Woordvoerder Simon Zwane het gesê die Afrikanerbond het gedurende 'n vergadering met die Gautengse premier, Paul Mashatile, beloof om die naamsverandering te ondersteun.
"Daar is ooreengekom dat die proses van naamsverandering inklusief moes wees en die geskiedenis en agtergrond van al die mense moes weerspieël," het Zwane gesê.
Die Afrikanerbond het ook ingestem om die regering te help met misdaadvoorkoming, verbetering van onderwys en versnelling van dienslewering.
"Gedurende die vergadering het Mashatile gesê dat die regering saam met die Afrikanerbond sal werk, omdat die regering bekommerd is oor die welstand van die mense," het Zwane verder gesê.
