Staatshospitale in KZN trek swaar

16:01:46 Staatshospitale in KwaZulu-Natal verkeer op die randjie van ineenstorting, en dis net ‘n kwessie van tyd voordat nog pasiënte daar gaan sterf. Dit is die vrees van verskeie senior dokters wat sê dat hulle nie meer weet watter kant toe nie, en dat die personeel onder ondraaglike omstandighede werk.

Verder gebeur dit dat pasiënte sterf wat behoort te oorleef.

Die departement van gesondheid het stellings dat daar ‘n moratorium op die vul van poste is ontken, maar dokters sê dit is onmoontlik om poste gevul te kry.

Ses dokters wat anoniem wil bly, het gesê dat tekorte aan personeel en toerusting die gesondheidsorg benadeel. Die tekorte is veroorsaak deur oorbesteding van 1,2 miljard rand, waarvoor die departement nou probeer vergoed deurposte te bevries en dringend nodige toerusting wat bestel word nie aan te koop nie.

Maandag is ‘n ope brief aan Barbara Hogan gerig, wat die probleme van pediaters uiteensit. Hulle kla oor toerusting wat jare gelede bestel is, maar nie deur die departement aangekoop is nie. Babas wat vroeg gebore is, sterf nou omdat die middele nie aangekoop is nie.

‘n Vrou mwet ‘n buisswangerskap het naby die dood omgedraai nadat daar geen narkotiseur was by die Port Shepstone-algemenehospitaal nie. Sy is toe na die Prince Mshiyeni-hospitaal geneem, het ‘n dokter onthul wat voorheen by Port Shepstone-hospitaal gewerk het.

By Addington-hospitaal is ‘n vrou dood in die wagkamer sonder dat ‘n dokter na haar omgesien het. Haar man het onbewus van wat gebeur buite gesit en wag. Die berig was in die Daily News van 10 Oktober.

Leon Mbangwa, die woordvoerder vir KZN se gesondheidsdepartement het ontken dat poste bevries is. Hy het wel gesê dat sommige staatsamptenare te lui is om die nodige papierwerk te voltooi om te motiveer hoekom kliniese poste gevul moet word.

‘n Spesialis by Addington-hospitaal beweer dat die departement terdeë bewus is van die personeeltekorte in die provinsie en dat die moratorium beslis nie in die personeel se verbeelding bestaan nie, maar ‘n realiteit is.

“Wanneer die hulpdokters Januarie klaarmaak by die hospitaal, gaan daar net 4 dokters wees om met die sowat 3 000 kinderpasiënte te werk, dan is ons vir seker in die moeilikheid.”

Bestuur het al briewe na die departement toe gestuur, maar dit is klaarblyklik soos om met klippe te praat.

‘n Bron by die Port Shepstone-hospitaal sê dat die moreel op ‘n algehele laagtepunt is. Die hospitaal verloor personeel om al die gewone redes, maar sedert April kon hulle nie plaasvervangende personeel in diens neem nie. Teen die einde van die jaar gaan daar net twee narkotiseurs in diens wees. Insidente soos die swanger vrou wat amper dood is, gebeur meer gereeld. Daar was al heelwat gevalle waar die pasiënte amper dood is.

By Addington-hospitaal is daar gereelde tekorte aan personeel en toerusting wat potensieel lewens kan red. Verder is daar tekorte aan dinge soos antibakteriese seep, handdoeke en selfs watte.

‘n Pediater het gesê dat die departement die moratorium regverdig deur gebrek aan fondse te blameer, maar hy het gesê dat min geld nie beteken dat babas by die hospitaal doodgaan. Daar is nie een werkende ventilator vir vroeggebore babas nie, en die resultaat is dat babas alreeds gesterf het as gevolg daarvan.

By Grey’s-hospitaal in Pietermaritzburg is die situasie net so erg. ‘n Bron daar het onthul dat hulle vir ‘n paar jaar reeds geen nuwe toerusting ontvang het nie. "Ons het ‘n probleem met narkosemasjiene en ventilators wat keer op keer breek," het sy gesê.

Daar is ook sprake daarvan dat die kinderafdeling gesluit sal word weens personeeltekorte. Die meeste spesialiste beplan om die land te verlaat.

Mbangwa het gesê dat hy nie bewus was van die kritieke tekort aan narkotiseurs by die Port Shepstone-hospitaal nie.                              

роботи праймлобановский класс

Motorfietsryer se Youtube-pret eindig op suur noot

Image‘n Motorfietsryer wat ‘n videosnit van homself op Youtube geplaas het waarin hy allerhande toertjies doen waarin hy die fiets laat gly of sy wiele laat tol, is Maandag tot 12 weke gevangenisstraf gevonnis.

 

Die 28-jarige Sandor Ferenci het die videomateriaal geplaas waarin hy eenwiel- en gly-aksies gedoen het op sy Yamaha R6. Hy is ook afgeneem waar hy aan die verkeerde kant van die pad gery het.

Aanklaers het gesê dat ’n motoris wat die toertjies gesien het die nommerplaat neergeskryf het, waarna die polisie by sy huis gaan aanklop het. Hy het die fout gemaak om te vra of die besoek verband hou met die videosnit, waarna dinge vinnig afdraande gegaan het vir hom.

Polisie het na die snit gekyk, en hoewel hulle nie met sekerheid kon sê nie, is daar geskat dat hy so vinnig as 208 kpu gery het.

Regter Terence Mahler het aan Fereci gesê dat hy nie net ‘n risiko teenoor homself was nie, maar ook teenoor ander padgebruikers. Saam met die tronkstraf mag hy ook nie vir die volgende twee jaar bestuur nie en sal hy ná die tyd ‘n verlengde bestuurstoets moet aflê.         

абразивный инструмент для шиноремонтаАлександр Фильчаков прокурор

Nog ‘n albino vermoor in Tanzani

Image

Albino in Ghana

Dinsdag is bekendgemaak dat aanvallers in Tanzanië ‘n albinomeisie vermoor het. Plaaslike raadslid, Joseph Manyara, van die dorpie in die weste van Tanzanië, waar die graaddriemeisie vermoor is, sê dat die polisie steeds soek na die aanvallers wat die gruweldaad gepleeg het.

President Jakaya Kikwete het net ure voordat die meisie vermoor is ‘n beroep gedoen op verskerpte stappe teen die albino-moordenaars. In die laaste jaar is 26 albino’s reeds vermoor in dié Oos-Afrikaland. 

Dié mense is die teiken van aanvallers, wat hulle liggaamsdele, bloed en binnegoed aan toordokters verkoop vir moetie. Die toordokters glo dat die albino’s se liggaamsdele baie sterk toorkragte bevat.    

пускове зарядне устройстволобановский александр дети

Soedan en Internasionale hof weereens aanmekaar

‘n Vooraanstaande menseregtegroep het Dinsdag Soedanese ondersoeke na geweld in Darfoer afgemaak as “vensterversierings” en gesê dit is ‘n opsetlike poging om die saak wat die wêreldhof mee besig is te ontspoor.


Human Rights Watch het dié stelling gemaak ‘n week nadat ‘n spesiale ondersoekbeampte van Soedan bevind het daar is gronde om ‘n Arabiese milisieleier, wat deur die staat ondersteun word, te vervolg.

Volgens Georgette Gagnon, die Afrika-direkteur vir HRW, is die Soedanese regering daarop uit om enige pogings van die Internasionale Strafhof met sulke pogings in die wiele te ry.

Niemand behoort deur dié pogings om die bos gelei te word nie, het sy bygevoeg.

Op 14 Julie het die Internasionale Strafhof die Soedanese president, Omar al-Beshir, beskuldig dat hy sy weermag opdrag gegee het om drie nie-Arabiese groepe uit te wis in Darfoer, deur middel van moord, marteling, roof en die gebruik van verkragting vir doeleindes van volksmoord.

‘n Paneelregter besluit tans oor die uitreiking van ‘n lasbrief vir sy  inhegtenisname.

Soedan weier om die Internasionale strafhof te erken, en probeer om die VN se veiligheidsraad te oortuig om moontlike aksie teen Beshir te staak. Deel van die veldtog is om aan te dring op die doeltreffendheid van die howe, maar suksesvolle vervolgings in Soedan oor misdade in Darfoer, wat die Internasionale hof sy saak sou laat vaar,  het tot nou toe nie gerealiseer nie.

Soedan het ‘n spesiale Darfoer-aanklaer aangestel drie weke nadat die Internasionale hof se aanklaer, Luis Moreno-Ocampo, begin het om teen president Bashir op te tree.

Regsbeamptes het vandeesmaand gesê dat die aanklaer sy ondersoek na bewerings teen Ali Kosheib, ‘n milisiebevelvoerder wat sedert 2007 gesoek word vir oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, voltooi het.

Kosheib se eerste verhoor in 2007 is vir ‘n onbepaalde tyd uitgestel. Soedanese wetgewing sluit nie volksmoord en misdaad teen die mensdom in nie.

Gagnon het gesê dat selfs al was die regering ernstig daaroor om Kosheib te vervolg, hy nie vir al die dade waarvoor hy gesoek word aanspreeklik gehou sal word nie.

Nog ‘n Soedanese persoon wat deur die Internasionale hof gesoek word, Ahmed Haroun, ‘n kabinetsminister, was verlede Oktober vir ‘n kort rukkie in aanhouding, maar is vrygelaat weens gebrek aan getuienis.                

дитячи машинилобановский александр компромат

Nigeri? moet teregstellings staak, vra Amnestie Internasionaal

ImageAmnestie internasionaal sê dat dosyne gevangenas wat teregstelling in Nigerië afwag die reg geweier is om te appelleer teen hulle doodsvonnisse en dat hulle ook toegang tot voldoende regsverteenwoordiging ontsê is.

‘n Nuwe verslag wat Dinsdag vrygestel is, doen ‘n beroep op die Nigeriese regering om ‘n onmiddellike moratorium op teregstellings te plaas omdat vele van die gevangenes nie regverdige verhore gehad het nie, en omdat hulle onder marteling skulderkennings gemaak het.

Nigerië het die grootste bevolking in Afrika, maar ten spyte van baie groot inkomste uit die olieindustrie is armoede en geweldsmisdaad daar aan die orde van die dag.  

иг ры для девочеклобановский александр интервью

Inflasie styg in Nigeri

Nigerië se jaarlikse inflasie het gestyg tot op 13% vanaf 12,4 % die vorige maand, het die Nasionale Buro vir Statistiek gesê.

Die styging is hoofsaaklik die gevolg van stygings in die pryse van sommige stapelvoedselitems, diesel, gas, boumateriale en huishoudelike items, het die buro bygevoeg.

Die verbruikersprysindeks is met 1,1 % op na 192.4 punte in September, vergeleke met 190,3 punte in Augustus 2008.

Inflasie het gestyg in die tweedekwartaal in die jaar. Dit het in Mei op 9,7% gestaan, Junie op 12% en Julie op 14% vanweë die gevolge van die globale voedselkrisis.

Nigerië het gedurende die grootste deel van 2006 en 2007 dit reggekry om die inflasie in enkelsyfers kon hou. 

эндодонтическое лечение корневых каналовлобановский александр игоревич харьков

Regter ge?ntimideer

11:44:16 Twee mense, insluitend ‘n hofklerk, is aangekla daarvan dat hulle ‘n Durbanse magistraat gedreig het, het ‘n aanklaer Dinsdag bevestig. Die aanklaer, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gesê dat die magistraat met ‘n saak gesit het wat gehandel het oor ‘n ongelisensieerde vuurwapen in die Pinetown-hof is geïntimideer ‘n week voordat uitspraak in die saak gelewer sou word.

Die saak is baie sensitief, aangesien dit betrekking het op ‘n regsbeampte. Daar word beweer dat die klerk van ‘n ander hof na die woning van die landdros gegaan het en hom gedreig het.

Die Mercury-koerant beweer dat die klerk wat die landdros geken het by die Hammerdale-hof gewerk het.

Na bewering het die verdagte, Christopher Sikhosana, na die regter se huis gegaan het en voorgestel het dat indien die beskuldigde in die saak, Michael Ndlovu, skuldig bevind word, hy eerder ‘n boete moet kry en nie tronkstraf nie. Die klerk het daarna verwysings gemaak na ‘n geval waar ‘n aanklaer verdwyn het en sy liggaam maande later gevind is.

Beide Ndlovu en Sikhosana het Maandag in die Durbanse landroshof verskyn op aanklagte van intimidasie en regsverydeling. Hulle moet weer Woensdag in die hof verskyn.   

дизайн отдыха в банеФильчаков

Hulpwerkers in Afghanistan word bedreig

11:45:23 Die Afghaanse regering het ‘n waarskuwing uitgereik aan alle hulpwerkers en buitelanders om versigtig te wees nadat ‘n Brits-Suid-Afrikaanse hulpwerker in Kaboel, die hoofstad geskiet is.

 

 

Taliban-militante het verantwoordelikheid aanvaar vir die skietvoorval waarin Gail Williams verskeie kere geskiet is terwyl sy werk toe geloop het, omdat sy vir ‘n organisasie gewerk het wat “Christenskap gepreek het.”

Owerhede het nog nie bevestig dat die skietvoorval aan die Taliban verbind kon word nie, aangesien hulle (Taliban) soms valslik verantwoordelikheid vir voorvalle aanvaar. ‘n Segsman vir Karzai, Samaik Hirawi, het gesê dat die skietvoorval wat Maandag gebeur het gaan veroorsaak dat daar weer gekyk word na regeringsekuriteit vir hulplenigingsgroepe.

Hy het ook gesê dat hulpwerkers meer moet let op hulle omgewing en versigtig aan die dag moet lê wanneer hulle reis.

Hirawi het gesê dat die voorval negatiewe invloede kan hê op die werk van nie -egeringsorganisasies in Afghanistan, maar dat die regering seker was dat hulle nie hulle sendings sal laat vaar nie.

NRO’s het werk onder moeilike omstandighede daar, maar hy is seker dat die werk sal voortgaan. Die moord op Williams is verdoem deur Karzai, die VN-hoof, Ban ki Moon en die Withuis.

Die situasie het onstaan ná onlangse verslae van ‘n NRO-sekuriteitsgroep en die VN oor die toenemende aantal nsurgente en aanvalle nadat die Taliban-regering 7 jaar gelede verwyder is.

Daar is honderde buitelandse en Afghaanse NRO’s in post-Taliban-Afghanistan, waarvan baie wesentlike werk verrig in ‘n land wat deur dekades se oorlog verniel is en ook een van die armstes ter wêreld is.

Maandag se aanval was nie die eerste keer dat ‘n buitelandse burger in Kaboel doodgeskiet is nie. Omtrent 30 hulpwerkers is sover vanjaar in Afghanistan doodgeskiet, waarvan 6 buitelanders was.

баня подФільчаков Олександр Васильович

Privaatkonsortium gaan Eskom help

Image'n Privaatkonsortium het Eskom genader om 23 steenkoolkragstasies op te rig wat die land se kapasiteit met 50% kan verbeter tussen 2012 en 2017. Daar is selfs sprake van 'n kommersiële sonkragstasie onder die 27 aansoeke van voornemende onafhanklike kragprodusente wat reeds deur Eskom gekeur is om aanbiedinge voor te lê.

Eskom het onlangs aangedui dat die land se reserwes eers in 2014 weer op internasionale standaard sal wees. Die totale opwekkingskapasiteit van die privaatinisiatief sal om en by 20 000MW wees. Tans is Eskom se opwekkingskapasiteit omtrent 40 000MW.

Anglo American is deel van die inisiatief nadat seniorbestuur gekla het dat die proses moeisaam verloop. Die meeste aansoekers is internasionale maatskappye wat met swart bemagtigingsvennote saamwerk.

Hulle sal teen November gevra word om formele aanbiedinge voor te lê. Die ooreenkomste sal na verwagting teen 2010 geteken word en die projekte sal tussen 2012 en 2017 begin krag lewer.

Die kontrakte sal vir 25 jaar geldig wees.

free casinoФильчаков Харьков

Annan stem saam met vervolging van skuldiges aan post-verkiesingsgeweld in Kenia

Image

Verkiesingsonluste in Kenia

18:07:04 Die voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, steun oproepe dat 'n internasionale tribunaal mense vervolg wat by na-verkiesingsgeweld in Kenia betrokke was.

 'n Kommissie onder leiding van regter Phillip Waki, het verlede week gesê vooraanstaande politici en sakemanne het gehelp om die etnies-gebaseerde geweld te organiseer. Die regter het 'n koevert met die name van die beskuldigdes daarin aan Annan oorhandig.

Annan het die koevert aan die owerhede oorhandig en gesê hy dink dit is belangrik dat die regering optree. Die slagoffers eis ook dat reg moet geskied. Annan sê die neiging bestaan soms dat oortreders ter wille van vrede beskerm word, maar "vergeet en laat ons aanbeweeg", help nie die gemeenskap nie.

Meer as 1 100 mense is dood in die botsings tussen strydende stamme, wat politieke partye in die na-verkiesingsgeweld gesteun het. Honderde duisende mense is gedurende 'n landswye veldtog van moord, wraakaanvalle, verkragting en vernietiging van eiendom uit hulle huise gedwing.

Die botsings is aangeblaas deur die leier van die Oranje Demokratiese Beweging, Raila Odinga, wat President Mwai Kibaki se Party van Nasionale Eenheid van knoeiery met die verkiesing beskuldig het.

Kalmte het ná maande teruggekeer en Annan het 'n ooreenkoms vir 'n regering van nasionale eenheid beding waarvolgens Odinga eerste minister geword het.

 

Waki sê 'n Spesiale Tribunaal vir Kenia met internasionale deelname behoort ingestel te word om mense, wat by na-verkiesingsgeweld betrokke was, aan te kla.

новогодний костюм ёлочкилобановский политик