Maleisi? se inheemse stamme kan uiteindelik grond besit

08:29:10 Maleisië se regering beplan om vir die eerste keer eienaarskap van landbougrond aan inheemse oor te dra in 'n poging om die lewens van die arm stamme te verbeter, het 'n beampte Woensdag gesê.

Omtrent 20 000 families van Maleisië se Orang Asli-stamme sal permanente eienaarskap van sowat 50 000 hektaar grond van 'n landelike gebied ontvang. Dié grond behoort tans aan die regering en is naby aan hulle nedersettings, het Jafar Jantan, 'n regeringswoordvoerder vir die Orang Asli-departement gesê.

"Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat die Orang Asli die titelaktes tot hulle grond sal besit. Dit sal hulle help om 'n beter inkomste te genereer en aan hulle 'n beter toekoms gee," het Jaafar gesê.

Die Orang Asli, wat beteken "oorspronklike mense" in die Maleisiese taal, bevat omtrent 140 000 mense van 18 etniese groepe, wat almal van Maleisië se armste burgers is. Meeste van hulle beoefen animisme en baie van hulle woon steeds in of naby die reënwoude, waar hulle jag en landbou beoefen.

Menseregteaktiviste het lank reeds gekla dat die Orang Asli-gemeenskappe dikwels op onbillike wyse van staatsbeheerde grond af geforseer word om plek te maak vir ontwikkelingsprojekte.

Die titelaktes gaan waarskynlik aan die Orang Asli-mense oorhandig word teen volgende jaar, het Faafar gesê. Owerhede beplan om kontantgewasse aan te plant soos palms (vir palmolie) en rubberplante, wat die Orang Asli kan verbou vir hulle inkomste oor 'n paar jaar.

принцип ручной дуговой сваркиФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae