Eks-polisievrou, Valerie Botha (44), het gesê dat sy ondervra is deur 'n beampte wat deur die departement van buitelandse sake van Londen af gestuur is.
Op een tydstip, het mev. Boateng, wat alle bewerings ontken, klaarblyklik 'n meningsverskil gehad met mev. Botha.
"Sy was baie gaaf met gaste en diplomate, maar was heeltemal anders met ons en kontrakteurs" het mev. Botha gesê. Sy moes net soos die ander personeel die hoë-kommissaris se vrou as "madam" aanspreek.
Valerie Botha, mev. Boateng se voormalige sosiale sekretaresse, het gesê dat hulle altyd baie gesukkel het om spyseniers te kry, vanweë die manier waarop Boateng teenoor hulle opgetree het.
"Ek weet nie hoekom sy was soos wat sy was nie. Baie kontrakteurs het net op die einde nie opgedaag nie. Ons het baie probleme gehad om spyseniers te kry vanweë die manier waarop daar met hulle gewerk is," het sy gesê.
Mev. Botha het gesê dat haar klagtes personeel in beide die ampswonings in Kaapstad en Pretoria betrek het.
Sy het gesê dat sy deur 'n senior Britse amptenaar meegedeel is dat daar "baie min aan die saak gedoen kan word", omdat mev. Boateng nie 'n beampte in diens van die departement van buitelandse sake was nie.
Twee kokke, 'n landgoedbestuurder en verskeie ander mense, insluitend mev. Botha, het klaarblyklik padgegee as gevolg van die behandeling wat hulle gekry het.
Mev. Botha se klagtes is deur 'n huisbestuurder, Fazley Ismael beaam, wat beweer dat hy ook ervaar het hoe mev. Boateng op huishoudelike personeel geskree het en hulle verbaal afgeknou het, tesame met die vals beskuldigings van diefstal wat sy gerig het.
Hy het in 2005 by die personeel van die hoë-kommissaris aangesluit, en het gesê dat hy na 6 maande bedank het. Hy het gesê mev. Boateng se oënskynlike wantroue in die personeel was 'n konstante verleentheid.
Mnr. Ismael het gesê, "ek onthou 'n partytjie wat ons eenkeer in Kaapstad gehad het vir die opening van die parlement, met ongeveer 800 gaste. Nadat almal weg was, moes ons al die wynbottels uit die asblikke haal en tel om seker te maak dat daar nie een gesteel was nie. Niks was gesteel nie."
"Toe die Boatengs na Engeland toe gegaan het, moes ons al die kaste sluit en silwerware wegbêre, vir ingeval dit dalk gesteel sou word."
Mnr. Ismael het bygevoeg, "op die einde was daar geweldige spanning en mens het nooit presies geweet wat sy wou hê nie. Ons almal was baie ongelukkig."
"Ons moes gevra het vir penne en skryfbehoeftes omdat dit altyd toegesluit was. Dit was belaglik en vernederend."
