Sewe gevang n? soektog op skip koka?en oplewer

Image

Kokablare

17:47:49 Brittanje se doeane- en aksynsagente sê hulle het sewe mense in hegtenis geneem en beslag op 30 kilogram kokaïne gelê tydens 'n klopjag op 'n toerskip. Wetstoepassingsbeamptes het Sondag op die P&O-skip, Arcadia, in Southampton se hawe toegeslaan.

Die Inkomste- en Doene-agentskap sê vier van die mense wat in hegtenis geneem is, het die kokaïen aan hulle lywe versteek. Nie een van hulle was deel van die skip se bemanning nie.

Die verdagtes word ondervra en niemand is nog aangekla nie. Die agentskap beraam die straatwaarde van die kokaïen  op 1,2 miljoen pond.

автомойка автоматическая ценаФильчаков Харьков

Tsvangirai boikot SAOG vergadering oor Zim regering

16:17:39 Zimbabwe se opposisieleiers het Maandag 'n streeksberaad geboikot omdat hulle glo dit is te beperk om Robert Mugabe tot sy sinne te bring en die voorgestelde  eenheidsregering te realiseer.  

 

Leiers uit Suid-Afrika, Angola, Botswana, Kongo en Mosambiek vergader in Swaziland as 'n komitee van die SA Ontwikkelings-gemeenskap om Zimbabwe se politieke krisis te probeer oplos. Die opposisie se hoofonderhandelaar, Tendai Biti, sê die beraad in Swaziland gaan niks oplos nie en hulle dring aan op 'n volle sitting van die SAOG.

'n Woordvoerder van president Robert Mugabe wat die beraad bygewoon het, was nie onmiddellik beskikbaar om kommentaar op die boikot te lewer nie. Arthur Mutumbara, leier van die kleiner opposisiefaksie het aan verslaggewers gesê sy teenwoordigheid op die beraad was net om daarop aan te dring dat geen vordering gemaak kan word sonder die hoofopposisieleier, Morgan Tsvangirai, nie.

Mugabe en Tsvangirai het verlede maand 'n ooreenkoms oor magsdeling onderteken. Hulle het egter 'n dooiepunt bereik oor die toekenning van ministeries in 'n eenheidskabinet van 31 lede. Tsvangirai beskuldig Mugabe se Zanu-PF-party daarvan dat hy probeer om beheer oor te veel van die sterkste ministeries, insluitend dié van finansies en polisie, oor te neem.

Biti sê die gebrek aan vordering met verlede week se  onderhandelings om die dooiepunt op te los, bevraagteken dit of Mugabe vertrou kan word om by die ooreenkoms van 15 September te hou.

Hy sê die werklike probleem is dat Zanu-PF nie gereed is om in 'n  regering met Tsvangirai saam te werk nie. Biti sê die opposisie gaan uiteindelik by die Afrika-unie appèl aanteken maar die SAOG bly steeds die beginforum waar 'n oplossing vir die krisis gevind moet word.

игр для девочокФильчаков

“Monster” later verhoor

16:20:23 Annanias Mathe, die veroordeelde verkragter en mislukte moordenaar, die enigste persoon wat nog uit Pretoria se C-Max Gevangenis ontsnap het, se verhoor is in die Johannesburgse Hooggeregshof uitgestel. Dit is om die regshulpraad geleentheid te gee om 'n besluit oor sy fooie te neem.

Advokaat Liz Serrao sê die saak is tot 4 November uitgestel sodat die raad 'n besluit kan neem oor onderhandelings rakende sy regskostes. Sy sê daar is voorheen ooreengekom dat die raad se bestuurshoof die besluit sou neem, maar in stede daarvan moes 'n spesifieke komitee daaroor beslis. Die komitee sal waarskynlik op 30 Oktober 'n beslissing neem.

Serrao het berigte ontken dat Mathe se verteenwoordiger nie in die hof was nie. Mathe staar 77 aanklagte insluitend verkragting, poging tot moord, dieremishandeling en huisbraak in die gesig.   

free online games.co.ukлобановский политик

Om te hang of nie, die familie sal besluit

17:42:30 ‘n Senior regsbeampte van Iran het vandag gesê dat hulle nie minderjarige dwelmsmouse sal hang nie, maar dat die galg steeds die voorland kan wees vir moordenaars, selfs die minderjariges.

Die stelling van Hossein Zebhi, die assistent-prokureurgeneraal laat mense nou twyfel oor die versekering wat hy verlede week gegee het dat minderjariges, onder die ouderdom van 18 jaar eerder die maksimum lewensvonnisse sal kry pleks van die doodstraf.

Zebhi het in kommentaar in die Etemad Melli koerant gesê dat Iran se prokureur generaal en hooggeregshof baas, wat alle doodsvonnisse moet goedkeur, die straf van minderjarige dwelmsmouse sal verander na lewenslange vonnisse toe. Op dié manier word ‘n teregstelling dan vermy, het hy gesê.

Minderjariges wat moorde pleeg kan steeds gehang word, afhangende van die keuse van die familie van die slagoffer.

In Iran is ‘n sisteem van Kwisas (vergelding). Dit is nie ‘n regeringstraf nie, maar ‘n privaatstelsel, waarop die familie van die slagoffer geregtig is volgens die wet en ook (Sharia), Islamitiese wette, het Zebhi gesê toe hy gevra is of moordenaars wat die misdaad gepleeg het voor hulle 18 geword het sal hang.

Volgens Iranse wette het die slagoffer se gesin die reg om die moordenaar kwytskelding te gee, deur “bloedgeld” te aanvaar en die skuldige tronkstraf te laat uitdien.

Die beleid van die regsisteem is om Kwisas-gevalle te laat lank neem sodat die slagoffers se familie tyd het om te besluit of de moordenaar moet hang of nie, het hy verder bygevoeg.

Hoewel Iran lid is van die Kinderregtekonvensie, doen hulle teregstellings van jeugmisdadigers sodra hulle 18 jaar oud word. Hierdie jaar alleen is daar reeds 6 sulke jeugmisdadigers gehang.

Zebhi het nie uitgebrei oor die lot van jeugdiges wat van ander halsmisdade in dié Islamitiese republiek aangekla word nie. Dit sluit in verkragting, gewapende roof en owerspel.

Sy kommentaar oor maksimum tronkstrawwe vir jeugdige misdadigers onder 18 is deur Amnestie Internasionaal en ander menseregtegroepe verwelkom.

Iran is deel van die Internasionale Ooreenkoms vir Burger- en Politieke regte en die Konvensie vir die regte van die kind, wie se lede almal afgespreek het om nie misdadigers wat die dade gepleeg het voor die ouderdom van 18 jaar tereg te stel nie.

Amnestie het gesê dat Iran die enigste land ter wêreld is waar ‘n jeugdige vanjaar tereggestel is.                

светодиодные лампы дляДанильченко Юрий Харьков

Meer moet gedoen word oor MIV/Vigs, s? Hogan

Image

Barbara Hogan

Meer klem moet gelê word op die stryd teen MIV/Vigs, het Barbara Hogan, die minister van gesondheid, Maandag gesê. Volgens statistieke van die Wêreldgesondheidsorganisasie, (WGO) is 22,5 miljoen van die mense wat met die MI-virus besmet is in Afrika suid van die Sahara.

Klem moet gelê word op die investering van meer pogings om die saak aan te spreek, het sy op ‘n Pan-Afrikakongres gesê wat by die Sandtonse Konferensiesentrum gehou is. Sy het ook gepraat oor kinderswangerskappe as een van die probleme wat Afrika mee sukkel, omdat kinders nie opvoeding en onderwys kry nie, en blootgestel word aan siektes wat die land se ekonomie benadeel.

“Ons het planne nodig oor hoe om die saak aan te spreek,” het sy gesê. Sy sê Afrika moet ook beplan oor hoe om siektes soos kanker en malaria aan te spreek. 80% van kankerpasiënte is vanuit Afrika, en ons moet goed beplan oor hoe die saak benader sal moet word.

play pool online free no downloadЛобановский Харьков

ANC kan heelwat LP’s verloor

Image

Terror Lekota

12:14:39 Die ANC kan soveel as 50 LP’s verloor met die splinterparty wat deur Lekota en Shilowa gelei word. Dié stukkie nuus is ook bevestig deur ten minste drie senior ANC-LP’s wat bewus is van die beoogde uittog.

Vrese binne die ANC loop ook hoog dat ontevrede LP’s dié week die party kan teëgaan deur te stem teen wetgewing vir die sluiting van die Skerpioene. Die sluiting van die Skerpioene is hoog op die prioriteitslys van Jacob Zuma en sy alliansievennote, die SAKP en Cosatu,  ten spyte van groot teenstand van die publiek en ander partye.

Die gemeenskaplike portefeuljekomitee vir Justisie en Sekuriteit gaan na verwagting die beoogde wetgewing Maandag aanvaar, voordat dit Dinsdag in die nasionale vergadering ter tafel gelê word. Die nuwe wet sal die doeltreffende teenmisdaadeenheid ontbind en ‘n nuwe eenheid onder die polisie se vleuels daarstel. Die ANC benodig net ‘n meerderheid om die wetgewing deur te kry, maar dit het in ‘n nagmerrie verander, omdat die regerende party nie die ontevrede elemente in hul eie binnekring kan identifiseer nie.

Volgens ‘n ANC-LP, sal dit goed wees as hulle (die ongelukkige elemente)  nou wil gaan, maar as hulle eers teen die wetgewing stem kan dit die ANC duur te staan kom. Sommige LP’s kan ook natuurlik wegbly met die stemmery, soos wat hulle gedoen het toe Kgalema Mothlante as waarnemende president ingestem is.

Senior ANC-LP’s in die Zuma-kamp sê hulle is reg om die openinge wat kan ontstaan as die mense wegbreek te vul, sodat hulle die tweederdemeerderheid kan behou. Hulle soek nou onder groepe wat voorheen nie tradisioneel ANC -ede was nie na ondersteuning.

Die party gaan ook na bewering lede dwing om lojaliteit te sweer aan die party op streeksrade wat vandeesweek oor die hele land gehou gaan word. Daar word nog bedankings uit die party verwag, met Gwede Mantashe, die ANC-nasionalesekretaris wat toegee dat sommige lede die party kan verlaat.

Die ANC se hele leierskap is tans op ‘n landswye toer om onrus in die party te probeer besweer, en om mense te probeer oortuig om nie by Lekota en Shilowa se sake betrokke te raak nie.

Shilowa het in ‘n onderhoud by sy tuisdorp in Polokwane gesê dat indien ‘n nuwe party oor twee weke by die konvensie gestig kan word, dit die ANC stywe teenstand by die stembus aanstaande jaar kan bied.

Hy het gesê dat die feit dat die party mense uitstuur om mense te kalmeer, daarop dui dat hulle bietjie benoud begin raak, selfs al sou hulle dit nie hardop sê nie. Hy is van mening dat hulle heeltemal goed sal doen in volgende jaar se verkiesing. In die Weskaap se Dullah Omar-streek is daar 85 takke, waarvan 65 die wegbreekaksie ondersteun.

Shilowa sê in die Ooskaap is daar 20 takke, waarvan 18 vir hom en Lekota ondersteun. In die Amatole-distrik het hulle nou meer ondersteuning as die ANC, het hy bygevoeg.

Shilowa verwag dat hulle binnekort ‘n bankrekening sal oopmaak en dat kantore en telefoonlyne, asook ‘n webwerf binnekort in plek sal wees. Volgens Shilowa sal hulle teen die einde van die week in staat wees om vir kantore in elke provinsie te kan betaal.

Hy sê dat mense wat tans in die provinsiale en nasionale kabinette dien, bang is om ondersteuning toe te sê, aangesien hulle gedreig sal word met skorsing uit die party.

Mluleki George, voormalige adjunkminister van verdediging, sê die organiseerders sal môre ontmoet om besluite te neem oor hoe om die ANC se oorheersing teen te werk. Volgens George gaan dit baie werk wees, aangesien hulle nou ook groepe wat voorheen nie tradisionele ANC-ondersteuners was nie wil nader roep.

George het Saterdag tradisionele leiers in Transkei ontmoet, terwyl Lekota Sondag ‘n saamtrek in Bloemfontein toegespreek het. Lekota sal na verwagting Woensdag ‘n saamtrek in Mthatha toespreek. Die datum vir die stigting van die nuwe party sal blykbaar ‘n dag ná die nasionale konvensie plaasvind.

casino online free bonus no depositЛобановский

Colin Powell dink Obama is ‘n ‘transformasiefiguur’

ImageSenator Barack Obama het Sondag 'n verdere hupstoot gekry met die aankondiging van Colin Powell dat hy die eerste swart presidentskandidaat gaan steun. Obama se veldtogfinansies vir September toon intussen boonop 'n reusevoorsprong bo dié van Senator McCain. Obama het reeds meer as $600 miljoen ingesamel, 'n nuwe kerf vir die VSA se presidentskandidate.

Obama het met $150 miljoen dollar in fondsinsameling vir verlede maand byna twee keer soveel bymekaargemaak as in Augustus. Hy gaan met dié geld glo die Republikeine in state soos Wes-Virginië aanvat, waar konserwatiewe waardes tradisioneel koning kraai. Vir die volgende twee weke gaan hy ook Colorado, Florida, Iowa, Nevada, New Mexico en Ohio aanpak, almal deelstate waar Bush steun geniet.

Colin Powell, 'n Republikein wat die eerste Golfoorlog in Irak gelei het, het met sy aankondiging vir Obama as 'n "transformasiefiguur" beskryf. Die eertydse generaal Powell het met dié belangrike stap bedenkinge oor die bekwaamheid van Obama geneutraliseer.

Die Londense Financial Times het 'n meningsartikel geplaas waarin 'n Obamapresidentskap beskryf word as 'n manier om Amerikaanse sogenaamde "soft power" in die wêreld te herstel.

Powell se aankondiging wat hy op NBC gemaak het, het McCain se veldtog groot skade berokken. Een van die punte van kritiek teen Obama uit die Republikeinse kamp was sy "sosialistiese" neigings, maar die swart senator het Sondag daarop geantwoord en gesê met Warren Buffet en Colin Powell as ondersteuners, kan daar nie sprake wees van sosialisme nie.

домики для детейФильчаков прокурор харькова

Vonnisoplegging van Jeppestown beskuldigdes begin vandag

Swaar gewapende polisie het hofsaal D4 gefynkam voor die vonnisoplegging van beskuldigdes in die Jeppestownslagting. Regter Ratha Mokgoatlheng sal na verwagting begin met vonnisoplegging nadat die hofsaal behoorlik deursoek is.

 

Die 13 mans is deel van die groep van 18 wat gearresteer is nadat ‘n dodelike skietgeveg in Junie 2006 plaasgevind het by ‘n huis in Jeppestown. Gedurende die geveg is 4 polisiemanne dood en 8 beweerde rowers is ook doodgeskiet.

Die geveg het plaasgevind na ‘n rooftog by ‘n Pick n Pay winkel in Honeydew, en ‘n jaagtog wat die polisie na dui huis in Jeppestown gelei het.Die mans is gedurende April 2006 gearresteer en het in die Roodepoort streekshof verskyn op aanklagte van moord.

Die polisie het op Maandagoggend lede van die aangeklaagdes se familie en ook die publiek toegang na die hof geweier.  

 

play casinotopcargo отзыв

Polisieman doodgeskiet in Umlazi, Durban

‘n Polisieman wat aan diens was is op Sondag in Durban se Umlazi-omgewing doodgeskiet, het die polisie Maandag berig. Superintendent Daniela Veldhuizen het gesê die 52-jarige speurder, inspekteur Simpiwe Manyoni, was besig om ‘n klaer te help.

‘n Onbekende verdagte het hom in die kop geskiet en hy is op die toneel oorlede.

Geen arrestasies is sover gemaak nie en die saak word verder ondersoek.

‘n Vroulike klaer het ‘n saak aanhangig gemaak nadat ‘n vuurwapen op haar gerig is, waarna ‘n man in hegtenis geneem is kort na die voorval.  

play free poker machinesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Lekota se Bloemfonteinvergadering gestop

Voormalige ANC-voorsitter, Terror Lekota, het Sondag gesê dat die toets vir ondersteuning vir ‘n wegbreekparty van die ANC op 2 November gehou gaan word in Bloemfontein tydens 'n nasionale konvensie.


Lekota was vol vertroue dat die konvensie daar gehou gaan word, ten spyte van probleme met die plekke vir twee provinsiale konvensies wat in die laaste week voorgekom het. “Ek kan julle verseker dat die konvensie gehou sal word” het Lekota Sondag aan verslaggewers gesê, met die aanduiding dat ‘n nuwe party op 16 Desember aangekondig sal word.

Die voormalige minister van Verdediging het sowat 2000 mense toegespreek by die Vista-universiteitsgronde nadat ‘n beplande vergadering by die Sentrale Universiteit van Tegnologie op Saterdag gekanselleer is.

Volgens Lekota is dit ‘n vrye en demokratiese land, en niemand kan dit onmoontlik maak vir hulle om die konvensie in die Vrystaat of enige ander provinsie te kan hou nie. Lekota, wat ‘n kanselier is van die SUT, sê daar is metodes om te volg as mense wil vergader. “Indien daar mense is wat ons wil intimideer, moet die polisie hulle werk doen” het hy gesê. Vryheid beteken dat enige iemand ‘n vergadering moet kan hou.

Lekota sê dat as daar pogings is om die nasionale konvensie te stop, dit net meer bewyse is van die korrektheid van wat hy sê.

Nog ‘n vergadering in die Vrystaat, in Warburg, is die week gekanselleer nadat die munisipaliteit klaarblyklik geweier het om die plek beskikbaar te stel nadat hulle reeds die betaling vir die gebruik daarvan ontvang het.

Lekota het aangedui dat die vise-kanselier van die SUT, professor Thandwa Mthembu, op sy eie besluit het teen die vergadering nadat al die reëlings reeds getref was. Dit het ingesluit die gebruik van die Boet Troskie-saal wat betaal was. Volgens hom is dit ‘n ernstige oortreding. Die SUT het Sondag in ‘n verklaring sy spyt uitgespreek dat hy in die politieke arena ingetrek word, baie meer en dieper as wat goed is vir sy belange.

Francois Naudé, die SUT-segsman, het gesê dat ‘n openbare entiteit soos die universiteit sy eiendom op eie diskresie sal beskikbaar stel aan die publiek.

“Die universiteit se eksklusiewe diskresie oor wie die perseel mag gebruik, en onder watter omstandighede, is om te verseker dat die beoogde gebruik strook met, en in lyn is, met die universiteit se akademiese mandaat in ‘n demokratiese bestek.”

Naudé het gesê dat Mthembu die aansoek oorweeg het en dit afgekeur het.

Lekota het teruggekap deur te sê dat hulle niks onwettigs beplan het by die Boet Troskie-saal nie, en dat die saak na die SUT se raad geneem sal word.           

уличные консольные светодиодные светильники на столбы ценаАлександр Фильчаков прокурор