Die 28-jarige Sandor Ferenci het die videomateriaal geplaas waarin hy eenwiel- en gly-aksies gedoen het op sy Yamaha R6. Hy is ook afgeneem waar hy aan die verkeerde kant van die pad gery het.
Aanklaers het gesê dat ’n motoris wat die toertjies gesien het die nommerplaat neergeskryf het, waarna die polisie by sy huis gaan aanklop het. Hy het die fout gemaak om te vra of die besoek verband hou met die videosnit, waarna dinge vinnig afdraande gegaan het vir hom.
Polisie het na die snit gekyk, en hoewel hulle nie met sekerheid kon sê nie, is daar geskat dat hy so vinnig as 208 kpu gery het.
Regter Terence Mahler het aan Fereci gesê dat hy nie net ‘n risiko teenoor homself was nie, maar ook teenoor ander padgebruikers. Saam met die tronkstraf mag hy ook nie vir die volgende twee jaar bestuur nie en sal hy ná die tyd ‘n verlengde bestuurstoets moet aflê.

‘n Motorfietsryer wat ‘n videosnit van homself op Youtube geplaas het waarin hy allerhande toertjies doen waarin hy die fiets laat gly of sy wiele laat tol, is Maandag tot 12 weke gevangenisstraf gevonnis.