Oud-president Carter mag nie na Zim reis

President Robert Mugabe van Zimbabwe, wat op 84 jaar steeds aan mag vashou na 28 jaar se regering, het 'n ander oud-president, Jimmy Carter, ook 84, verhoed om dié land binne te kom.

Carter het gesê dat dit vir hom 'n nuwe ervaring was, aangesien hy nog nooit 'n visum geweier is nie.

Mugabe se besluit is 'n aanduiding van die Zimbabwiese leiers se minagting vir internasionale menings, op 'n tydstip wat groeiende hongersnood, hiperinflasie en die ineenstorting van die gesondheidsisteem en onderwys die land reeds verlam het.

Hy het geweier dat 'n humanitêre besoek deur Carter, Kofi Annan en Graca Machel voortgaan.

Mugabe het geweier dat hulle in die land per vliegtuig aankom, het hulle gesê, ten spyte van tussenbeide-treding van Suid-Afrika se huidige president, Kgalema Motlanthe en sy voorganger, Thabo Mbeki.

Mbeki is tans besig met mediasie  in die magsdelingsgesprekke tussen Mugabe en Morgan Tsvangirai, die opposisieleier wat hom in die Maart verkiesings geklop het.

Carter het gesê dat Zimbabwe se ambassadeur in Washington hom meegedeel het dat hy nie 'n visum sal kry nie, nadat hy al weke terug vir een aansoek gedoen het.

Die staatsbeheerde Heraldkoerant, het Donderdag berig dat die drie aangesê is om later te kom vir hulle besoek, aangesien die regering besig was met die magsdelingsonderhandelings en die plantseisoen.

family guy slotпрокурор Фильчаков

Duits-Egiptiese duikboottransaksie bekommer Israel

ImageKaïro het volgens amptenare gesprekke met Berlyn aangeknoop met die doel om vir die Egiptiese vloot 'n paar Dolphin-klas duikbote, wat gereken word as een van die beste dieselaangedrewe duikbote in die wêreld, aan te koop.

Egipte stel blykbaar belang daarin om sy vloot verouderde duikbote op te gradeer, hoewel amptenare dit vreemd vind dat Kaïro daarna kyk om presies dieselfde duikbote te koop as wat Israel het.

Israel het tans drie Dolphin-klas duikbote wat in Duitsland gemaak is. Die konstruksie van nog twee duikbote wat na die tweede Libanon-oorlog in 2006 begin is, behoort in 2010 voltooi te wees.

Volgens buitelandse mediaverslae, het Israel se duikbote die kapasiteit om 'n "tweede aanslag" te loods in die geval waar Israel die teiken word van 'n kernaanval.

Die Dolphin-klas duikbote is die duurste wapenplatforms in die Israelse weermag. Duitsland het die eerste twee aan Israel geskenk na die eerste Golfoorlog, en die koste van die derde een gedeel tussen die twee lande.

Die drie duikbote in die Israeli vloot werk op 'n diesel-elektriese aandrywingstelsel, wat vereis dat hulle op 'n gereelde basis na die oppervlak kom om die batterye wat hulle onderwater aandryf, te kan laai.

Die twee Israeli duikbote wat nog onder konstruksie is, gaan met nuwe tegnologie toegerus word wat 'n dieselkragopwekker wat loodsuur batterye laai, en 'n lug-onafhanklike aandrywingsisteem wat gebruik word vir stilaandrywing asook 'n brandstofsel wat toegerus is met suurstof- en waterstofberging sal huisves.

Verdedigingsowerhede in Israel is bekommerd oor Egipte se versoek om die Duitse duikbote te koop.

Egipte het 'n groter vloot as Israel, insluitende 'n klomp groot fregatte en vier Russiesvervaardigde Romeo-klas duikbote. Indien die transaksie sou voortgaan, sal die balans van mag in die Midde-Ooste geaffekteer word.

Met die nuwe duikbote sal Egipte in staat wees om koverte inligting te versamel teen Israel.

Die Duitse Dolphin-klas duikbote is een van die bestes in die wêreld en sal aan die Egiptenare die vermoë gee om hoofseeroetes en hawens te kan blokkeer. Dit is amper onmoontlik om 'n aanval van 'n duikboot af te weer. 

игра пазлы для детейДанильченео

Meksiko arresteer sy Interpolhoof

Meksiko het verlede week sy hoof van Interpol gearresteer omdat hy klaarblyklik saam met 'n groot dwelmsindikaat gewerk het. Daarna is die weermag ingestuur om die polisiediens oor te neem in Tijuana as die volgende stap om korrupte geregsdienaars uit te snuffel.

Ricardo Gutierrez was Meksiko se verteenwoordiger by Interpol, die wêreld se grootste internasionale polisiemag, en die mees onlangse toppolisieman wat toegesluit is omdat hy verdink word dat hy saam met dwelmsmouse werk.

In Oktober is twee vooraanstaande agente tronk toe gestuur omdat hulle omkoopgeld van tot $450 000 per maand gekry het van die Beltran Levya-sindikaat om intelligensie omtrent polisieaksies aan die groep te verskaf.

Die Beltran Leyva broers het onlangs van die Sinaloadwelmkartel weggebreek. Dié kartel wat deur Meksiko se mees gesoekte man, Joaquin "Shorty" Guzman beheer word, het ook omkoopgeld aan Guiterrez betaal, het staatsaanklaers gesê.

Wydverspreide korrupsie onder Meksiko se swakbetaalde polisie ondermyn president Felipe Calderon se pogings om met die hulp van die weermag oorlog te verklaar teen dwelmbendes, wat die jaar reeds meer as 4 300 lewens geneem het.

Korrupsie onder die polisie het Calderon gedwing om na die weermag, wat as minder korrup beskou word, te kyk in die stryd teen die gewelddadige kartels toe hy in 2006 die presidentskap oorgeneem het.

Soldate het 500 plaaslike polisielede verwyder en wetstoepassing oorgeneem in die gewelddadige stad, Tijuana, op die grens tussen Meksiko en Amerika.

In Tijuana is die endemiese polisiewerk so sleg, dat sommige polisiebeamptes openlik as moordenaars vir die dwelmbendes werk.

Weermaghoofde het 'n kwart van die munisipale polisiemag se mense geskors en soldate en vlootoffisiere het begin om van die stad se gevaarlikste gebiede te patrolleer, het die weermag gesê.     

детский игры для девочекДанильченко Юрий отзывы

Kabeldiefstal kos miljoene per jaar

Kabeldiefstalle kos die eThekwini munisipaliteit omtrent R100 miljoen per jaar, met sommige gebiede wat soveel as vier keer per week deurloop, het die Mercury Vrydag in 'n berig gesê.

Roy Wienand, die hoof van die eThekwini munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling, het gesê dat ylbewoonde gebiede en elektries-infrastruktuur wat langs suikerriet lande geleë is baie maklike teikens is vir kabeldiewe.

Die stad het meer as 50 koperdiefstal sake hangende, waarvan 18 sake teen een persoon is.

"Dit kos 20 keer meer om gesteelde koper te vervang. R5000 se koper kos R100 000 om te vervang. Ons is baie bekommerd daaroor. Dit is hoofsaaklik 11 000 volt kabels wat gesteel word," het Wienand gesê.

Hy skryf die styging in koperdiefstal toe daaraan dat die skrootmetaal bedryf in die afgelope jare so winsgewend geword het. 

опции иАлександр Фильчаков

Nasperskoerante skuif na links met nuwe aanstellings

Image

Liza Albrecht

07:41:26 Nasionale Pers, die land se grootste mediagroep wat ook die meeste Afrikaanse koerante en tydskrifte beheer, het 'n redakteurskommeling by Rapport en Beeld aangekondig wat 'n beduiende skuif na links verteenwoordig.

Liza Albrecht, die 34-jarige redaktrise van die nasionale bylaag By wat tans op Saterdae in die groep se drie dagblaaie (Die Burger, Beeld en Rapport) versprei word, word bevorder tot redakteur van Rapport. Tim du Plessis, die Sondagblad se huidige redakteur, sal voortaan die leisels by Beeld oorneem.

Die huidige redakteur van Beeld, Peet Kruger, word as oorhoofse redakteur van al vier koerante – Beeld, Die Burger, Volksblad en Rapport – aangestel. Kruger is ook bekend vir sy mening dat die Afrikaner uit Suid-Afrika gaan verdwyn;vandaar ook die konstante gebruik van die terme "Afrikaanse" in Beeld.

Kruger se aanstelling het spekulasie laat ontstaan dat Nasionale Pers dalk van plan is om die drie Afrikaanse dagblaaie in een nasionale koerant te konsolideer. Dit sal aansienlike kostebesparings meebring. Die sakegedeelte van die drie koerante word reeds op dié grondslag uitgegee en lesers in die PWV, Bloemfontein en Kaapstad sien elke dag dieselfde sakebylaag in hul onderskeie koerante.

Die verskuiwing na Beeld verteenwoordig waarskynlik 'n demovering vir Du Plessis. Oor die afgelope jaar of twee het Du Plessis kritiese kommentaar in Rapport oor die ANC begin lewer, wat waarskynlik hoër op in die mediagroep nie gewaardeer is nie. Indien die drie dagblaaie in een nasionale koerant gekonsolideer word, sal Du Plessis waarskynlik ook sy pos kwyt wees, synde 'n middeljarige blanke man. In so 'n geval sal die kleurlingredakteur van Die Burger, Henry Jeffreys, volgens transformasiereëls bevorder word tot nasionale redakteur, terwyl Rapport onder leiding van 'n vrou sal verkeer.

Onder Jeffreys se redakteurskap het Die Burger reeds 'n beduidende verskuiwing na links ondergaan, maar te oordeel aan die huidige inhoud van By, gaan Rapport die ergste deur die skommeling geraak word. Die redaksionele beleid van By onder Liza Albrecht kan as "anti-Afrikaner, met voorwaardelike steun aan die ANC" beskryf word. In sy politieke kommentaar tot dusver het By die Mbeki-faksie van die ANC ondersteun en weifel tans tussen die partye van Zuma en Lekota.

Albrecht se gunstelingrubriekskrywers in By  is Max du Preez, Christi van der Westhuizen en ds. Nico Smith wat elkeen so te sê weekliks in die bylaag skryf. Al drie is uitgesproke anti-Afrikaners wat die verdwyning van Afrikaanse plekname, die Afrikanerkultuur en enigeen wat hom- of haarself as Afrikaner sien, voorstaan.

Na verwagting sal Christi van der Westhuizen veral eersdaags 'n rubriek in Rapport ontvang waarin sy haar tirades jeens Afrikaners en hul gewaande "rassisme" sal voortsit.

Benewens die politieke verskuiwing na links, word die skommeling ook deur ekonomiese en tegnologiese oorwegings genoodsaak, ten minste volgens die oorhoofse redakteur, Peet Kruger.

In 'n berig in Die Burger het Kruger hom soos volg uitgelaat:

“Wêreldwyd moet koerante pynlike aanpassings doen om die oorgang te maak van ‘n papier-koerant na ‘n nuusorganisasie wat nuus 24 uur van die dag winsgewend op papier, die internet, selfone en ander kanale aanbied. Ons posisioneer ons om daardie aanpassings pro-aktief te doen.

“Soos alle ander veranderingsprosesse sal dit pynlik wees, maar ons moet dit doen as ons in die toekoms so suksesvol wil wees as wat ons tot dusver was. Media24 en Naspers se visie om pro-aktief op te tree, beteken daar is hoop vir die toekoms van goeie joernalistiek in Afrikaans.”

Image

Fran?ois Groepe

Die hoofuitvoerendebeampte van Media24, François Groepe, het gesê wêreldwyd is mediamaatskappye besig om hul sakemodelle by gebruikerspatrone aan te pas. “Ons visie is om ons nuusaanbod verder te versterk deur nuus 24 uur per dag beskikbaar te stel, ongeag die platform en sodoende ons posisie as toonaangewende mediamaatskappy gestand te doen.

“Hierdie aanstellings is ‘n opwindende ontwikkeling vir die maatskappy. Nie net stel ons twee deurwinterde redakteurs in senior posisies aan nie, maar ook die eerste vrou wat Rapport se leisels gaan oorneem.”

Koerante se sirkulasie is wêreldwyd besig om te taan terwyl al hoe meer lesers hul tot die internet wend as hul primêre bron van nuus. Die huidige skommeling by Media24, hoewel ten dele ideologies gedrewe om die groep al hoe nader aan die ANC-bewind te posisioneer en meer vyandig teenoor die land se oorblywende Afrikaners (wat nog in groot getalle die mediagroep se koerante en tydskrifte koop), verteenwoordig ook 'n strategie om die gedrukte media "af te bestuur" ten gunste van die internet.

Оборудование лобановский александр игоревич класс

Skielik-regter kry doodsdreigemente

Die regter en aanklaer in die Skieliksaak is onder polisiebewaking nadat hulle doodsdreigemente ontvang het.

Supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder van Noordwes, sê regter Ronald Hendricks het Woensdag 50 oproepe op sy selfoon ontvang waarin hy met die dood gedreig is as hy Johann Nel lewenslank tronk toe stuur.

Adv. Sello Maema, die aanklaer, het volgens Metsi soortgelyke dreigemente ontvang.

Nel is Vrydag tot vier maal lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die regter, die aanklaer én hul gesinne is tans onder polisiebewaking. Die saak word ondersoek .

развивающие игры для девочекиДанильченко Юрий Брониславович

Meer as 130 Britse families per dag verloor hulle huise

Image

Huise te koop in Engeland

14:40:27 Een uit vyf huise op die Britse mark word te koop aangebied omdat die eienaars nie meer die verbandpaaiemente kan bybring nie. Ten minste 5000 eiendomme word elke week verkoop volgens 'n ondersoek deur die Nasionale Vereniging vir Eiendomsagente.

Meer as die helfte van agente beweer dat een uit vyf verkopers sukkel om verbandbetalings by te hou.

Meer as 130 families per dag verloor hulle huise aan banke en bouverenigings, sal skokkende syfers vandag bekendmaak.

Dié syfers wys dat 'n groeiende hoeveelheid mense nou die prys betaal daarvoor dat hulle ekstra-groot lenings geneem het gedurende die bloeityd in die eiendomsmark.

Die verslag van die Raad vir Verbandleners sal wys dat terugneem van wonings omtrent 70% hoër is as verlede jaar, met 45 000 teenoor 26 200.

Die situasie kan selfs nog vererger teen volgende jaar, met omtrent 1,5 miljoen Britte wat hulle werk kan verloor teen 2010.

'n Ander verslag toon dat die verlaging in huispryse baie ernstiger kan wees as wat eiendomsagente dink.

Halifax en Nationwide het albei gesê dat huispryse met 15% gedaal het oor die afgelope jaar. Maar pryse van huise wat op veilings verkoop word, vertel "die ware verhaal" volgens kenners, wat van mening is dat pryse ten minste twee keer soveel gedaal het.  

магазины игрушек украинаданильченко юрій Харків

Skielik-skieter kry 4 keer lewenslank

Image

Johan Nel

14:28:17 Johan Nel, die Skielik-skieter, sal die res van sy lewe agter tralies deurbring. Die hooggeregshof in Mmabatho het hom Vrydag tot meer as 100 jaar tronkstraf gevonnis.

Nel het Enoch Tshepo Motshelanoka(10), Anna Moiphitlhi (31), haar driemaande-oue baba Kegitlho Eizabeth Moiphitlhi en Sivuyile Banani (35) in 'n rassegeïnspireerde voorval in die Skielik-nedersetting buite Swartruggens op 14 Januarie doodgeskiet.

Nog agt mense is gewond in die aanval en daar is op nog drie geskiet.

Nel het vier lewenslange vonnisse gekry vir die vier moorde, het die Times berig.

Hy is 'n addisionele vonnis van 68 jaar opgelê vir die 8 pogings tot moord en vier jaar elk vir die drie ander klagte.

Hy het ook vyf jaar gekry vir die besit van 'n vuurwapen en drie jaar vir die besit van ammunisie. Die klag van eiendomsbeskadiging is teruggetrek.

игры для дивчатоклобановский александр отзывы

Sterftes in myne moet gestraf word

Image13:43:32 Daar is 'n menslike tol daaraan om vir goud te delf in Suid-Afrika. Terwyl die sterftesyfers minder word, is dit steeds hoog genoeg dat die parlement vandeesweek maatreëls oorweeg om uitvoerende beamptes by myne te dreig met tronkstraf vir sterftes in hulle myne.

'n Nasionale kommissie in 1995 het bevind dat 69 000 mynwerkers in Suid-Afrika tussen 1900 en 1993 dood is, en dat 25 keer soveel mense beseer is, die oorgrootte meerderheid terwyl hulle goud ontgin het. Dié syfers sluit nie diegene in wat ly aan longsiektes en doofheid as gevolg van geraas nie.

Die syfers van mynsterftes vergelyk "sleg met die meeste ander lande in die wêreld", het die kommissie bevind.

Sedert 1995 het veiligheidsmaatreëls die sterftesyfer heelwat verminder van 'n gemiddeld van 742 na 220.

Die nuwe wetgewing kan maatskappy-uitvoerendebeamptes aan tronkstraf van tot 5 jaar onderwerp, of boetes van Rm3 instel, wat administrateurs in kantore krimineel strafbaar sal hou vir ongelukke in die warm ondergrondse tonnels.

"Ons het lank gewerk vir dié strawwe," het Lesiba Seshoka, 'n woordvoerder van die Nasionale Unie van Mynwerkers gesê. Die Unie verteenwoordig die meerderheid van die land se 465 000hoofsaaklik swart mynwerkers.

Die meeste mynmaatskappye sê hulle is lankal reeds meer veiligheidsbewus en staan die nuwe beoogde maatreëls teen.

освобождение от физкультуры в школепрокурор Фильчаков

294 Mense dood aan cholera, s? Amerikaanse ambassadeur

Image13:20:33 Die Amerikaanse ambassadeur in Harare, James McGee, het Donderdag gesê dat 294 sterftes aan cholera reeds in Zimbabwe aangemeld is, te midde van sowat 1200 gevalle van dié siekte wat aangemeld is.

"Die water- en sanitasiesituasie het handuit geruk," het McGee aan Washingtonse verslaggewers gesê in 'n satellietkonferensie.

"Daar is meer as 1200 bevestigde gevalle van cholera, en meer as 2500 onbevestigde gevalle," het McGee gesê.

Beamptes in Harare het gesê die uitbraak van cholera in Zimbabwe in die laaste maand het nou ten minste 90 lewens geëis, insluitend 3 sterftes van Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika was.

Ten minste 37 mense het by Beitbrug gesterf. Die dorp is op die grens met Suid-Afrika, het die minister van gesondheid, Dawid Parirenyatswa, oor die nasionale radio gesê.

Drie Zimbabwiërs het in Musina in Suid-Afrika gesterf, het beamptes daar bekend gemaak.

Nog 37 dood is in Harare, terwyl 'n nuwe uitbraak in die stad Gweru nog 13 lewens geëis het, het die staatsmedia Donderdag berig.

Dokters sonder grense het Dinsdag gewaarsku dat 1,4 miljoen mense in Harare erg blootgestel is en dat gevalle van cholera so ver suid as in Durban aan die Suid-Afrikaanse suidooskus aangemeld is.  

play crownдепутат лобановский