Die besluit volg op 'n soortgelyke aankondiging van Fitch Ratings.
Fitch Ratings het sy gradering van Absa, Investec Bank, Nedbank en hulle beherende maatskappye verander van stabiel na negatief, het die agentskap Dinsdag gesê.
Dit volg op 'n hersiening van die Republiek van Suid-Afrika se soewereine buitelandsevalutalenersverstekgradering van "BBB+" het Fitch Ratings gesê.
Die vooruitsigverandering weerspieël 'n verswakkende makro-ekonomiese omgewing en die verwagte impak op die finansiële optrede en posisie van die banke.
Fitch het gesê dat die globale kredietkrisis na verwagting sal lei tot laer vlakke van aktiwiteit in die huishoudelike ekonomie, wat waarskynlik sal bydra tot die uitdagings wat die banksektor in die gesig staar met die verhoging van rentekoerse en rekordvlakke verbruikerskuld.
Fitch het bygevoeg dat die gradering Standard Bank van Suid-Afrika nie geraak het nie, aangesien hulle gradering reeds in Augustus op die negatiewe skaal geplaas is, asook First Rand Bank en sy beherende maatskappye; beide is in September afgegradeer en is nou as stabiel gegradeer.
"Die graderings wys op toenemende kommer insake die werksomgewing," het Fitch gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.