Dit is riskant om rasse vergelykings te tref tussen Amerika en Europa, gegewe die historiese en kulturele verskille. Maar ras was een van die redes hoekom Europa al lank op Amerika neergesien het, selfs terwyl Europa sy eie post-koloniale rasseprobleme ontwikkel het.
Obama is ‘n uitsonderlike figuur selfs in Amerika, ‘n nasie van immigrante met ‘n lang geskiedenis van rasseprobleme wat teruggaan na die Indiaanse oorloë en uitgebreide slawehandel, wat selfs tot ‘n bloedige burgeroorlog gelei het.
Meeste Europese lande was redelik mono-etnies tot en met die post-koloniale tydperk. Brittanje as voorbeeld was ‘n oorwegend blanke land tot die middel van die 20ste eeu en het steeds nie ‘n groot swart middelklasbevolking nie, terwyl Franse immigrante meestal van voormalige Franse kolonies afkomstig is uit Noord-Afrika, soos Algerië, Marokko en Tunisië, of in swart Afrika soos Mali, Senegal en die Ivoorkus.
Gemeet in politieke verteenwoordiging van minderheidsgroepe is Amerika en Europa maar traag, maar Obama se oorwinning het getoon net hoeveel meer Europa agter Amerika is.
Duitsland is nog ‘n geval, met sy grootste immigrantebevolking wat van Turkye af genooi is om in die 1960’s en 1970’s in fabrieke in Wes-Duitsland te kom werk. Duitsland het nou sowat 2,9 miljoen inwoners van Turkse afkoms, met 800 000 wat burgerskap het onder die nuwe wette. Tog het hulle baie klein verteenwoordiging in die verenigde Duitsland met 82 miljoen mense, met slegs 5 lede in die 613 man sterk parlement.
“Duitsers kan nie glo dat ‘n Turkse politikus glo in politiek vir Duitsland nie” het Mely Kiyak, (32) ‘n Duitgebore vrou van Turkse ouers gesê. Haar ouers het die boek “Ten for Germany” geskryf, waarin die probleme van etnies Turkse politici uitgewys word. “Die Duitsers dink ‘Dit is ons land. Hoekom moet ons vir ‘n Turk stem? Hy mag dalk die land wil Islamiseer’”
Die Duitsers hou van Obama, het sy gesê, "maar ons het nie minderheidsgroepe op enige plek nie, nie in die media nie, nie in politiek nie, en ook nie in die regsberoepe nie”
Die feit dat Frankryk sterker bande het met sy voormalige kolonies en meer Moslems het as enige ander land in Europa, maak die debat daar meer gekompliseerd.
Op Sondag het verskeie politici daar ‘n manifes geteken wat deur die miljoenêr, kind van Algeriese immigrante geskryf is, waarin gevra word vir regstellende aksie programme om die sogenaamde kleurblinde Franse ideaal van gelykheid in realiteit om te skakel vir verstote immigrante.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.