Mbeki se hofaansoek geweier

Image

Thabo Mbeki

09:57:21 Die grondwetlike hof het voormalige president Thabo Mbeki se dringende aansoek teen ‘n hofuitspraak wat hom sy werk laat verloor het van die hand gewys, het koerante Woensdag berig.

Agt grondwethofregters het sy aansoek Dinsdag van die hand gewys, het die Business Day en The Star berig.

Die regters het bevind dat “dit nie in die belang van geregtigheid is dat Mbeki se aansoek nou gehoor word nie".

Dit was omdat die nasionale vervolgingsgesag (NV)  besig was om dieselfde saak in die Appèlhof aanhangig te maak.

Die NV se appèl sal op 28 November aangehoor word.

Mbeki wou hê dat die grondwetlike hof sekere dele van die uitspraak wat in die Pietermaritzburgse hof deur regter Chris Nicholson gemaak is, skrap.

In sy uitspraak het regter Nicholson gesê dat hy nie die moontlikheid van politieke inmenging kan uitsluit in die besluit om Mbeki se politieke teenstaander, Jacob Zuma, weer aan te kla van bedrog en korrupsie nie.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het die uitspraak as die hoofrede gebruik om Mbeki sowat ses maande voor die verstryking van sy termyn uit die kussings te lig.

полиграф днепропетровсклобановский класс харьков