Maleisi? se inheemse stamme kan uiteindelik grond besit

08:29:10 Maleisië se regering beplan om vir die eerste keer eienaarskap van landbougrond aan inheemse oor te dra in 'n poging om die lewens van die arm stamme te verbeter, het 'n beampte Woensdag gesê.

Omtrent 20 000 families van Maleisië se Orang Asli-stamme sal permanente eienaarskap van sowat 50 000 hektaar grond van 'n landelike gebied ontvang. Dié grond behoort tans aan die regering en is naby aan hulle nedersettings, het Jafar Jantan, 'n regeringswoordvoerder vir die Orang Asli-departement gesê.

"Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Orang Asli die titelaktes tot hulle grond sal besit. Dit sal hulle help om 'n beter inkomste te genereer en aan hulle 'n beter toekoms gee," het Jaafar gesê.

Die Orang Asli, wat beteken "oorspronklike mense" in die Maleisiese taal, bevat omtrent 140 000 mense van 18 etniese groepe, wat almal van Maleisië se armste burgers is. Meeste van hulle beoefen animisme en baie van hulle woon steeds in of naby die reënwoude, waar hulle jag en landbou beoefen.

Menseregteaktiviste het lank reeds gekla dat die Orang Asli-gemeenskappe dikwels op onbillike wyse van staatsbeheerde grond af geforseer word om plek te maak vir ontwikkelingsprojekte.

Die titelaktes gaan waarskynlik aan die Orang Asli-mense oorhandig word teen volgende jaar, het Faafar gesê. Owerhede beplan om kontantgewasse aan te plant soos palms (vir palmolie) en rubberplante, wat die Orang Asli kan verbou vir hulle inkomste oor 'n paar jaar.

принцип ручной дуговой сваркиФильчаков

Afrikanerbond stem saam met naamsveranderinge

08:29:40 Leiers van die Afrikanerbond het op Woensdag ingestem om saam met die regering te werk oor naamsveranderinge in Gauteng, het die provinsiale regering gesê.

Woordvoerder Simon Zwane het gesê die Afrikanerbond het gedurende 'n vergadering met die Gautengse premier, Paul Mashatile,  beloof om die naamsverandering te ondersteun.

"Daar is ooreengekom dat die proses van naamsverandering inklusief moes wees en die geskiedenis en agtergrond van al die mense moes weerspieël," het Zwane gesê.

Die Afrikanerbond het ook ingestem om die regering te help met misdaadvoorkoming, verbetering van onderwys en versnelling van dienslewering.

"Gedurende die vergadering het Mashatile gesê dat die regering saam met die Afrikanerbond sal werk, omdat die regering bekommerd is oor die welstand van die mense," het Zwane verder gesê.

универсальное оборудование для диагностики автомобилейФильчаков прокуратура харьков

Indiese oorlogskip vernietig Somaliese seerowerskip

'n Indiese oorlogskip het 'n Somaliese seerower "moederskip" vernietig na 'n geveg aan die kus van Somalië, het beamptes gesê.

 

Vlootwoordvoerder, Nirad Sinha, het gesê dat die fregat, INS Tabar, laat Dinsdag begin skiet het op die skip in die Golf van Aden, nadat gewapende mans aan boord van die seerowerskip op hulle begin skiet het.

"Die vaartuig was soortgelyk in beskrywing aan die "moedervaartuig" van die seerowers wat in verskeie bulletins genoem is," het Sinha in New Delhi gesê.

"Die INS Tabar het die "moederskip" genader en versoek om te stop vir inspeksie. Na verskeie versoeke het dié vaartuig gedreig dat hulle die oorlogskip sal opblaas indien hulle nader sou kom," het hy gesê.

Seerowers is op die bodek van die vaartuig gesien met RPG's en outomatiese wapens, het hy gesê.

'n Senior vlootbron het gesê dat die oorlogskip swaar kanonne gebruik het om die seerowerskip totaal te vernietig.

"Van wat ons kan sien in foto's is die seerowers se vaartuig totaal vernietig," het die anonieme offisier gesê.

Die Golf van Aden is die effektiewe toegangsbeheerpunt vir die Suezkanaal, wat skepe toelaat om van Europa na Asië te gaan sonder om die langer en veel duurder roete om die suidpunt van Afrika te neem.

NAVO, Amerika en verskeie Europese lande het almal skepe na die streek gestuur om te poog om seerowery daar stop te sit.      

up noлобановский александр жена

Sarkozy red Georgiese leier van erge lot

Image

Saakashwili

Nicolas Sarkozy het die president van Georgië daarvan gered om "aan sy kroonjuwele opgehang te word", 'n dreigement wat verlede somer deur Vladimir Poetin gemaak is, volgens inligting wat gister deur die Élysée-paleis gelek is.

Die Russiese eerste minister het sy plan om van mnr. Saakashwili ontslae te raak bekend gemaak toe mnr. Sarkozy in Augustus in Moskou was om 'n skietstaking in Georgië te reël.

Jean-David Levitte, mnr. Sarkozy se hoofdiplomatieke raadgewer het dié stukkie nuus bekend gemaak in 'n nuustydskrif voor 'n vergadering wat vandag tussen die EU en Rusland moet plaasvind. Die vergadering gaan gelei word deur die Franse leier en president Medwedef.

Met Russiese tenks net 30 myl van Tbilisi af op 12 Augustus, het mnr. Sarkozy aan mnr. Poetin gesê dat die wêreld nie gaan aanvaar dat die Georgiese regering omvergewerp gaan word nie. Volgens mnr. Levitte het die Rus nie bekommerd oor internasionale reaksie geklink nie. "Ek gaan vir Saakashvili aan sy kroonjuwele ophang," het mnr. Poetin gesê.

Mnr. Sarkozy, wat gedink  het dat hy verkeerd gehoor het, het gevra: "Hom hang?"

"Hoekom nie?" het mnr. Poetin geantwoord, "Die Amerikaners het vir Saddam Hoessein gehang."

Mnr. Sarkozy het probeer om met hom te redeneer.

"Ja, maar wil jy soos president Bush opeindig?" het hy gevra.

Mnr. Poetin was vir 'n oomblik stomgeslaan, waarna hy toegegee het dat mnr. Sarkozy "'n punt daar beet het".

Mnr. Saakashwili, wat gister in Parys was om met mnr. Sarkozy te vergader, het senuweeagtig gelag toe 'n radiostasie vir hom die gesprek voorgelees het. "Ek het geweet van die toneel, maar het nie al die besonderhede gehad nie. Maar dit is snaaks," het hy gesê.

Mnr. Sarkozy se span het die gesprek laat uitlek om hulle bewering dat die Franse president se tussenbeidetreding in Georgië, of liewer hulle leier van verdere treitering te red, te versterk. Hulle wil klagtes weerlê dat hy te veel toegegee het in die naam van Europa deur die Russiese anneksasie van die wegbreekprovinsies in Suid-Ossetië en Abkhasië toe te laat.     

камни для баниФильчаков прокурор харькова

Springbok is uit

ImageDie Springbok mag nie meer op die groen-en-goud-baadjies wees nie. Daarmee word 'n hoofstuk van 'n 100 jaar in Suid-Afrikaanse rugby afgesluit.

Die embleem gaan van die bekende baadjies verdwyn. Makhenkesi Stofile, minister van sport en ontspanning, het gesê die springbok moet nie links op die trui wees nie, "hy moet weg”.

Die bok sal nie heeltemal van die nasionale rugbytrui verdwyn nie, maar van die linkerkant na die regterkant oorskuif om vir die protea plek te maak.

Stofile het gesê ’n besluit is in 1991 deur alle Suid-Afrikaanse sportfederasies geneem dat die protea die nasionale sportembleem moet wees. Daar in 1992 en 1996 uitstel aan rugby gegee oor die kwessie, moet die besluit nou deurgevoer word.

Hy het ook gesê die regering is die wettige eienaars van die embleem. Sy departement kon egter nie die nodige bewyse lewer nie.

Luke Watson, wat teen die springbok as embleem gekant is, het gesê hy is verheug oor die uitslag.

купить детские часы для девочекФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ecstacy tablette in sinagoges gevind

Sowat 6000 ecstacy tablette is Vrydag deur polisie in 'n klopjag op twee sinagoges gevind in Rishon Lezion se Shikun Hamizrach gebied in Israel.

Plaaslike polisie , wat 'n paar dae terug 'n wenk ontvang het oor die dwelms, het sowat 3000 Ecstacy tablette en 'n pistool in die plafon van 'n sinagoge in Shivtei Yisraelstraat gevind.

'n Addisionele 3000 pille is in die badkamer by 'n ander nabygeleë sinagoge gevind.

Ondersoekbeamptes het gesê die dwelmhandelaars, wat steeds op vrye voet is, het klaarblyklik beplan om die tablette by 'n partytjie wat in die volgende paar dae gehou sal word te verkoop. 

очистные установкилобановский обыск

Nog klagtes teen Janet Boateng kom aan die lig

Terwyl die departement van buitelandse sake van Brittanje se ondersoek na bewerings oor Janet Boateng, die Britse ambassadeursvrou, voortduur, het twee personeellede na vore gekom en beweer dat hulle eerste amptelike klagte reeds twee jaar terug gemaak is.

Eks-polisievrou, Valerie Botha (44), het gesê dat sy ondervra is deur 'n beampte wat deur die departement van buitelandse sake van Londen af gestuur is.

Op een tydstip, het mev. Boateng, wat alle bewerings ontken, klaarblyklik 'n meningsverskil gehad met mev. Botha.

"Sy was baie gaaf met gaste en diplomate, maar was heeltemal anders met ons en kontrakteurs" het mev. Botha gesê. Sy moes net soos die ander personeel die hoë-kommissaris se vrou as "madam" aanspreek.

Valerie Botha, mev. Boateng se voormalige sosiale sekretaresse, het gesê dat hulle altyd baie gesukkel het om spyseniers te kry, vanweë die manier waarop Boateng teenoor hulle opgetree het.

"Ek weet nie hoekom sy was soos wat sy was nie. Baie kontrakteurs het net op die einde nie opgedaag nie. Ons het baie probleme gehad om spyseniers te kry vanweë die manier waarop daar met hulle gewerk is," het sy gesê.

Mev. Botha het gesê dat haar klagtes personeel in beide die ampswonings in Kaapstad en Pretoria betrek het.

Sy het gesê dat sy deur 'n senior Britse amptenaar meegedeel is dat daar "baie min aan die saak gedoen kan word", omdat mev. Boateng nie 'n beampte in diens van die departement van buitelandse sake was nie.

Twee kokke, 'n landgoedbestuurder en verskeie ander mense, insluitend mev. Botha, het klaarblyklik padgegee as gevolg van die behandeling wat hulle gekry het.

Mev. Botha se klagtes is deur 'n huisbestuurder, Fazley Ismael beaam, wat beweer dat hy ook ervaar het hoe mev. Boateng op huishoudelike personeel geskree het en hulle verbaal afgeknou het, tesame met die vals beskuldigings van diefstal wat sy gerig het.

Hy het in 2005 by die personeel van die hoë-kommissaris aangesluit, en het gesê dat hy na 6 maande bedank het. Hy het gesê mev. Boateng se oënskynlike wantroue in die personeel was 'n konstante verleentheid.

Mnr. Ismael het gesê, "ek onthou 'n partytjie wat ons eenkeer in Kaapstad gehad het vir die opening van die parlement, met ongeveer 800 gaste. Nadat almal weg was, moes ons al die wynbottels uit die asblikke haal en tel om seker te maak dat daar nie een gesteel was nie. Niks was gesteel nie."

"Toe die Boatengs na Engeland toe gegaan het, moes ons al die kaste sluit en silwerware wegbêre, vir ingeval dit dalk gesteel sou word."

Mnr. Ismael het bygevoeg, "op die einde was daar geweldige spanning en mens het nooit presies geweet wat sy wou hê nie. Ons almal was baie ongelukkig."

"Ons moes gevra het vir penne en skryfbehoeftes omdat dit altyd toegesluit was. Dit was belaglik en vernederend."

Mnr. Boateng het in 'n verklaring gesê "My vrou se liefde vir Suid-Afrika en sy mense is welbekend, net soos haar rol in die stryd teen apartheid. Hierdie bewerings is absoluut sonder enige waarheid." 

бассейн циркуляционный насосАлександр Фильчаков Васильевич

Oxford-“rugbyrassiste” kom in lendeklede met swart gesigte

Image

Ons wil ook regstellende aksie h?… Oxford-studente raak swart

09:37:13 Die ekstreme politieke onkorrektheid van die rugbyklub se partytjie het die Oxford-universiteit se owerhede geskok. 'n Afrika-partytjie, bekend as die Safari Bop, is vroeër vanjaar in dié universitieitsoord gehou. Die studente het hulleself swartgesmeer en in lendeklede aangekom.

Verlede week is die rugbyklub gedwing om hulle "Bring 'n fikse Jodin na aandete"-partytjie se naam te verander na "Bring 'n fikse meisie na aandete", ná klagtes van die universiteit se Joodse gemeenskap, waaronder die kampusrabbi, Aaron Katchen.

Yair Zivan, van die Unie van Joodse Studente, het gesê dat daar werklik aanstoot gegee is met die partytjie se naam.

"Die unie is geskok dat in 2008 ou mites en anti-Semitiese stereotipes steeds verskyn onder studente wat veronderstel is om opgevoed te wees," het hy gesê.

Ten spyte van die oproer het 'n paar studente steeds "in kostuum" by die partytjie opgedaag by 'n kerrie-restaurant in die stad verlede Woensdag – met een wat beskryf is as geklee in 'n "karikatuur van Joodse klere", asook 'n geldsak. Die partytjie se naam is wel verander na "Bring 'n geskikte meisie na aandete".

Volgens die universiteit se dissiplinêre reëls, kan streng optrede teen studente geneem word wat hulleself wangedra. Hulle kan beboet word, vir 'n tydperk van die universiteit verban word en in ekstreme gevalle selfs geskors word.  

мойка оборудованияФильчаков прокуратура харьков

Drie versekeraars onttrek versekering van GM en Ford

Drie groot Europese kredietversekeraars het hulle dekking van die Amerikaanse motorvervaardigers, General Motors en Ford, wat albei erge finansiële probleme ondervind, onttrek, het die Financial Times berig.

Die onttrekking van kredietversekering wat handelaars daarteen beskerm indien die vervaardigers sou vou, is deur Euler Hermes, Atradius en Coface gedoen, wat meer as 80% van die wêreld se kredietversekeringsmark beheer, het die koerant gesê.

Die drie maatskappye weier om enige polisse vir handelaars te verskaf met GM en Ford as verskaffers, het die koerant gesê, sonder om enige bronne aan te haal.

"Ons lewer nie kommentaar oor enige individuele maatskappye nie," het Atradius in 'n e-pos verklaring gesê.

Dit het verder bygevoeg: "Die huidige ekonomiese klimaat is baie taai en motorvervaardigers is deel van die bedrywe wat deur die vertraging in die ekonomie getref is. Ons onttrek dekking in sommige gevalle as laaste uitweg, maar ons werk steeds saam met besighede om handel so lank as moontlik te kan laat voortduur."

Niemand by Euler Hermes en Coface is onmiddellik toegelaat om kommentaar te lewer nie.

GM en Ford is twee van die grootste groepe wat ooit op die swartlys geplaas is, het die Financial Times gesê, en bygevoeg dat die onttrekking van dekking hoofsaaklik groot maatskappye in Europa sal raak, waar die grootste deel van hulle besigheid is.

Amerikaanse handelaars werk meestal sonder versekering, het die koerant gesê.

Vroeër dié week het Atradius gesê dat hulle hul kredietversekerignsdekkint onttrek het van maatskappye wat handelaars voorsien, wat ook 'n invloed het op aandele in die Britse elektriesegoederehandelaar, DSG International Plc. 

обслуживание дизелныхданильченко юрій броніславович компромат

Cholera steek die grens oor

Volgens onbevestigde gerugte is soveel as 30 mense reeds in die omtrek van Musina, Limpopo, aan cholera dood. Dié siekte het nou die Zimbabwiese grens oorgesteek waar dit uitgebreek en verprei het.

Mnr. Phuti Seloba, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid van Limpopo, het aan Beeld bevestig dat 19 mense oorlede is. Hulle is glo besig om toetse op die drinkwater in die gebied uit te voer om vas te stel hoe ernstig die uitbraak is.

Zimbabwiese ambulanse het cholera-pasiënte oor die grens vervoer, omdat die hospitale se krag is glo afgeskakel is in die buurland. Volgens Beeld bars Musina-hospitaal uit sy nate en siekes lê in die gange waar hulle wag vir behandeling. ’n Hospitaalbeampte het gesê hulle het opdrag ontvang om nie meer die pasiënte op te neem nie.

Die skouterrein waar die Zimbabwiese vlugtelinge bly, is van 'n stank omgewe wat volgens inwoners onuithoudbaar is.  Daar geen sanitasiegeriewe of lopende water nie.

 
Volgens die Franse hulporganisasie, Dokters sonder gtrense, is 1,4 miljoen mense in Zimbabwe tans blootgestel aan die risiko van cholera. Die siekte is endemies op die platteland van daardie land maar weens die verval van die infrastruktuur in die stede, is die drinkwater nie meer veilig nie.

купить инверторный сварочный аппаратданильченко юрій броніславович