Sarkozy red Georgiese leier van erge lot

Image

Saakashwili

Nicolas Sarkozy het die president van Georgië daarvan gered om "aan sy kroonjuwele opgehang te word", 'n dreigement wat verlede somer deur Vladimir Poetin gemaak is, volgens inligting wat gister deur die Élysée-paleis gelek is.

Die Russiese eerste minister het sy plan om van mnr. Saakashwili ontslae te raak bekend gemaak toe mnr. Sarkozy in Augustus in Moskou was om 'n skietstaking in Georgië te reël.

Jean-David Levitte, mnr. Sarkozy se hoofdiplomatieke raadgewer het dié stukkie nuus bekend gemaak in 'n nuustydskrif voor 'n vergadering wat vandag tussen die EU en Rusland moet plaasvind. Die vergadering gaan gelei word deur die Franse leier en president Medwedef.

Met Russiese tenks net 30 myl van Tbilisi af op 12 Augustus, het mnr. Sarkozy aan mnr. Poetin gesê dat die wêreld nie gaan aanvaar dat die Georgiese regering omvergewerp gaan word nie. Volgens mnr. Levitte het die Rus nie bekommerd oor internasionale reaksie geklink nie. "Ek gaan vir Saakashvili aan sy kroonjuwele ophang," het mnr. Poetin gesê.

Mnr. Sarkozy, wat gedink  het dat hy verkeerd gehoor het, het gevra: "Hom hang?"

"Hoekom nie?" het mnr. Poetin geantwoord, "Die Amerikaners het vir Saddam Hoessein gehang."

Mnr. Sarkozy het probeer om met hom te redeneer.

"Ja, maar wil jy soos president Bush opeindig?" het hy gevra.

Mnr. Poetin was vir 'n oomblik stomgeslaan, waarna hy toegegee het dat mnr. Sarkozy "'n punt daar beet het".

Mnr. Saakashwili, wat gister in Parys was om met mnr. Sarkozy te vergader, het senuweeagtig gelag toe 'n radiostasie vir hom die gesprek voorgelees het. "Ek het geweet van die toneel, maar het nie al die besonderhede gehad nie. Maar dit is snaaks," het hy gesê.

Mnr. Sarkozy se span het die gesprek laat uitlek om hulle bewering dat die Franse president se tussenbeidetreding in Georgië, of liewer hulle leier van verdere treitering te red, te versterk. Hulle wil klagtes weerlê dat hy te veel toegegee het in die naam van Europa deur die Russiese anneksasie van die wegbreekprovinsies in Suid-Ossetië en Abkhasië toe te laat.     

камни для баниФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae