Arrestasies verwag na bedrog by staatsdepartement

Na verwagting sal verskeie senior sosialeontwikkelingsdepartementbeamptes gearresteer word wanneer polisie toeslaan op verdagtes in ‘n multimiljardrand bedrogsaak wat sowat 10 jaar terugstrek.

 

LUR Meshack Radebe het op Dinsdag die eerste fase van ‘n ondersoek  wat verlede jaar begin het, bekendgemaak. Hy het gesê dat die hoeveelheid “groot visse” wat betrokke is, daarop dui dat ‘n sindikaat met politieke bande verantwoordelik was vir die bedrog.

Die sindikaat, wat klaarblyklik deur drie mense bestuur word, het sewe maatskappye wat die departement vir miljoene gemelk het. Die sindikaat word daarvan beskuldig dat hulle multimiljoenrand kontrakte toeken aan die maatskappye nadat die kontrakte ontvang is.

Daarmee saam het die sindikaat se maatskappye die departement laat betaal vir dienste, terwyl hulle net die helfte van die personeel voorsien het.

Radebe het gesê dat die sindikaat weggegee is deurdat dieselfde faksnommer op al die diensverskaffers se dokumente verskyn.

‘n Dokument het getoon dat ‘n bedrag van R50 miljoen rand betrokke is, hoewel daar vermoed word dat die skade miljarde beloop. “Dit is die punt van die ysberg” het hy gesê. Meer onthullings sal volg sodra die ondersoek die tweede fase binnegaan.

Die bevindings van die ondersoek is verlede week bekendgemaak aan geskokte KZN-kabinetslede, wat vinnige aksie deur Radebe aanbeveel het.

Die volledige inhoud van die verslag, insluitende name, adresse en bedrae geld sal aan die provinsiale polisiekommissaris, Hamilton Ngidi, oorhandig word en arrestasies kan binnekort verwag word.

Radebe het gesê dat hy vol vertroue is dat die polisie vinnig sal optree.

Hy het gesê die ondersoek is begin nadat verskeie bewerings van korrupsieontvang is voordat hy beheer van die departement oorgeneem het in November 2006.

Hy het bygevoeg dat die ondersoek sy lewe in gevaar mag stel, maar dat hy bereid is om dit te aanvaar.

Hy het ook bygevoeg dat die departement moeite sal doen om die geld wat van die departement gesteel is terug te kry.      

freeлобановский александр досье

Mynwerkers by Lonmin in Limpopo staak

13:16:15 Meer as 2000 mynwerkers by Lonmin in Limpopo het op ‘n staking gegaan, het die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) Woensdag gesê. NUM woordvoerder Lesiba Seshoka het gesê die staking van byna die hele werksmag is om die groot verskil in salaris uit te wys van Lonmin-werkers tussen Rustenburg en Limpopo.

“Die NUM het die CCMA genader om tussenbeide te tree en het uiteindelik ‘n sertifikaat gekry van nie-ooreenkoms vir die dispuut. In pleks daarvan om die probleme uit te sorteer, het Lonmin gedreig om meer as 16 000 werkers te ontslaan, en het hulle die huidige ekonomiese probleme as rede voorgehou,” het hy gesê.

Lonmin se woordvoerder, Alex Shorland-Ball, wat in Londen gebaseer is, en nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar was nie, het verlede week gesê dat sy nie die diensbeëindiging kon bevestig nie.

Seshoka het gesê ‘n Lonmin-werker in Limpopo verdien tussen R1800 en R2200 per maand, in teenstelling met Rustenburg se Lonmin-werkers op dieselfde vlak wat tussen R2800 en R3600 verdien.

“Die staking sal voortgaan tot ‘n oplossing gevind word,” het Seshoka gesê.

Produksie by Lonmin, die derde grootste platinumprodusent in die wêreld is geraak deur afskaling wat met veiligheid te make het, asook landwye elektrisiteitsvoorsieningsprobleme en ‘n daling in wêreldpryse vir die metaal.     

игр машинкитопкарго

Korporatiewe vrese werp skaduwee op w?reldmarkte

13:18:20 Vrese dat die finansiële krisis slagoffers gaan eis onder sommige van Amerika se grootste korporatiewe reuse het wêreldmarkte Woensdag versigtig gelaat, terwyl Oosterse aandele nog verliese gelei het.

Bekommernis dat General Motors bankrot kan raak, het die uitwerking van die globale kredietkrisis skerp in fokus gebring. Ook in die ooste was daar nuwe getuienis dat maatskappye negatief geraak word deur die krisis.

Finansiële onrus mag versag, “maar vrese vir ‘n globale resessie en slegte korporatiewe nuus hou steeds aan,” het Alex Huang, ‘n assistentvisepresident by Mega International Investment Services in Taipei gesê.

“Indien General Motors  sou ineenstort, sal die impak astronomies wees,” het hy gesê.

Daar is ook hoop dat die wêreldleiers sal saamstem op nuwe optrede om die ergste finansiële krisis in dekades aan te spreek wanneer hulle dié naweek in Washington vergader.

Kenners het gesê dat die beraad van leiers van 20 ontluikende en gevorderde ekonomieë waarskynlik sal sukkel om met konkrete metodes vorendag te kom, ten spyte van die wye kommer oor globale resessie.

Beleggers was kriewelrig oor verskille tussen president George W. Bush en nuutverkose kandidaat Barack Obama oor hoe om die drie groot voertuigvervaardigers, General Motors, Chrysler en Ford,  wat in die moeilikheid is, te help.

GM se hoofuitvoerendebeampte, Rick Wagoner, het gesê dat die motorreus net genoeg kapitaal het om vir ‘n paar maande voort te gaan.

Markte wag in spanning op Amerika se handelsyfers en ‘n belangrike vertroue-aanwyser wat Vrydag gepubliseer moet word, wat na verwagting ‘n skerp daling in die wêreld se grootste ekonomie sal aandui.

самые красивые куклыФильчаков прокурор харькова

Oekra?ene dalk tot NAVO toegelaat

‘n Ad hoc-koalisie van lankdienende lede van NAVO, Duitsland, Frankryk, Italië en Spanje, hou steeds aan om teen die wense van Washington en die nuutste lede van Sentraal en Oos-Europa, die Oekraïene en Georgië uit die alliansie te hou.

Nie net nuwe alliansielede nie, maar ook die verhoudinge tussen Rusland en die Weste sal Woensdag en Donderdag op die tafel wees wanneer Robert Gates, die Amerikaanse minister van verdediging met ministers van verdediging in Estland, ‘n klein republiek neffens Rusland, vergader om Oekraïene ook so gou moontlik in te lyf.

Gates en vennote wat die Oekraïene se insluiting wil sien realiseer, is dit almal eens dat die oorlog tussen Rusland en Georgië hulle meer rede gegee het om NAVO se verbintenisse te versterk.

Volgens die NAVO-ooreenkoms, word ‘n aanval op een van die lede beskou as rede dat die ander lede tot die verdediging van die een lid moet kom. Indien Georgië tydens die Augustuskonflik ‘n NAVO-lid was, sou die hele alliansie in die oorlog met Rusland betrokke geraak het.

Net Oekraïene se lidmaatskap is op die agenda van die spesiale sessie van NAVO-verdedigingsministers. Oekraëne is ‘n spesiale geval, vir die alliansie en vir Rusland ook. Georgië se aansluiting sal nie oorweeg word nie.

купить детскую кроваткулобановский александр жена

Kan Europa ‘n Obama te voorskyn bring?

Europa het begin met ‘n proses van selfbeskouing omtrent sy probleme met rasse-integrasie. Vele begin nou vra of daar ‘n Franse, Britse, Duitse of Italiaanse Obama kan wees en almal kom met ‘n “nee, nie vinnig nie” antwoord te voorskyn.

 

Dit is riskant om rasse vergelykings te tref tussen Amerika en Europa, gegewe die historiese en kulturele verskille. Maar ras was een van die redes hoekom Europa al lank op Amerika neergesien het, selfs terwyl Europa sy eie post-koloniale rasseprobleme ontwikkel het.

Obama is ‘n uitsonderlike figuur selfs in Amerika, ‘n nasie van immigrante met ‘n lang geskiedenis van rasseprobleme wat teruggaan na die Indiaanse oorloë en uitgebreide slawehandel, wat selfs tot ‘n bloedige burgeroorlog gelei het.

Meeste Europese lande was redelik mono-etnies tot en met die post-koloniale tydperk. Brittanje as voorbeeld was ‘n oorwegend blanke land tot die middel van die 20ste eeu en het steeds nie ‘n groot swart middelklasbevolking nie, terwyl Franse immigrante meestal van voormalige Franse kolonies afkomstig is uit Noord-Afrika, soos Algerië, Marokko en Tunisië, of in swart Afrika soos Mali, Senegal en die Ivoorkus.

Gemeet in politieke verteenwoordiging van minderheidsgroepe is Amerika en Europa maar traag, maar Obama se oorwinning het getoon net hoeveel meer Europa agter Amerika is.

Duitsland is nog ‘n geval, met sy grootste immigrantebevolking wat van Turkye af genooi is om in die 1960’s en 1970’s in fabrieke in Wes-Duitsland te kom werk. Duitsland het nou sowat 2,9 miljoen inwoners van Turkse afkoms, met 800 000 wat burgerskap het onder die nuwe wette. Tog het hulle baie klein verteenwoordiging in die verenigde Duitsland met 82 miljoen mense, met slegs 5 lede in die 613 man sterk parlement.

“Duitsers kan nie glo dat ‘n Turkse politikus glo in politiek vir Duitsland nie” het Mely Kiyak, (32) ‘n Duitgebore vrou van Turkse ouers gesê. Haar ouers het die boek “Ten for Germany” geskryf, waarin die probleme van etnies Turkse politici uitgewys word. “Die Duitsers dink ‘Dit is ons land. Hoekom moet ons vir ‘n Turk stem? Hy mag dalk die land wil Islamiseer’”

Die Duitsers hou van Obama, het sy gesê, "maar ons het nie minderheidsgroepe op enige plek nie, nie in die media nie, nie in politiek nie, en ook nie in die regsberoepe nie”

Die feit dat Frankryk sterker bande het met sy voormalige kolonies en meer Moslems het as enige ander land in Europa, maak die debat daar meer gekompliseerd.

Op Sondag het verskeie politici daar ‘n manifes geteken wat deur die miljoenêr, kind van Algeriese immigrante geskryf is, waarin gevra word vir regstellende aksie programme om die sogenaamde kleurblinde Franse ideaal van gelykheid in realiteit om te skakel vir verstote immigrante.           

пуско зарядное своими рукамиФільчаков прокурор

Mbeki se hofaansoek geweier

Image

Thabo Mbeki

09:57:21 Die grondwetlike hof het voormalige president Thabo Mbeki se dringende aansoek teen ‘n hofuitspraak wat hom sy werk laat verloor het van die hand gewys, het koerante Woensdag berig.

Agt grondwethofregters het sy aansoek Dinsdag van die hand gewys, het die Business Day en The Star berig.

Die regters het bevind dat “dit nie in die belang van geregtigheid is dat Mbeki se aansoek nou gehoor word nie".

Dit was omdat die nasionale vervolgingsgesag (NV)  besig was om dieselfde saak in die Appèlhof aanhangig te maak.

Die NV se appèl sal op 28 November aangehoor word.

Mbeki wou hê dat die grondwetlike hof sekere dele van die uitspraak wat in die Pietermaritzburgse hof deur regter Chris Nicholson gemaak is, skrap.

In sy uitspraak het regter Nicholson gesê dat hy nie die moontlikheid van politieke inmenging kan uitsluit in die besluit om Mbeki se politieke teenstaander, Jacob Zuma, weer aan te kla van bedrog en korrupsie nie.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het die uitspraak as die hoofrede gebruik om Mbeki sowat ses maande voor die verstryking van sy termyn uit die kussings te lig.

полиграф днепропетровсклобановский класс харьков

Angola wil soldate na Kongo stuur

‘n Angolese regeringsamptenaar het gesê dat hulle soldate na die Kongo gaan stuur, waar ten minste 250 000 mense deur voortslepende gevegte ontwortel is.

Angola se adjunkminister van buitelandse sake, Georges Chocoty, het nie gesê hoeveel soldate hulle gaan stuur of wat hulle sending sal wees nie. Suider-Afrikaanse streeksleiers wat Sondag by ‘n beraad vergader het, het samesprekings gehou daaroor om soldate na die Kongo toe te stuur.

Die stad Boma word beleër deur rebelle wat lojaal is aan generaal Laurent Nkunda sedert hy die buitewyke van die stad bereik het.

Die rebelle het gedreig dat hulle nie sal skroom om gevegte aan te knoop met soldate wat die Kongo se regeringsmagte ondersteun nie.

Chicoty het die aankondiging gemaak oor Angola se nasionale radio ná ‘n vergadering met Europese ministers van buitelandse sake in Brussel. 

потолочные светильникилобановский класс харьков

Fitch verander gradering van SA banke na negatief

08:43:56 Standard & Poor's het gister Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel na negatief verander en gewaarsku dat kapitaaluitvloei die rand verder onder druk kan plaas. Dit kan inflasie hoog hou en rentekoersverlagings in die wiele ry.

Die besluit volg op 'n soortgelyke aankondiging van Fitch Ratings.  

Fitch Ratings het sy gradering van Absa, Investec Bank, Nedbank en hulle beherende maatskappye verander van stabiel na negatief, het die agentskap Dinsdag gesê.

Dit volg op 'n hersiening van die Republiek van Suid-Afrika se soewereine buitelandsevalutalenersverstekgradering van "BBB+" het Fitch Ratings gesê.

Die vooruitsigverandering weerspieël 'n verswakkende makro-ekonomiese omgewing en die verwagte impak op die finansiële optrede en posisie van die banke.

Fitch het gesê dat die globale kredietkrisis na verwagting sal lei tot laer vlakke van aktiwiteit in die huishoudelike ekonomie, wat waarskynlik sal bydra tot die uitdagings wat die banksektor in die gesig staar met die verhoging van rentekoerse en rekordvlakke verbruikerskuld.

Fitch het bygevoeg dat die gradering Standard Bank van Suid-Afrika nie geraak het nie, aangesien hulle gradering reeds in Augustus op die negatiewe skaal geplaas is, asook First Rand Bank en sy beherende maatskappye; beide is in September afgegradeer en is nou as stabiel gegradeer.

"Die graderings wys op toenemende kommer insake die werksomgewing," het Fitch gesê.

смесиФильчаков прокурор отзывы

‘ANC moenie net Nguni-organisasie wees’

Image

Zola Skweyiya

15:39:07 Die ANC-minister van maatskaplike ontwikkeling, Zola Skweyiya het in 'n onderhoud met die Mail & Guardian erken dat die organisasie – en by implikasie Suid-Afrika – deur die Nguni-groepe vanaf die Indiese-oseaankus oorheers word.

Volgens Skweyiya het hy in 2006 aan Jacob Zuma gesê dat "ons versigtig moet wees dat ander etniese groepe ook moet voel dat hulle leiers kan oplewer".

Skweyiya, wat al sedert die sestigerjare 'n ANC-lid is en ook aan die ondergrondse terreurvleuel Umkhonto we Sizwe behoort het, sê: "My algemene siening is dat presidente nie net vanuit die provinsies wat aan die Indiese Oseaan grens (die Oos- en Weskaap en Kwazulu-Natal) kan kom nie. Ons moet ons sake so reël dat die Nguni's nie die enigste is wat die ANC lei nie."

Hy meen verder: "Ek voel sterk dat ons nie die nasionale vraagstuk opgelos het nie – nie net tussen wit en swart nie, maar ook onder onsself as Afrikane. Ek weet dis nie 'n gewilde mening nie, maar dis 'n feit."

Die ANC se gebruik van die term "nasionale vraagstuk" (national question) dui op die invloed van kommunistiese denke en veral idees vanuit die voormalige Sowjetunie op die party. In die vyftigerjare het sowel die ANC as die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty egter die Sowjet-akademie se siening van Suid-Afrika as 'n veelvolkinge land gesien het terwille van die Britse "een nasie"-gedagte wat vandag steeds in die land toegepas word. Die Franse navorser Alfred Bosch het gewys op dié paradoks in SAKP-denke in die laat vygtigerjare toe Sowjetkommunisme omhels is maar Sowjetkultuurbeleid verwerp is.

Skweyiya het voorts gesê dat die ANC moet erken dat sy kommunikasiemetodes swak is, dat die Nguni-groep in sy leierskap oorheers, asook dat politieke opvoeding in die party swak is en dat die "ontplooiingsbeleid" veterane van die party vervreem het.

In weerwil van al dié gebreke, kan Skweyiya steeds nie begryp waarom Lekota en Shilowa dit nodig geag het om 'n nuwe party te begin nie.

Volgens Skweyiya het hy die Nguni-oorheersing aan Jacob Zuma uitgewys, wat hom verseker het dat dit nie 'n probleem sou wees nie aangesien hy net vir een termyn wou regeer. Blykbaar het Zuma met Kgalema Motlanthe gepraat en dié gaan ná hom weer as president oorneem. Zuma het dit ook só in die pers gestel.

Skweyiya is ewe bekommerd oor Nguni-oorheersing in die nuwe Shikota-party, waarin daar insgelyks Xhosa-oorheersing bestaan. Hy sê: "Die Xhosa-element bekommer my regtig. Ek kan dit sê want niemand sou my daarvan kon beskuldig dat ek nie van Xhosas hou nie." (Skweyiya is self 'n Xhosa.)

Volgens hom het die partyleierskap nie goed gekommunikeer ná die ANC-konferensie op Pietersburg nie.

"Ná Zuma se oproep om te verenig, het almal eenvoudig gepraat en elkeen op die nasionale uitvoerende komite het gevoel dat hy die reg had om te sê wat hy wil. Dit het mense die harnas in gejaag. Ek het gevoel die gesag van die sekretarisgeneraal en die woordvoerder is daardeur verswak.

"Daar was ook die verwarring tussen die ANC en sy bondgenote sodat dit gelyk het asof die leidende rol van die ANC en die laaste woord van die president bevraagteken word.

"Die afdanking van president Thabo Mbeki het ook olie op die vuur gegooi."

Skweyiya het voorts verklaar dat hy ook teleurgesteld is dat soveel mense die ANC verlaat, nie omdat hulle met die organisasie se ideologie verskil nie, maar omdat hulle nie van sekere persone hou nie.

"'n Mens hoef nie die ANC te verlaat omdat jy nie van iemand hou nie. Daar was al baie leiers van wie ons nie gehou het nie, maar ons kon nie padgee nie. Ons het gebly en ons standpunt ingeneem."

летняя одежда для мальчиков интернет магазинФильчаков прокурор

Asi? bekommerd oor voedselsekuriteit

ImageLande in Suidoos-Asië is bekommerd daaroor dat die globale ekonomiese krisis tot 'n verlaging in landbou-investering en massiewe afleggings kan lei.

'n Asiatiese beampte, Somsak Pippopinyo, sê die Vereniging van Suidoos-Asië Nasies moet ander potensiele probleme wat met voedselsekuriteit verband hou en finansiële skommelings kan veroorsaak, ondersoek sodat die streek dit doeltreffend kan hanteer.

Asiatiese beamptes en hulle VN-eweknieë het Maandag vir 'n tweedaagse konferensie in Manila byeengekom om stabiliteit in Suidoos-Asië se voedselvoorraad te verseker te midde van sulke probleme soos klimaatsverandering, stygende kommoditeitspryse en die globale ekonomiese krisis.

'n Dokument wat aan afgevaardigdes uitgedeel is, sê daar bestaan min twyfel dat die huidige globale finansiële krisis ernstige gevolge vir die toegang tot die voedsel van kwesbare groepe in ontwikkelende lande inhou.

Die 10-nasie blok bestaan uit Brunei, Kambodja, Indonesië, Laos, Maleisië, Myanmar, die Filippyne, Singapoer, Thailand en Vietnam – 'n streek met meer as 'n half miljard mense.

s start пуско зарядное устройствоФільчаков прокурор