Dodetal in Mosambiek styg weens cholera

Ten minste 13 mense is dood aan cholera in die Teteprovinsie wat aan Zimbabwe grens, in die noordweste van Mosambiek. Dit bring die aantal sterftes te staan op 84 sedert die siekte in die buurstaat uitgebreek en versprei het.

Sterftes is in die distrikte van Moatize, Changa en Tete aangemeld en 'n 1000 mense het tans die siekte onderlede. Gesondheidsowerhede in Tete meen die swaar buie
wat oor Zambie, Zimbabwe en Malawi uitgesak het, het bygedra tot die verspreiding van cholera.

In die Manikaprovinsie wat ook aan Zimbabwe grens, is 50 sterftes tot dusver aangemeld. Uit die 11 het alleen die Gazaprovinsie in Mosambiek nog nie deurgeloop onder die siekte nie. In die reenseisoen breek cholera dikwels uit omdat waterbronne deur vloede besoedel word.

In Suid-Afrika is 30 mense reeds oorlede aan cholera en die dodetal sal na verwagting bly styg, terwyl die siekte Zambie ook teister. Byna 30 sterftes is reeds daar aangemeld.

slots win real money no depositлобановский александр

Cholera, Zimbabwe se nuwe uitvoerproduk!

Drie tente in die hospitaaltuine van Musina bevat die nuutste en onwelkome byproduk van Zimbabwe se verval, cholera.

 

In die afgelope twee weke, het byna 200 Zimbabwiërs al behandeling vir die aansteeklike diarreesiekte ontvang by die hospitaal in Musina, en omtrent 1000 het rehidrasiebehandeling ontvang direk by die Suid-Afrika grens.

Hulle is die gelukkige mense, meeste maak dit nie sover as die grens nie.

Die VN het gesê dat daar Dinsdag meer as 50 cholerasterftes in Zimbabwe aangemeld is, wat die sterftesyfer op 366 plaas van Augustus af, met meeste in die laaste twee weke.

Die VN het gesê dat 8887 gevalle nou aangemeld is en dat die siekte nou oor meer as die helfte van die land versprei het en oor die grense in Suid-Afrika en Botswana inbeweeg het.

Zimbabwe se Dokters sonder grense het Dinsdag gesê dat nog honderde Zimbabwiërs by hulle huise sterf, sonder behandeling en dat hulle sterftes nie getel word nie, as gevolg daarvan dat die gesondheidsisteem ineengestort het.

Die groep se voorsitter, dr. Douglas Gwadziro, het aan AP-televisie gesê dat "syfers aandui dat die sterftesyfer 10% en hoër is onder die wat cholera opgedoen het."

Indien mens kyk na die VN se syfers van verlede week, van omtrent 6000 infeksies, "kan mens veilig aanvaar dat 500 tot 600 mense in die streek dood is aan cholera," het hy gesê.

Te midde van beskuldigings dat die Zimbabwiese regering die krisis ontken en opsetlik lae syfers bekendmaak, het Gwadziro gesê dat die aanmelding van laer syfers kan wys dat mense nie weet dat mense by hulle huise sterf nie.

Die ergste lê nog voor, omdat die reënseisoen met mening op pad is.

Harare, die hoofstad, en ander dele van die land loop deur onder harde reën, wat rou menslike afval in die strate en drinkwatersisteme inspoel.

Baie dele van die land is al vir twee weke lank sonder behoorlike drinkwater.

Cholera word versprei deur besmette water en voedsel. Zimbabwe se uitbraak word geblameer daarop dat die waterbehandelingsaanlegte en rioolpype wat gebars het vir jare lank nie onderhou is nie.

Die uitbraak is moeilik om te beheer. Hospitale maak toe omdat hulle nie personeel kan betaal nie. Ander wat wel oop bly, het weer geen medikasie om mense mee te help nie.

Die land is in 'n toestand van besluiteloosheid al vir die beter deel van die jaar oor die verkiesings. In September het president Robert Mugabe, die land se leier sedert 1980 en Morgan Tsvangirai, die opposisieleier, ooreengekom oor 'n regering van nasionale eenheid, maar sedertdien kon hulle nie besluit oor hoe die kabinetsposte verdeel moet word nie.

Owen Mugari, , wat op 'n bed in die mediese tent by Musina hospitaal lê, met 'n drup aan sy arm en skoon bottels water byderhand is een van die gelukkiges. Die skoon drinkwater alleen is 'n ongekende luukse in Zimbabwe. Mugari sê dat hy by die uur beter voel.

"Ek is dankbaar om hier te kan wees, en dankbaar vir die behandeling," het hy gesê. Hy was 'n geleentheidswerker op plase gewees in Zimbabwe. "In Zimbabwe is daar niks,, niks" het die 29-jarige man gesê, en die boodskap van soveel Zimbabwiërs wat na Suid-Afrika toe kom, bevestig.

Hospitaal owerhede is besig om nuwe beddens op te stel, in afwagting op nog mense, maar hulle kan nog aanhou, het die owerhede gesê. Solank as wat cholera-pasiënte  vroeg genoeg behandel word, is dit maklik om te behandel met rehidrasie soute.

Drie mense is sover dood by die hospitaal, het woordvoerder Edward Malema gesê, omdat hulle te laat daar aangekom het.

no deposit betsФільчаков Олександр Васильович прокурор

Rooimiere beskuldig dat hulle man vermoor

Die Rooimiersekuriteitswagte word daarvan beskuldig dat hulle 'n vrou aangerand het en haar man vermoor het nadat hy haar te hulp gesnel het in Edenpark in Ekurhuleni, het polisie Donderdag gesê.

Kaptein Mega Ndobe het gesê dat sowat 50 Rooimierwagte Hophuise bewaak het teen besetting deur onwettige inwoners , krakers, toe hulle gesien het dat die lemmetjiesdraad om die huise weg was.

Hulle het aan inwoners van die huise gevra of hulle enige iets weet omtrent die diefstal en 'n argument  het  daarna uitgebreek  tussen die 25-jarige wettige eienaar van die Hophuis en die Rooimiere.

"Hulle het begin om haar aan te rand" het Ndobe gesê.

Iemand het haar 34 jarige man wat op pad was werk toe geskakel. "Hy het omgedraai, en met sy aankoms tuis probeer om tussenbeide te tree toe hy sien dat hulle sy vrou aanrand."

Ndobe beweer dat die Rooimiere die man met breekysters geslaan het. Hy is op die toneel dood.

Ndobe het gesê die polisie was steeds op die toneel teen 09:30 besig met die ondersoek. Geen arrestasies is gemaak nie, maar 'n moordsaak is aanhanging gemaak.

Die gemeenskap is woedend oor die insident, en wou die Rooimiere aanval. Die polisie bewaak tans die Rooimiere, volgens berigte.

slot machinesФильчаков прокурор харьков

Sjina mag dalk eerste vliegdekskip bou

'n Hooggeplaasde Sjinese militêre offisier het laat val dat Sjina nou op soek is na 'n vliegdekskip vir sy vinnig groeiende vloot, 'n aksie wat vir seker spanninge tussen die Amerikaanse magte en sy bondgenote in Asië sal verhoog.

In 'n onderhoud wat Maandag in die Londense Financial Times gepubliseer is, het die offisier, majoor-generaal Quan Lihua nie gesê of Sjina besig was om 'n vliegdekskip te bou nie. Maar die generaal, 'n senior beampte in die Sjinese departement van verdediging het gesê dat om so iets te hê die droom van enige groot militêre mag is, en dat indien Sjina een sou kry, Amerika niks het om te vrees nie, aangesien dit net vir verdedigingsdoeleindes sal wees.

"Die vraag is nie of mens 'n vliegdekskip het nie, maar wat mens met so iets doen" het hy gesê.

"Selfs al het ons eendag so vliegdekskip, sal ons nie soos ander lande dit gebruik vir globale ontplooiing nie."

In onlangse jare het beamptes by die Pentagon Sjina se ambisieuse vlootopbou baie versigtig gevolg. Sedert 2000 het Sjina ten minste 60 oorlogskepe gebou, en sy vloot van 860 vaartuie sluit ook 60 duikbote in.

Spanning tussen Sjina en Amerika het ook verlede maand gestyg nadat die Pentagon die verkoop van $6 miljard se gevorderde wapentuig aan Taiwan aangekondig het. Sjina het woedend gereageer op die nuus, en gewaarsku dat dit die verhoudinge tussen die twee lande kan versuur. Die transaksie sluit in Apache-aanvalshelikopters en gesofistikeerde  missiele, radar en lugverdedigingsstelsels.

In die onderhoud het die generaal benadruk dat Sjina nie 'n vliegdekskip sal ontplooi met aggressiewe bedoelinge nie.

"Vlote van groot moondhede met 10 of meer vliegdekskipgevegsgroepe met strategiese oogmerke het ander toepassings as lande met net een of twee vliegdekskepe vir verdediging van hulle eie waters en kuslyne," het hy gesê.

Alhoewel hy nie name genoem het nie, was sy kommentaar gemik op Amerika, wat 11 vliegdekskepe het, onder andere die George Washington, wat onlangs na Japan ontplooi was.

Die handjievol ander lande wat wel vliegdekskepe het, insluitende Brittanje, Frankryk, Italië en Rusland, het nie een meer as twee sulke skepe in hul vlote nie.

play cluedo online for free no downloadФильчаков Харьков

Web 2.0 gee nuwe gereedskap aan haatgroepe, s? kenners

Sosiale netwerke soos MySpace en Facebook, en YouTube word as nuwe gereedskap deur ekstremistegroepe gebruik om boodskappe van haat te versprei, het deelnemers aan 'n konferensie oor internet-haatspraak Maandag gewaarsku.

"MySpace, Facebook en YouTube is die beste toepassings op die internet deesdae, en dit word deur miljoene gebruik, maar die 'haatvirus' het daardie tegnologieë ook reeds besmet" het Christopher Wolf, voorsitter van die Internasionale Netwerk teen Kuberhaat (INK) aan die globale kongres oor internet haatspraak gesê.

"Die internet word steeds gebruik deur mense wat haat in sy vele vorme aanhang, anti-Semitiste, ontkenners van holocaust, rassiste, haat teen homoseksualiteit en terrorisme" het Wolf gesê op die openingsdag van die tweedae vergadering wat deur die Franse ambassade gehou word.

"Die internetgereedskapskas wat beskikbaar is vir haatverspreiders het 'n paar nuwe goed wat oor die laaste paar jare bygesit is" het Wolf gesê, met verwysing na Web 2.0 se eienskappe soos blokfunksies, sosiale-netwerke, videowerwe en kitskletsfasiliteite.

Brian Marcus, 'n analis vir die Amerikaanse departement van binnelandse sekuriteit wat fokus op binnelandse terrorisme en ekstremisme het gesê "ekstremiste en terroriste is net soos enige ander gebruiker van elektroniese media."

"Hulle pas baie vinnig aan by die nuwe tegnologie" het hy gesê, en gewaarsku dat die ontluikende media skaal, spoed en grootte gee. "Dit gee 'n nuwe dimensie aan terrorisme en ekstremisme wat ons nog nooit in die verlede gesien het nie."     

free bet onlineАлександр Фильчаков Васильевич

VSA se oorgang na swart regering?

Image12:01:40 Die Amerikaanse presidensiële verkiesing van 2008 herinner mens aan nog 'n stemmery wat 16 jaar gelede in Suid-Afrika plaasgevind het: die referendum waarin blankes gestem het om die mag aan swartes te oorhandig. Hoewel dit reeds lankal oorskadu word deur die 1994-verkiesing wat die ANC aan die mag gebring het, was dit die referendum op 17 Maart 1992 wat blanke regering beëindig het.

Teen 1992 het president F.W. de Klerk en sy Nasionale Partyregering reeds alle tersaaklike apartheidswette herroep. Die verbod op die ANC is opgehef en mnr. De Klerk het samesprekings met mnr. Mandela begin oor 'n nuwe grondwet wat die stemreg na swartes sou uitbrei en tot "magsdeling" sou lei.

Andries Treurnicht en sy Konserwatiewe Party het die opposisie jeens die onderhandelings gelei en gesê dat die president oor geen mandaat beskik het om 'n nuwe grondwet te onderhandel nie. Mnr. De Klerk het besluit om die vraag aan die kieserspubliek te stel. Indien hy die referendum sou wen, sou hy voortgaan met sy nuwe grondwet; indien hy verloor, sou hy bedank en 'n nuwe algemene verkiesing uitroep.

Die referendum het die volgende vraag gestel: "Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat deur die staatspresident op 2 Februarie 1990 begin is en wat gemik is op 'n nuwe grondwet deur onderhandeling?" (Dit was op 2 Februarie 1990 dat mnr. De Klerk die opheffing van die verbod op die ANC en mnr. Mandela sy vrylating uit die tronk aangekondig het.)

Die Nasionale Party – die tradisionele party van die Afrikaners – het 'n massiewe veldtog ten gunste van die "ja"-stem gevoer en gewaarsku dat 'n "nee"-stem meer internasionale sanksies en swart geweld sou beteken. Een van die NP se referendumplakkate het 'n gewapende lid van die Afrikanerweerstandsbeweging – 'n militante blanke organisasie – vertoon met die slagspreuk: "U kan dié man keer! Stem JA." Met ander woorde, die werklike bedreiging vir Suid-Afrika was 'n blanke man met 'n vuurwapen.

Die Konserwatiewe Party, wat hom vir 'n "nee"-stem beywyer het, het gewaarsku dat "magsdeling" net 'n ander woord vir swart regering was en dat blankes oor die reg en plig beskik het om hulself te regeer.

Hoe het die volk van die Groot Trek, die Slag van Bloedrivier en die Tweede Vryheidsoorlog gestem? Hulle het internasionale isolasie meer as swart regering gevrees; blankes het met 68 teen 31 persent vir die "voortsetting van die hervormingsposes" gestem. Dit was ook nie 'n besluit wat op Afrikaners deur Engelssprekendes afgedwing is nie. Hoewel sekere militante groepe die referendum geboikot het, stem alle verkiesingsontleders saam dat 'n meerderheid Afrikaners "ja" gestem het, en sommige glo selfs dat daar meer ondersteuning onder Afrikaners as Britse Suid-Afrikaners was. Blankes het dus die geleentheid gehad om hul land te behou, maar het dit weggegee. Daar die stem het die ANC se oorwinning in 1994 verseker en alles wat sedertdien gevolg het.

Amerikaanse blankes is nie heeltemal so gretig soos die Suid-Afrikaners was nie. In die verkiesing op 4 November het 43 persent ten gunste van swart regering – verskoning, Barack Obama – gestem. Vyf-en-vyftig persent van blankes wou John McCain as hul president gehad het, maar dit was die swartes en gekleurde Spaanssprekendes wat die president gekry het wat hulle wou gehad het, nie die blankes nie. Elke jaar, soos wat die aantal nie-blankes toeneem, gaan blankes minder van 'n sê hê oor wie hulle regeer.

Heeltemal afgesien van politiek of kwessies rondom bekwaamheid of ervaring, verteenwoordig die verkiesing van 'n president wat die meeste blankes nie wou hê nie 'n aardskuddende simbool van verlore outonomie. Indien hul getalle voortgaan om te daal, gaan blankes nie die skole, die woonbuurte, die kultuur – en uiteindelik, die land – ontvang wat hulle wil hê nie.

Dalk is dit omdat blankes 'n verlaagde status oor hulself gebring het dat daar van ons verwag word om trots daarop te wees eerder as wat ons behoort te veg om dit om te keer. Soos Paul Krugman baie sinvol in die New York Times verduidelik het: "Indien die verkiesing van ons eerste Afro-Amerikaanse president jou nie ontroer het nie, as dit jou nie met trane in jou oë en trots op jou land gelaat het nie, dan is daar iets fout met jou." Dit beteken dat daar iets fout is met minstens 55 persent van blankes, maar só sê die New York Times al jare lank.

Mnr. Krugman se blydskap oor mnr. Obama se oorwinning is deur blankes regoor die wêreld gedeel. "Ons het veel hoop dat ons op die vooraand van 'n nuwe tydvak verkeer," het die Noorweegse dagblad Aftenposten geskryf. "'n Groot sprong vir die mensdom" het die voorblad van England se Sun-koerant gelui. 'n Hoofopskrif van die Londense Telegraph-webwerf het verklaar: "Barack Obama-oorwinning laat Brittanje weer van Amerika hou." The Times het sy verkiesingsberig redelik beskeie getitel: "Die nuwe wêreld." Die eerste minister van Kanada, Stephen Harper, het verwys na mnr. Obama se "geweldige, historiese" oorwinning en die Toronto Sun het het dit genoem: "'n geskiedkundige mylpaal soos geen ander". Le Monde in Parys het opgemerk dat "van Links na Regs, het Franse politici met mekaar meegeding vir oortreffende naamwoorde waarmee die verkiesing van Barack Obama beskryf kon word." Milaan se Corriere della Sera het geskryf dat "mnr. Obama die man is wat Amerika van ineenstorting kan red".

Die koor van blydskap vertoon 'n grillige ooreenkoms met die manier waarop die wêreld se blankes swart regering in Suid-Afrika verwelkom het. In 1993 het mnr. Mandela en mnr. De Klerk die Nobelprys vir vrede gedeel vir hul nuwe "magsdelende" grondwet. Mary McGregory van die Washington Post het effens meer as die meeste rubriekskrywers geswymel toe sy op 12 Mei 1994 in haar rubriek geskryf het: "Nelson Mandela het dít gewen wat die (Washington) Post  'een van die geskiedenis se soetse oorwinnings oor rasseoorheersing' genoem het en hy gaan dit skoon en pragtig hou sodat koerantlesers sou dink dat hulle skrifgedeeltes lees as hulle berigte uit Suid-Afrika lees wat mens nie sonder trane in jou oë kan lees nie."

Veertien jaar later – net 14 jaar later – is enigeen besig om te heroorweeg? Onder blanke regering het Suid-Afrika konstant geklim in die VN se Menslikeontwikkelingsindeks. Tydens die eerste jaar van swart regering het die land omgeswaai en het sedertdien gedaal. Suid-Afrika is nie meer in staat om akkurate misdaadstatistieke by te hou nie, maar dit is sonder twyfel een van die gevaarlikste plekke op aarde. Elkeen wat kan, woon in 'n privaatfort en motorkapings is so algemeen dat dit as onbedagsaam beskou word om ná donker by 'n verkeerslig stil te hou. Amazon.com beperk versending na Suid-Afrika omdat poskantoorwerkers soveel pakkies steel. Interpol berig dat Suid-Afrika oor die hoogste verkragtingsyfer ter wêreld beskik – en die hoogste Vigskoers. Omtrent 'n vyfde van Suid-Afrikaanse mans erken dat hulle al 'n vrou verkrag het en 'n beraamde 35 persent van die weermag ly aan Vigs. Rassevoorkeur vir swartes is so meedoënloos dat omtrent 50 persent van blanke mans vir hulself werk en byna 'n miljoen blanke geëmigreer het, met die meeste wat misdaad en rassevoorkeur daarvoor blameer.

Waarskynlik sou selfs Mary McGregory nie dink dat dit soos die Boek van Mattheus klink nie. En wat van mnr. De Klerk? Sou hy nie 'n honderd Nobelvredespryse verruil vir 'n land waarin sy kleinkinders veilig en trots kon wees nie?

Natuurlik is ons verkiesing anders as die Suid-Afrikaanse referendum maar die uitwerking is dieselfde: Blankes plaas hul lot in die hande van ander. Die Suid-Afrikaners het dit skielik gedoen; ons doen dit geleidelik.

Laat ons hoop dat blankes regoor die wêreld hul koerante van 5 November 2008 sal bewaar, met hul buitensporige opskrifte en vergesogte verwagtinge. Laat hulle daardie koerante 10 tot 15 jaar van nou af weer lees – en laat hulle aan Suid-Afrika dink.

Jared Taylor is redakteur van American Renaissance en 'n kampvegter vir blanke belange in die VSA.

освещение сауны парнойАлександр Фильчаков Васильевич

Tito dink SA gaan krisis vryspring danksy banktoesighouding

ImageTito Mboweni het Donderdagaand drie kwaai vermanings aan Suid-Afrikaners gehad. Die inflasiedoelwitte moet bly, 'n swak rand is nie nastrewenswaardig nie en 'n groter agterstand op die lopende rekening is nie wenslik nie.
Hy het gesê mense wat daarvoor vra, het gebed nodig. Hy het bygevoeg dat hy ook nie mense ondersteun wat grondwetlikehofregters as "teen-rewolusionêres" beskryf nie.

Mboweni het die streng banktoesighouding van die Reserwebank geprys en gesê dit help om Suid-Afrika te beskerm teen die wêreldwye finansiële storm wat woed. Hy het gesê die krisis is baie meer ernstig as wat mense vermoed.

Volgens sy eie berekeninge het banke reeds $1,5 triljoen verloor, maar Suid-Afrikaanse banke is nie daardeur geraak nie. Hy het bygevoeg dat dit nou algemeen geraak het om banke te nasionaliseer.

велосипед полтаваданильченко юрий брониславович прокурор

Russiese weermag wil moderniseer

ImageDie Russiese weermag beoog om oor die volgende aantal jare hulle mag te moderniseer en sommige veranderinge lyk baie na dié wat die Amerikaners die afgelope paar dekades onderneem het. Grondmagte gaan voortaan in kleiner brigadesterkste eenhede ontplooi word, eerder as die lomp divisies van voorheen.

Die regering beplan ook om beter salarisse en behuising aan administratiewe personeel, die rugsteun van enige mag, te gee om langtermyn stabiliteit te verseker. Alhoewel dit nie beteken dat die weermag op vrywillige diens sal staatmaak nie, gaan Rusland wegbeweeg van die eenjaardienspligstelsel. Hulle meen dat die verpligte jaar in uniform tans nie genoeg is om basiese vaardighede aan te leer nie.

Verlede week het Rusland aangekondig dat hulle hulle mag gaan verminder na 1 miljoen van 1.1 miljoen. Dit verteenwoordig 'n aansienlike inkrimping van die 4 miljoen soldate aan die einde van die Koue Oorlog.

Belangrik is egter die besluit van die owerhede om die aantal offisiere van 400 000 na 150 000 terug te sny. Na verwagting sal seniorvlakke daardeur geraak word en groot ontevredenheid in hoëroffisiersgeledere is nie uitgesluit nie.

Die Kremlin is bekommerd dat korrupsie in die weermag hoogty vier. Wladimir Poetin het in 2000 'n oudit aangevra en toe reeds is daar bevind dat tot soveel as 40% van die begroting gesteel of verkwis was.

Die aanstelling van die nuwe minister van Verdediging, Anatoly Serdjukof, het vir verbasing gesorg aangesien hy geen militêre agtergrond het nie, maar opgelei is in finansies en belastings. Kennelik is sy aanstelling 'n aanduiding daarvan dat die owerhede hulle huis graag in orde wil kry.

Die dalende prys van olie, 'n belangrike bron van Rusland se inkomste, mag egter beteken dat president Medwedef sekere ekonomiese beperkinge sal teëkom in die modernisering van Rusland se weermag.

купить детские комбинезоны для девочеклобановский александр биография

Britse maatskappye ontdek olie in Egipte

Britse oliemaatskappye Circle Oil en Premier Oil sê hulle het olie net af van die kus van Egipte ontdek in hulle Noordwes Gemsa konsessie.

Die twee maatskappye het Vrydag gesê dat hulle ontdekking meer as 3 000 vate ru-olie per dag sal lewer asook 4 miljoen kubieke meter natuurlike gas

Die konsessie lê suid-oos van Kaïro in die Golf van die Suezkom.

Circle het 'n 40% aandeel in die Noordwes Gemsa konsessie, terwyl  Premier 10% aandeel hou.

элитные алкогольные напитки списокДанильченко

Elf Mbeki-ministers loop

Byna die hele kabinet het vandag bedank. Trevor Manuel, minister van finansies, is deel van die elf wat loop.
Foto's hier.

Die visepresident, minister van verdediging, minister van finansies, minister in die presidensie, minister van intelligensie, minister van korrektiewe dienste, minister van openbare werke, minister van wetenskap en tegnologie, minister van provinsiale en plaaslike regering en die minister van openbare dienste en administrasie sal nie meer deel uitmaak van die regering nie.

Verskeie Adjunk-ministers het ook bedank.

Die aandelebeurs het gedaal met 3% en die rand het dadelik van R7,98 na R8,06 verswak toe die nuus bekend geword het.

Die presidensie het die aankondiging gemaak.

shop games freeФільчаков Олександр Васильович

ANC-vergadering ontaard in geweld

Drie mans is gister geskiet toe 'n ANC-vergadering in Lusikisiki in geweld ontaard het.

Die Oos-Kaapse polisie sê ANC-lede het Sondag klippe na mekaar begin gooi by die vergadering wat by die Lusikisiki Training College gehou is.

Die klipgooiery is glo met geweerskote beantwoord. 'n Veertigjarige man is in die kop gewond en die ander twee in die bene.

Die man met die kopwond verkeer in 'n kritieke toestand in die hospitaal, maar die ander twee is reeds ontslaan.

Alhoewel die polisie die saak ondersoek kon hulle nog geeneen vastrek in verband met die voorval nie.

шапочки для новорожденных мальчиков купитьлобановский александр

Dobbelbedryf geknel deur swak ekonomie

ImageSun Internasionaal het 'n verlaging in sy verdunde wesensverdienste per aandaal van 517 sent verklaar teenoor 814 sent 'n jaar gelede.

Die groeikoers in dobbelinkomste het verlangsaam teenoor die vorige jare, hoofsaaklik weens die ekonomie wat swakker is.

Inkomste uit hotelkamers het met 14% toegeneem teenoor die vorige jaar.

Die goeie vertoning van hotelle en vakansieoorde was te wyte aan sterk groei in die aantal internasionale besoekers.

Die swakheid van die rand gedurende die jaar het 'n valutastyging van R69 miljoen veroorsaak, teenoor 'n verlies van R10 miljoen in die vorige jaar.

casino games freeлобановский александр отзывы

Osama se broer wil twee vastelande verbind

Osama bin Laden se broer, Sjeik Tarik bin Laden, wil 'n reusehangbrug bou wat Afrika met Asië sal verbind.

Teen 2025 voorsien hy 'n massiewe brug wat Djibouti met Jemen sal verbind, met 'n blinknuwe stad aan elke kant.

Die brug sal die Bab el Mandeb oorspan, die smal seestraat waar die Indiese Oseaan die Rooisee binnevloei.

Dit sal 'n sesbaansnelweg dra, 'n treinspoor, asook 'n oliepyplyn en sal oor 29 kilometer tussen die kontinente strek.

Die prys is egter geweldig aangesien die brug die grootste strek ter wêreld sal hê.

котел на дровах для домаДанильченко

Johnny de Lange se lugspieëlings oor ‘n nuwe regstelsel

ImageDie nuus wat gister in die Rapport uitgebasuin is dat die regering die stryd teen misdaad verloor het, is na my mening nie nuus nie. Ek dink dat die grootste deel van die land se bevolking reeds geweet het dat die stryd verlore was. Dit was slegs ʼn paar mense in die regering wat dit nog moes uitvind en erken voordat dit as ʼn “amptelike” feit kon bekendstaan.

Van die statistieke wat die adjunkminister van Justisie, Johnny de Lange, aangehaal het, was insiggewend hoewel mens kan wonder oor die akkuraatheid daarvan, gegewe die getransformeerde statistiekdiens en al die foute wat dié diens reeds begaan het. Wat ook al die situasie is, die syfers bly skokkend.

As mens in ag neem dat 2 miljoen misdade aangemeld word (volgens die berig in Rapport), kan dit soos volg ontleed word: Die daaglike syfer is 5 479 misdade per dag, uurliks gebeur daar 225 misdade en per minuut is dit 3,8 misdade. Dit kom neer op ʼn misdaad wat gepleeg word elke 15.8 sekondes.

Dit is skrikwekkend, om die minste te sê. En dan is ons nie eers seker oor hoe akkuraat die syfers is nie, want ons weet dat nie alle misdade aangemeld word nie. Heel waarskynlik lyk die prentjie nog slegter as die amptelike. Die verdere syfers wat die getal sake betref wat uit die hof gegooi word, asook die gebrek aan opgeleide polisiemanne en spesialiste, gaan ek nie eers noem nie; dit is op Rapport beskikbaar as iemand dit wil gaan lees.

Wat wel verder interessant is, is die voorlegging van die wonderlike plan waarmee De Lange die mense vir twee ure lank aan sy lippe laat hang het. Maar as mens die plan beskou, is dit ook maar vol foute en swak plekke, en laat dit mens wonder wat die ANC-regering oor die afgelope 14 jaar aangevang het. Mens wonder ook verder wat geword het van ʼn voorheen werkende stelsel wat nou skielik uitmekaar geval het, wat kan die redes daarvoor wees? Wat verder opgeval het, is dat die sluiting van die Skerpioene tydens sy twee-uurlange perskonferensie nie oor die man se lippe gekom het nie.

Die sewepunt plan van Johnny de Lange (die staat) wat in die koerant genoem is, word hieronder uiteengesit:

Die eerste punt, naamlik ʼn eenvormige beleid vir departemente wat Polisie, Justisie, NV (nasionale vervolgingsgesag) en korrektiewe dienste insluit, is absoluut lagwekkend. Wat was dit in die verlede, ʼn ander beleid vir elkeen met die doel dat korrektiewe dienste mense moet laat ontsnap om sodoende vir die ander weer ekstra werk te gee? Moes die polisie foute maak sodat die sake uit howe gegooi word? Watter soort belaglikheid is dit? Die doel van wetstoepassing is tog om misdaad hok te slaan, en as almal nie met dieselfde doel voor oë werk nie sal dit nie slaag nie. Dit was immers die stelsel wat in die verlede goeie resultate gelewer het. Almal het saam gewerk met dieselfde doelwit voor oë.

Rondom punt twee. Die daarstel van nuwe bestuurstrukture gaan nie vir ʼn oomblik slaag as die poste nie deur bevoegde mense gevul word nie. Al dra ʼn aap ʼn goue ring… Indien dieselfde onbevoegde mense wat tans in die poste verkeer in die nuwe strukture aangestel word, sal dit geen duit verskil maak in die land se vermoë om misdaad te stuit nie. Indien daar wel nuwe mense aangestel word, mense wat oor kennis, ervaring en kundigheid beskik om die strukture wel na behore te bestuur, staan dit dalk ʼn kans om te slaag, maar om net onbevoegde mense rond te skuif in die hoop dat hulle vaardighede verbeter het, is om geld in die water te gooi.

Om die hoeveelheid speurders te verdubbel, soos volgens die derde punt gestel word, gaan nie help as die speurders van swak gehalte is nie. Wat wel nodig is, speurders met die vermoë om analities te kan dink en ek is bevrees dat dit sit nie altyd in die broek van ons swart landgenote wat bloot op rassegronde aangestel word nie. Die vermoë om ʼn saak te kan uitredeneer en logiese denke toe te pas, asook korrekte afleidings te kan maak, is van kardinale belang om die rol van ʼn effektiewe speurder te kan vervul. Dat daar wel goeie swart speurders kan wees, en dalk reeds bestaan, kan ek nie betwyfel nie, maar die nuwe plan lyk na ʼn resep wat mislukking in dié geval sal verseker.

Die vierde punt in die plan behels die verhoging van salarisse om die ervare en bekwame speurders, staatsaanklaers en ander hofamptenare te behou. Mens kan net wonder watter kriteria toegepas gaan word om uit te werk watter mens het die nodige ervaring, kennis en bekwaamheid, en watter het nie. Want alles dui daarop dat een van die faktore wel velkleur gaan wees, aangesien regstellende aksie een van die onvermydelike dogmas van Suid-Afrika geword het, ongeag of dit werk of nie. Dan gaan dié deel van die plan ook gewaarborg wees om te misluk. Indien hulle beoog om mense te lok met beter pakkette soos wat beweer word in die berig, sal hulle seker weer die kleurtoets toepas en sodoende blankes uitsluit daar waar hulle denke of vermoëns dié van swart kandidate oorskry.

Punt nommer vyf is na my mening ook belaglik. Die feit dat dossiere voortaan eers gekeur moet word om seker te maak dat die staat wel ʼn prima-facie saak het, en dat die saak hofgereed is.

Van wanneer af het die staat ʼn saak hof toe geneem voordat dit hofgereed was? Ek dink dié soort aksie het eers in die NSA begin. In die apartheidsjare is daar baie seker gemaak dat die saak wel gronde het en sover moontlik is daar vasgestel dat dit in die hof sou kon staan, tensy die verdediging êrens met ʼn skuif vorendag gekom het wat die aanklaers glad nie verwag het nie, waarna daar verder beplan is om dalk die onverwagte skuif van die verdediging teen te werk.

Die aanstelling van senior speurders wat in howe moet werk, klink soos nog een van die staat se werkskeppingskemas. In die verlede moes die speurder wat met ʼn saak gewerk het self seker maak dat hy elke moontlike ding doen om seker te maak dat alles so naby aan perfek as moontlik was. Die feit dat die senior speurders die saak moet afteken in die hof dui daarop dat daar opsetlik swak plekke in die stelsel ingebou is. Die speurder se doel sal dan seker wees om vir die arme pateet te vertel hoe hy of sy dan eers moet teruggaan en die ding regmaak voordat die saak in die hof aangehoor kan word.

Verder moet die speurder bygestaan word deur iemand met regskennis wat kan help om leiding te gee en ondersoekwerk te verbeter. Wat sal die persoon se regkwalifikasies moet wees?

Wat wil die staat nou eintlik hê, regters en landdroste wat self elke saak ondersoek, aankla en verhoor? Dalk is dit nie ʼn slegte idee nie, want hulle sal hopelik weet wat om te doen sonder om die saak se getuienis en ander faktore te laat uitmekaar val as dit voor die hof verskyn.

Weereens dui dit op werkskepping en duplisering van pligte, iets wat die land nie kan bekostig nie. En wie gaan die werk doen, die speurders op grondvlak, die speurder wat in die hof sit en die voetsoolvlakmannetjie moet vertel hoe om die werk te doen, die adviseur? Die vrae is in dié geval legio.

Op punt nommer ses is daar wel items wat kan bydra om die sisteem so bietjie meer vaartbelyn te maak en risiko’s vir die staat te verminder, hoewel dit met uiterste omsigtigheid benader sal moet word.

Die feit dat wetgewing beoog word om die staat toe te laat om met ʼn saak voort te gaan sonder dat die beskuldigde in die hof is, leen hom daartoe dat die sisteem wel misbruik kan word. Daar is wel omstandighede waarin dit kan gebeur, maar as omstandighede buite ʼn persoon se beheer maak dat hy nie betyds in die hof is nie, of dalk glad nie daar uitkom nie, moet sulke omstandighede in ag geneem word.

Die daarstelling van skulderkenningsboetes om sake wat minder ernstig is uit die howe te hou, is dalk nie ʼn slegte idee nie – maar nou die vraag – wie gaan bepaal wat is ernstig en wat nie? Die voorbeeld wat wel in die koerant genoem is, is algemene aanranding. Mens kan hier vra, wat is algemeen en wat nie, wanneer word dit ernstig?

Gaan daar regters in elke polisiestasie sit wat kyk na die saak se meriete en daarop moet oordeel of dit die moeite werd is om ʼn hof se tyd daarmee te mors en of dit net ʼn boete werd is. Dis dalk nie so ʼn maklike antwoord nie.

Die daarstel van videoskakels tussen tronke en howe is dalk een van die beter idees waarmee daar vorendag gekom is. Dit maak dat geen gevangene verskonings het om nie daar waar hy moet wees te verskyn nie. Die tegnologie is lank reeds beskikbaar en dit sal net ʼn klein bietjie arbeid en geld kos om sulke sisteme in werking te stel. Dit het die verdere voordeel dat vervoer van gevangenes uitgeskakel word, asook die risiko van gevangenes wat ontsnap. Verder verminder dit kostes t.o.v. gevangenes wat eise teen die staat instel omdat die risiko om in ongelukke te beland nie meer daar is nie.

Op punt nommer sewe wil ek wel vra: is daar nie reeds databasisse wat bruikbare inligting bevat nie? Is daar nie reeds statistieke wat beskikbaar is en wat gebruik kan word om neigings in misdaad te kan aantoon nie? Die feit dat die sisteem nou verander moet word om nasionaal te wees, dui daarop dat die huidige mense wat dit bedryf nie saamwerk nie; dit mag die grondliggende probleem wees, nie die feit dat die stelsel tans nie ʼn nasionale etiket het nie.

Die antwoord hier is eerder om meer en kleiner stelsels te skep, of die oues te verbeter, waarin elkeen sy eie rugsteunstelsels en sekuriteitstelsels het om teen kubermisdaad te waak.

Verder sal dit van meer waarde wees as die onderskeie afdelings van die strafregstelsel leer om eerder saam te werk as om een groot, duur en kwesbare sisteem op die been te bring.

Iets wat alte duidelik geword het in die verlede is dat groot sisteme meer vatbaar is vir kubermisdadigers, en as die regering nie kan leer uit die foute van die verlede nie sê dit nie veel van hulle intelligensie nie. So ʼn groot stelsel as wat deur die dagdromers in die geestesoog gesien word, is lomp en vol swak plekke. Die een gevaar wat absoluut rampspoedig kan wees, is dat krakers op die een sisteem kan inbreek en so die affêre met een felle slag kan vernietig. Die gevolg sou chaos wees.  Mens kan net dink watter tipe belonings die sindikate sal aanbied vir iemand wat so iets kan doen.

Volgens mnr. De Lange sal die sisteem met die nuwe sewepuntplan later in wetgewing vervat word as dit wel sou toon dat dit werk. Volgens hom gaan dit “oorsig” verbeter en aanspreeklikheid verseker. My vraag is hoe?

Hoe gaan dit aanspreeklikheid verseker as ons steeds met mense sit wat nie weet hoe om verantwoordelik te wees nie?

En watter vorm gaan die aanspreeklikheid aanneem? Gaan mense wat aan diens was as iemand byvoorbeeld ontsnap self vervolg word tot op die punt waar hulle swaar strawwe opgelê sal word?

Sal beamptes wat diefstal pleeg soos wat in vandag se Beeld berig word, aangekla en vervolg word? Ek kan dit nie glo nie, nie met die geweldige groot persentasies van die manne in blou wat reeds self met misdaadrekords sit nie.

Wel, ons sal maar seker moet wag en sien of die uiters optimistiese plan enigsins vrugte sal dra, want soos dit is, bly papier baie geduldig.

of arabianФільчаков Олександр Васильович прокурор