings is Standard Bank. Ek het onlangs ’n Engelse brosjure oor die kredietkaartfooie vir 2009 by my kredietkaartstaat ingesluit gevind. Standard Bank weet baie goed my voorkeurtaal is Afrikaans – ek kry nog al die jare my bank- en kredietkaartstate in Afrikaans.

Dit was nou die laaste strooi wat hierdie Afrikaanse kameel se rug gebreek het. Ek skryf toe ’n brief aan mnr. Joop Dekker, ’n senior bestuurder in die kantoor van die hoof- uitvoerende beampte van Standard Bank, ook ’n man met ’n Afrikaanse van. Hierin teken ek protes aan teen Standard Bank se eentalige Engelse taalbeleid wat aan my en ander Afrikaanse kliënte opgedwing word.

Ek noem die volgende as bewyse:

• Elke brosjure in Standard Bank se tak op Montagu (waar die meeste kliënte Afrikaanssprekend is) is net in Engels te kry. Voorheen was die meeste ook in Afrikaans beskikbaar.

• Elke plakkaat en kennisgewing in my banktak is ook net in Engels. Ironies genoeg verskyn daar wel Afrikaans op die buitedeur van die bank – om voornemende rowers te waarsku dat die bank oor tydvertraagslotte beskik. Ja, rowers word hoër geskat as die bank se Afrikaanse kliënte!

• As ’n mens Standard Bank se “Call Centre” skakel, word jy net in Engels bedien. As jy vra om in Afrikaans gehelp te word, word jy gevra om aan te bly. Gewoonlik gee dit ’n lang gewag af waartydens jy dikwels afgesny word – nie ontoevallig nie, glo ek.

• “Konsultante” van Standard Bank wat kliënte bel oor ’n nuwe diens of produk van die bank, praat deur die bank net Engels.

Na aanleiding hiervan kry ek ’n brief in PDF-formaat op ’n Engelse briefhoof waarin mnr. Dekker onder meer die volgende skryf:

“Ek wil u verseker dat die Bank geen beleid navolg wat een amptelike taal bo ’n ander bevoordeel nie.

“U sal saamstem dat dit ’n veeleisende taak is om met diverse taalgroepe te kommunikeer. Dit is voorts soms ’n moeilike besluit gegewe die verskillende taalvoorkeure in ’n spesifieke geografiese gebied …

“Indien dit enigsins prakties moontlik is, bepaal ons die voorkeur taalgebruik van die meerderheid van ons kliënte in ’n gegewe geografiese gebied en gebruik die taal wat deur die oorgrote meerderheid verstaan word.”

In reaksie op hierdie vae en ontwykende antwoorde vra ek pertinent of die Engelse brosjure oor kredietkaartfooie ook in Afrikaans beskikbaar is. Die antwoord is “nee”. Gaan ek ’n Afrikaanse weergawe hiervan ontvang? “Nee.” Het alle kliënte, ongeag hul voorkeurtaal, ’n Engelse brosjure ontvang? “Ja.”

Op my vraag of enige plakkate of kennisgewings in Afrikaans beskikbaar is, kry ek die volgende ontwykende antwoord: “Enige tak bring kennisgewings en plakkate aan soos wat hulle dit ontvang vanaf Standard Bank se Hoofkantoor. Van tyd tot tyd is hierdie plakkate en kennisgewings in ander tale.”

Op my vraag of daar enige tak van Standard Bank is waar alle pamflette ook in Afrikaans beskikbaar én ten toon gestel word, word ek na bogenoemde antwoord verwys.

Volgens mnr. Dekker is alle aansoekvorms ook in Afrikaans beskikbaar. Banktakke bestel dit van ’n sentrale verspreidingspunt, maar “aangesien dit ’n koste-implikasie vir elke tak het, besluit ‘n spesifieke tak vooraf watter hoeveelheid aansoekvorms in watter taal bestel word.”

Waarop dit in die praktyk neerkom, volgens my ervaring, is dat personeellede Engelse vorms uitdeel en invul. Indien ’n mens ’n Afrikaanse vorm vra, word gesê dat daar net Engelse vorms beskikbaar is.

Oor my klagte oor die Engelse inbelsentrum, is die antwoord dat “praktiese oorwegings” in ag geneem moet word. “Die benadering is om die aanvanklike kontak in Engels te laat geskied, bloot omdat dit sal help dat die kliënt vinniger by ’n konsultant kan uitkom.”

Ek kan regtig nie verstaan hoe dit ’n probleem vir ’n groot sakeonderneming soos Standard Bank kan wees om nie kliënte uit die staanspoor die keuse te gee om in die taal van sy/haar keuse bedien te word nie. Talle ander ondernemings doen dit.

Intussen, ná my eerste brief, het daar wel een tweetalige brosjure by die Montagu-tak opgedaag.

Standard Bank gee miljoene uit aan die bevordering van sport en die kunste, maar ons Afrikaanssprekendes, ’n baie groot groep van hul kliënte, moet met afskeepdiens tevrede wees.

Ek vra elkeen wat hierdie skrywe lees en wat ’n Afrikaanse kliënt van Standard Bank is, om protes aan te teken oor die bank se diskriminasie teen Afrikaans. Mnr. Dekker se e-posadres is joop.dekker@standardbank.co.za

Moenie jou laat fop met “verduidelikings” of verskonings soos dat dit onmoontlik is om al elf amptelike tale te gebruik nie – dit is die leuenagtige en gerieflike verskoning waaragter eentalige Engelse ondernemings wegkruip.

Natuurlik is dit nie moontlik nie, en niemand verwag dit ook nie. Wat wel moontlik is, is om kliënte in hul voorkeurtaal te bedien – al elf tale kom tog nie in een streek of stad of dorp of voorstad voor nie. In elk geval behoort ’n nasionale onderneming sy produkte in alle tale beskikbaar te hê.

Maar kom ons wees eerlik – hoeveel swartmense gee om vir hul taal? Ek het nog nooit die indruk gekry dat die afskeping van hul taal hulle pla nie – hulle wil so gou moontlik verengels.

Om Afrikaans se status gelyk te stel aan dié van die swart tale, is ’n uiterste belediging. Daar is geen vergelyking te tref nie – kyk maar net na die kultuurskat wat elke taal voortgebring het. Natuurlik is die vyande van Afrikaans baie gou om te sê maar dis apartheid se skuld dat die swart tale op die vlak is waar hulle is. Die waarheid, egter, is dat die swart tale hul ontwikkeling grootliks aan die Afrikaner te danke het, wat hul tale neergeskryf en boeke in swart tale beskikbaar gestel het.

Ons Afrikaanssprekendes is in baie opsigte ons eie grootste vyand. Ons kla nie as ons in Engels bedien word nie en aanvaar die diskriminasie maar gelate. Kyk maar hoe vinnig en verwaand spring die Engelsman op as net die kleinste dingetjie nie ook in sy taal is nie – en hy kry altyd sy sin.

Maar ons Afrikaanssprekendes moet tog altyd so beleef en versigtig wees om tog niemand aanstoot te gee nie. Dis waarom Afrikaans vandag in die vernederde posisie is waarin hy verkeer. Dis ons eie skuld! Ons is te skaam en pateties om vir ons taal te baklei. Ons is te bang om gestigmatiseer te word.

Mense, as ons wil hê Afrikaans moet bly voortbestaan, moet ’n ieder en ’n elk van ons ons monde oopmaak en luidkeels kla. Dis nie genoeg dat mense Afrikaans praat, of dat Afrikaanse boeke en musiek verskyn nie – as Afrikaans se hoër funksies as saketaal, as akademiese taal, as vaktaal verdwyn, sit ons kort voor lank met ’n kombuistaal. Geen taal wat net gepraat word, of net ’n “populêre” funksie het, oorleef nie.

Onthou, as jou Afrikaanse geld goed genoeg is, is jou Afrikaanse taal goed genoeg. Geld praat baie hard. Gebruik hierdie mag.

apk gratisпрокурор Фильчаков

Sri Lanka s? Tamiltiere-stellings is verower

Image

Tamiltier met wapen

Soldate van Sri Lanka het verdedigingstellings van die Tamiltiere naby die rebelle se politieke hoofkwartier verower ná hewige gevegte, het die regering Donderdag gesê.

Soldate was besig met teen-terrorismeoperasies langs die noordelike en noordwestelike verdedigingslinies van Kilinochchi, die politieke hoofstad van die Bevrydingstiere van Tamil Eelam (BTTE), het die ministerie van verdediging gesê.

Die weermag het Woensdag ten minste 10 bomaanvalle teen die Tamiltiere se posisies gedoen toe voetsoldate erge teenstand van die rebelle ontvang het.

Die BTTE het gesê dat hulle die veelvoudige aanvalle Dinsdag en Woensdag deur die regeringstroepe weerstaan het, en 170 soldate gedood het en 420 gewond het.

Die weermag het die bewerings verwerp en gesê dat hulle net 25 soldate verloor het.

President Mahinda Rajapaksa se regering het die val van Kilinochchi al maande lank voorspel en die weermag het onlangs gesê hulle is binne "soenafstand" van die stad.

Kwaai teenstand van die rebelle en swaar monsoenreën het die weermagoffensief vertraag.

In Januarie het die regering van Sri Lanka onttrek uit 'n vredesooreenkoms wat deur Noorweë saamgestel is.

Die rebelle is al aan die veg sedert 1972 vir 'n staat vir die etniese minderheidsgroep, die Tamils, apart van die groot Sinhalese bevolkingsgroep.

самые красивые камины фотоДанильченко Харьков

Twee gevang n? kaping in Alexandra

ImageTwee mans is gearresteer nadat hulle klaarblyklik 'n minibus in Alexandra, noord van Johannesburg gekaap het, het polisie Woensdag gesê.

Die mans het die bestuurder van die minibus aangehou omstreeks 23:00 Dinsdagaand en hom beveel om uit te klim voordat hulle met die minibus weggery het, het konstabel Neria Melefetse gesê.

"Die voertuig wat te vinnig gery het, het die agterdog van polisie wat op patrollie was gewek en hulle het die voertuig voorgekeer. Daar was vier mans in die voertuig. Twee is gearresteer en twee het weggekom."

Die mans wat 19 en 21 jaar oud is, verkeer in hegtenis en sal binnekort in die Wynbergs landdroshof verskyn op klagte van kaping. 

slot freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

18 000 Zimbabwi?rs het cholera, s? Oxfam

ImageDie cholerakrisis in Zimbabwe het sowat 18 000 mense besmet  en kan erger word soos wat die swaar reëns dreig om die dodelike siekte verder te versprei, het hulpwerkers in Brittanje gesê.

Oxfam, 'n vooraanstaande welsynsorganisasie, het gesê dat hulle hul versoeke vir sowat 4 miljoen pond (R60 miljoen) verhoog het om skoon water, sanitasie en voedsel aan meer as 1 miljoen mense in Zimbabwe te kan voorsien.

"Die vinnige verswakkende toestand in Zimbabwe maak dit 'n baie ernstige humanitêre krisis wat in 2009 verder kan verswak," het Oxfam se humanitêre direkteur, Jane Cocking, gesê.

Volgens Oxfam, toon syfers van de VN dat cholera, wat deur water oorgedra word, reeds meer as 18 000 mense besmet het en omtrent 800 mense se dood veroorsaak het.

коммерческая тайна украинаданильченко юрій Харків

Inflasie daal verder, maar nie genoeg

Verbruikersinflasie het vir die derde agtereenvolgende maand effens gedaal, het Statistiek SA Woensdag gesê.

Volgend die Pretoriagebaseerde agentskap, het die VPIX (wat hooflyninflasie insluit maar huisverbande uitsluit) gedaal tot 12,1% op 'n jaar tot jaar grondslag vanaf 12,4% die vorige maand.

Dit was egter nie soos wat ekonome voorspel het nie.

"Ons het 11,9% verwag," het die Efficient Groep se Dawie Roodt gesê.

"Dit bevestig my vermoede dat die reserwebank verlede week 'n fout gemaak het deur die rentekoerse te verlaag. Almal het gesê dat ek 'n pretbederwer is, maar ek was reg," het hy gesê.

Statistiek SA het gesê dat die alle-itemsverbruikersprysindeks of VPI jaarliks gestyg het tot 11,8% teenoor 12,1% in Oktober.

Op 'n maandelikse basis het dieVCPIX op 0,2% gestaan in November terwyl die hooflyn VPI op 0,1% was.  

центробежные насосы для воды промышленныеtopcargo развод

MTN se swart hoof kan R300-miljoen maak

ImageDie swart hoofbestuurder van die MTN-groep, Phuthuma Nhleko, kan dalk R300-miljoen maak uit die groep se oorname van 'n struktuur wat opgerig is om swart eienaarskap van die maatskappy te bevorder.

MTN is van voorneme om die struktuur – bekend as Newshelf – oor te neem en het Maandag aangekondig dat hulle aandele regstreeks aan swart Suid-Afrikaners in 2009 gaan verkoop.

Newshelf besit 13,3 persent aandele in MTN namens sleuteldirekteure en swart personeel. Die markwaarde van die Newshelf-aandeel, wat ses jaar gelede gekoop is, is R24-miljard maar dit het skuld van omtrent R21,8-miljard gehad.

In die ontbondeling sal MTN 'n 6-persentaandeel  – wat anders gestel 'n gelykheidseienaarskap van tot 25 persent in MTN  Suid-Afrika uitmaak – aan swart lede van die SA publiek en ook swart personeel verkoop.

Die selfoonoperateur sê egter die grootte van die openbare aanbod kan verander "na gelang van markomstandighede en die omvang van herinvestering in die nuwe breëbasisstruktuur deur die Newshelf-begunstigdes."

Die groep sal 'n spesiale dividend van R3,1-miljard aan die 3,200 begunstigdes van Newshelf uitbetaal.

Rajay Ambekar, 'n portefeuljebestuurder by Cadiz American Harvest, sê hy reken elke begunstigde sal omtrent R1-miljoen ontvang.

"Nhleko sal egter met omtrent R300-miljoen wegstap omdat hy 8 persent van Newshelf besit."

Sifiso Dabenwa en Rob Nisbet, MTN se hoofoperasiebestuurder en hooffinansiesbestuurder onderskeidelik, kan elkeen R180-miljoen in hulle sakke steek.

шнековая буровая установкаалександр лобановский харьков

‘Terror bedreig regstellende aksie’

Die Swart Prokureursassosiasie (SPA) het hulle besorgdheid oor die nuutverkose KVP-president Terror Lekota se uitlating oor regstellende aksie uitgespreek en dit as 'n "bedreiging" bestempel.

Lekota het gister tydens die party se inlywingskongres gesê die KVP sal verbind bly tot die grondwet en is toegewy aan die beleid van regstellende aksie.

Lekota het egter verklaar dat regstellende aksie nie op grond van ras geïmplementeer sal word nie.

Die president van die SPA, Andiswa Ndoni: "Dié standpunt vertoon 'n gebrek aan begrip vir die bestaansrede van indiensnemingsgelykheid en Breëbasis-Ekonomiese Bemagtigingsbeleide.

"Albei hierdie beleide is bedoel om swart mense te bemagtig om as gelykes aan die korporatiewe wêreld en die ekonomie deel te neem."

Hy sê enige iemand wat daartoe verbind is om uitvoering te gee aan die Menseregtehandves in die grondwet, sal besef dat swartmense, insluitende swart beroepslui, nog steeds benadeel  word in die korporatiewe wêreld en in die ekonomie as 'n  geheel.

"Die syfers wat jaarliks vrygestel word deur die Indiensnemingsgelykheidskommissie spreek vanself. Enige ander grondslag as ras is nie werkbaar nie omdat dit presies vanweë rassediskriminasie van die verlede is dat die demografie van die land nie in die werksplek weerspieël word nie."

Ndoni sê volle en doeltreffende deelname van swartmense aan die ekonomie kan net bereik word deur die versnelling van beide beleide.

Hy sê die SPA sal sy lede en ander broederorganisasies in die nuwe jaar konsulteer oor hoe om die beste op hierdie "bedreiging" te reageer.

"Die KVP is skynbaar vasberade om die bietjie vooruitgang wat swartmense gemaak het, om te keer om blanke stemme te trek," sê Ndoni.

"Dit is kortsigtig en nie in pas met die aspirasies van swartmense en die gelykheidsvoorskrifte van die Grondwet nie."

палатка ценаФильчаков прокурор харькова

Rowers kom weg met luuksevoertuie

Drie gewapende mans het weggekom met twee splinternuwe luuksevoertuie nadat hulle die sekuriteitswagte by die Motorviadepot in Kaalfontein oorrompel het, het Tembisa polisie gesê.

Kaptein Munyadziwa Ralidzhiva het gesê die drie rowers het Maandagnag die wagte met wapens aangehou en hulle hande en voete met tou vasgebind.

"Hulle het twee karre gesteel – 'n wit en silwer Audi 22 4.2 – wat R1,3 miljoen kos, het Ralidzhiva gesê.

Geen arrestasies is sedertdien gemaak nie. Dit was die tweede rooftog by Motorvia in sewe dae.

Verlede week is maatskappytoesighouers en wagte in die vroeë oggendure by die hoofingang deur gewapende mans aangehou. Hulle het die sleutels gevra en het weggery met ses voertuie, onder andere 'n Iveco en 'n Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie, het Ralidzhiva gesê.

"Polisie het die Iveco verlate gevind in die straat in Daveyton terwyl die Ford Ranger gevind is by 'n 35-jarige man in Etwatwa, waarna hy gearresteer is," het hy gesê.

deposit freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Anglo besnoei uitgawes

Anglo American, een van die wêreld se grootste myngroepe, het sy kapitaaluitgawes vir 2009 met vyftig persent na R45-miljard verminder.

Die groep sê hulle het 'n "wydreikende oorsig oor die kapitaaluitgaweprogram" geneem in 'n tyd wat die mynbedryf "'n ongekende tydperk van vinnige dalings in kommoditeitspryse weens wêreldwye ekonomiese onsekerheid beleef."

Sulke omstandighede bied geheel en al 'n ander korttermynvooruitsig en dit is noodsaaklik dat die groep hulle beleggingsplanne aanpas, sê Anglo American.

"Kapitaaluitgawes vir 2009 is ingeperk op $4,5-miljard, 'n terugsnoeiing van omtrent 50 persent, insluitende $1,3-miljard vir bly-in-besigheidkapitaaluitgawes, 'n laer vlak as die geprojekteerde bedrag vir 2008," sê die maatskappy. "Die substansiële veranderings aan die kapitaaluitgawes sal hoofsaaklik bereik word deur baie van die groep se ontwikkelingsprojekte te herskeduleer."

строительство водозаборных скважинФильчаков прокурор харьков

Miljoene gewaarsku teen Internet Explorer n? Chinese bedrie?rs rekenaars daarmee kaap

Image'n Fout in die wêreld se mees algemene webblaaier, Internet Explorer, is nog nie deur Microsoft reggemaak nie.

Miljoene internetgebruikers word bedreig deur 'n fout wat kriminele kan toelaat om persoonlike en bankbesonderhede te kan bekom.

'n Groot fout is ontdek in Microsoft se internet Explorer-webblaaier, wat deur 70% van alle rekenaars gebruik word.

Omtrent 2 miljoen rekenaargebruikers het na bewering reeds die slagoffers van die probleem geword nadat hulle klaarblyklik veilige webwerwe besoek het, en die probleem dreig om oor die hele wêreldwye web te versprei.

As gevolg van die fout kan "Trojaanse perd"-virusse op miljoene rekenaars oorgedra word, wat aan kriminele toegang tot die rekenaars gee oor 'n afstand.

Kuberkrakers in Sjina is die middelpunt van die kuberaanval, wat die ernstigste is in die geskiedenis van Microsoft se bedryfstelsel. Soveel as 10 000 webwerwe is reeds geraak volgens die teen-virusvervaardiger Trend Micro.

Tot dusver het die krakers die tegnologie benut om rekenaarspeletjiewagwoorde te steel wat op die swartmark in die verre ooste verkoop kan word. Daar bestaan wesentlike vrese dat kuber-kriminele die fout kan uitbuit om bankrekeninge se toegangskodes te steel of om gemors-e-pos uit te stuur.

Microsoft het gesê dat die aanvalle sover net op die weergawe 7 van Internet Explorer plaasgevind het, maar het gewaarsku dat ander weergawes ook potensieel kwesbaar kan wees.

Die probleem is dat Microsoft se webblaaier, wat deur 1 miljard mense gebruik word, 'n basiese fout in die kernkomponent bevat wat dit toelaat om data van 'n webbladsy af te kan lees.

Krakers het 'n reeks HTML-kodes gevind, (die kodes waarmee webwerwe geskryf word) wat daardie fout uitbuit en veroorsaak dat Explorer nie wil werk nie.

Dit aktiveer 'n skadelike program wat deur die krakers geïnstalleer word wat aan hulle toegang gee tot die rekenaar sonder dat die eienaar dit weet.

Elia Florio, van die internetsekuriteitsmaatskappy Symantec, het gesê dat indien die masjien nie beskerm is nie, dit soos 'n oop deur vir 'n dief is.

Trend Micro se senior sekuriteitsadviseur in Brittanje, Ric Fergusson, het gesê "die bedreiging gaan van hier af net toeneem."

Microsoft werk oortyd om 'n programmatuurinlasprogram op te stel om die fout in die sekuriteit reg te stel. Intussen stel sommige industriekenners voor dat mense na alternatiewe webblaaiers toe moet oorskakel soos Opera en Firefox. Ander sê weer dat dit in belang is van sekuriteitskenners om te praat oor die saak, om hulle sagteware se verkope te help verhoog.

Microsoft stel voor dat gebruikers hulle internetsekuriteitsgebied na "hoog" toe verstel en Internet Explorer verstel om in "beskermde modus" te werk, en ook om teen-virusprogramme op datum te hou.

John Curran, hoof van Microsoft Windows se kommersiële besigheidsgroep in Brittanje het gesê die maatskappy werk 24 uur per dag om die probleem aan te spreek. Hy het gesê dat mense wat na ander webblaaiers toe oorskakel mag vind dat hulle ander, meer ernstige, sekuriteitsskuiwergate mag teëkom.

arabian nights gamestopcargo