Afrikaners is nie hulpeloos nie

Tertia van Reenen, in haar brief: Tutu is geen Christen (17 Feb 2008), maak die gevaarlike stelling dat die Afrikaner "tans so hulpeloos soos 'n pasgebore baba sy lot afwag".

Dit mag dalk waar wees dat ons tans oor geen politieke en militere mag beskik nie. Maar ons mag wat tans nog in ons beursies lê, tel meer vir 'n "regering" wat geen brieke het as dit by spandabelrigheid kom nie. Solank die blanke voortgaan om sy eie ondergang deur middel van ekonomiese samewerking met die ANC te bewerkstellig is ons op 'n afdraande pad.

Daar word in Engels gesê dat: "A lie, repeated often enough, becomes the truth." Ons mag nie die leun verkondig dat ons 'n verslane volk is nie. Ons moet besef, en die woord uitdra, dat, saam met God, is ons teen die hele wêreld vry. Ons het, ons kan en ons sal oorwin. Sodra 'n gees van oorwonnenheid ons beetpak, sal dit verby wees.

Ek wil graag alle blankes aanmoedig om, waar ookal moontlik, die geldkraan vir die bose magte toe te draai. Dis jou geld, maak seker waar jy dit uitgee.

how to buildДанильченко Юрий Брониславович

Tutu is geen Christen

Ek stem saam met Gustav Venter wat biskop Desmond Tutu se Christenskap bevraagteken en wonder wanneer hy hom gaan bekeer. Tutu gebruik bloot die Bybel en die Christelike geloof om politiek te bedryf. Op 'n stadium het hy dan iets gesê in die trant dat die Bybel 'n beter wapen as Karl Marx se Das Kapital is om 'n revolusie in Suid-Afrika te bewerkstellig.

Die Anglikaanse kerk het noue bande gehad met die ANC se stedelike terreurgroepe wat in die verlede onskuldige burgerlikes vermoor het. Tutu het self nog nooit geweld afgesweer nie. As hy vir enigiemand bid, bid hy waarskynlik vir die plaasmoordenaars wat ons mense doodmartel.

Alwyn Mouton se brief spreek van volslae naïwiteit, iets waaraan baie Afrikaners helaas ly. Tutu is net so min 'n Christen as wat Robert Mugabe een is. Immers het Mugabe ook in sendingskole skoolgegaan en is deur Roomse priesters opgevoed. Tutu is deur Aartsbiskop Trevor Huddleston van die Anglikaanse kerk opgelei om die Afrikaner te vernietig.

Hoewel die Afrikaner oor geen politieke of militêre mag meer beskik nie en tans so hulpeloos soos 'n pasgebore baba sy lot afwag, is Tutu nog nie klaar met ons nie. Sy onlangse verskyning by 'n NG Kerk in Pretoria is maar deel van die sielkundige oorlog wat hy al dekades lank teen die Afrikaner voer en waarvan die Waarheidskommissie 'n integrale deel was.

Om die Rooi Priester se uitsprake op sigwaarde op te neem, moet mens óf baie naïef óf onnosel wees.

компрессор для пескоструяФильчаков

Is Gustav Venter ‘n Christen?

Die rubriek van Gustav Venter oor Aartsbiskop Tutu is die grootste klomp snert wat ek in 'n lang tyd gelees het. Die man klink amper soos ons eie Malema met die kragdadige aanval op die persoon van 'n ou man wat al meer vir die kerk en sy mense gedoen het as wat Venter ooit sal. Dit laat mens dan ook wonder wie sy volgende slagoffer gaan wees.

Gustav se weerbarstige geworstel om Tutu se Christenskap te probeer bevraagteken, is erg verdag aangesien hy nêrens in sy skrywe hoegenaamd 'n aanduiding gee of hy wel een is nie. Indien hy daarop sou aandring dat hy wel een is, sou dit hom 'n patetiese figuur laat. Die Christen met die ystersaaglemtong, gereed om enige ander mens se christenskap te bevraagteken.

As hy praat van die "ons" wat wag vir Tutu om hom te bekeer, wonder ek wie almal deel van die groepie is wat in afwagting sit. Hy waarsku dat hoogmoedigheid nie deel van die Christenmondering is nie, maar in sy skrywe maak hy homself telkens daaraan skuldig.

Ek sou dink verwaandheid hoort ook nie by Christenskap nie, Gustav. As jy niks het om te sê nie, bly eerder stil. Jy verraai jou eie swakhede aan mense wat dit dalk vorentoe gaan uitbuit. Vernaamlik nie-christene.

освещение сауны парнойФільчаков Олександр Васильович прокурор

Meer aggressie nodig vir volkstaat

ImageSuid Afrika raak 'n groter gemors. Gustav Venter se rubriek oor Tutu gee mens hoop dat daar nog 'n paar enersdenkendes is.

Ek is 'n groot voorstander vir 'n volkstaat, maar raak ook bekommerd dat ons vermoë om eie grondgebied te bekom al hoe swakker word. 'n Volkstaat sal nie sonder 'n Afrikanerrewolusie kan realiseer nie en ons doen ook te min deur formele strukture om ons saak by die VN en ander lande te bevorder. Die voormalige Volksfront het groot werk gedoen om 'n basis vir 'n volkstaat te skep.

Ons hoef nie alles weer oor te doen nie en kan bou op wat reeds bestaan. Briewe en menings gaan nie die Afrikaner lei na 'n volkstaat toe nie, georganiseerde strukture moet gesamentlik en afsonderlik die kwessie met aggressie aanpak.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеФільчаков прокурор

Bring die doodstraf terug

Kort gelede was 'n TV-program oor toestande in gevangenisse in die VSA te sien.

Ek glo dieselfde probleme  heers ook hier, nl. oovol tronke, misdadigerbendes in die tronke en geen beskerming aan gevangenes teen geharde bloubaadjies nie. Van rehabilitasie is geen sprake nie, en 'n meer ontmenslikende ervaring kan mens jou kwalik indink. 'n  Tronk-alumnus is vir die res van sy lewe geknak, en die stigma maak dit vir hom feitlik onmoontlik om werk te kry. Boonop kos dit die staat miljarde om die derduisende misdadigers 'n dak oor die kop en kos te verskaf.

Nou't ek so gedink:

1. Bring die doodstraf terug vir moord, verkragting, motorkapings en gewapende roof.

2. Vir mindere misdade: Lyfstraf. Dink aan die voordele: Die misdadiger kan dadelik teruggaan werk toe en vir sy gesin sorg; dis 'n baie erger afskrikmiddel as tronkstraf; dit kos amper niks; dit sal die terugval na misdaad tot die minimum beperk, en dit stel oortreders nie bloot aan geharde misdadigers by wie hulle allerhande nuwe streke leer nie. Om die  afskrikwaarde te verhoog, kan 'm misdadiger tot bv x-aantal dae tronkstraf gevonnis word, waarvan hy op elke dag, se nou maar tien houe ontvang. Geen vonnis hoef langer as 5 dae te wees nie, met al die voordele hierbo genoem en ek sal waarborg dat die kanse dat hy weer gaan kwaaddoen, minimaal sal wees.

Natuurlik sal so 'n 'barbaarse en onmenslike stelsel' nooit ingestel word nie. Die misdadiger se menseregte en sy menswaardigheid is mos baie belangriker as straf, rehabilitasie en restitusie, en die samelewing se heil.

Stem iemand dalk saam?

тамбов разъемы,Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Die nuwe kerk

Hiermee my beskeie mening oor 'n nuwe kerk wat onlangs ontstaan het.

Daar is heelwat mense wat sterk gekant is teen georganiseerde godsdienste. Soms wys iemand daarop dat die meer verligtes, byvoorbeeld dié aan die ooskus van Amerika, veel minder godsdienstig is as daai boerse mense van die Bible Belt wat so kinderlik glo.

Dikwels is daar ‘n punt hieraan. Die ateis wat dit sê, meen dat dit juis mense is wat "primitiewe" geloofstelsels aanhang, wat oor lae IK’s beskik en geneig is om sogenaamde rassiste te sou wees. Dit word selfs hardop gesê of blatant geskryf: gelowiges is dom en rassisties.

Die ironie is dat diegene wat so trots is op hulle eie ateïsme, heel dikwels niks van die aard is nie. Hulle besef nie hulle is ook juis self aanhangers van ‘n afgodediens wat ‘n hele aantal kenmerke met ander godsdienste deel, insluitende gedagtebeheer en woorde en idees wat taboe is. 

Die ding se naam is die Nuwe Religie van Nie-rassigheid en Anti-rassisme, iets wat veral sedert die 1960’s baie in gemeen gekry het met godsdienste, tot op die punt dat dit ‘n surrogaat daarvoor geword het.

Aanhangers van dié religie beskou hulself gewoonlik as liberale en vrye denkers, maar hulle denke is juis nié vry nie. Hulle mag eenvoudig nie sekere goed sê of dink nie. Nes jy nie as ‘n Moslem Allah of Mohammed se name mag belaster nie, is daar sekere dinge wat jy as ‘n aanhanger van Anti-rassisme eenvoudig nie mag dink of sê nie. Dis byvoorbeeld heiligskennis om hardop te wonder of daar verskille in intelligensie oor rassegroepe heen is.

Die ateïs wat aan nie-rassigheid glo, lag vir iemand wat hy as Bybelse fundamentalis beskou; iemand wat wetenskaplike bewyse ignoreer dat die wêreld nie slegs 6000 jaar oud is nie, maar sien geen teenstrydigheid daarin dat hy sélf kies om die wetenskaplike studies wat aantoon dat swart atlete veel beter hardloop as blankes, te ignoreer nie.

Dít waarvoor hy die fundamentalis uitjou, is ironies genoeg presies dít wat hy self doen: hy weier om wetenskaplike bewyse wat die voete onder sy geloofstelsel uitslaan, te aanvaar.

Nes Mohammedane ‘n paar keer ‘n dag na Mekka moet kyk en bid, of Evangeliese Christene dit as hulle plig beskou om die Woord te versprei, voel die aanhangers van Anti-rassisme hulleself genoop om hulle evangelie telkens uit te basuin vir almal wat wil hoor. Die Moslems sê gereeld “Insjallah” (as dit God se wil is), en die Anti-rassis voel hy moet telkens verkondig hoe gekant hy teen rassisme sou wees.  Ek lees somtyds hoe mense lyste maak van goed wat hulle haat soos toustaan, taxi’s en, natuurlik, rassisme. Dis asof hulle die predikante en ander lidmate van die kerk wil verseker dat hulle geloof nog suiwer is.

Nog ‘n kenmerk van 'n godsdiens is dat daar duidelik onderskeid getref word tussen die goeie en die bose. Die bron van onheil word hardop geïdentifiseer:  die Mohammedane dig sonde en onheil aan Sjaitan toe, en die Christene aan Satan. Die aanhangers van Anti-rassisme dig bykans alles wat skeefloop toe aan hulle weergawe van Sjaitan: die (dikwels imaginêre) wit, manlike rassis.

Swak matriekuitslae? Dis apartheid se skuld, gepleeg deur wit, manlike rassiste. (Die religie kan egter glad nie verklaar hoekom swart kinders beter kon lees of skryf onder Bantoe-onderwys nie.)

Armoede? Ook wit rassiste en apartheid (g’n verduideliking word egter aangebied vir die res van Afrika se armoede nie.)

Indien iemand dit sou waag om ‘n ketter te wees, om die rigiede dogmas van die Anti-rassis te bevraagteken, gebeur presies dieselfde met hom of haar wat met ketters in die middeleeue gebeur het. Hulle word dikwels metafories op die brandstapel gebrand; ontslaan by hulle werk, gebrandmerk as ‘n rassis (=ketter) en dan deur die kerk van die Anti-rassisme verban of onder sensuur geplaas soos Martin Luther.

Wetenskaplikes by die WNNR wat kettery pleeg deur te wys op die gewelddadige aard van SA se samelewing, en dus kettery pleeg omdat hulle woorde op tekortkominge in die swart kultuur wys, word gekruisig en verloor hulle kontrakte.

Die fanatici van die kerk van Anti-rassisme voer presies dieselfde skrikbewind wat die Spaanse Inkwisisie destyds gevoer het.

Hulle is fanaties in hulle strewe om kettery, al is dit imaginêr, uit te snuffel en die pleërs daarvan te terroriseer. Nes die Katolieke Kerk en sy skrikbewind deur prinse en konings misbruik is vir politieke redes, het die nuwe skrikbewind van Anti-rassisme ook dikwels sy beslag in die nastreef van siniese politieke doelwitte.

Die nuwe religie pas Allan Boesak dus as hy homself wil verontskuldig wanneer hy by die armes steel. Dis apartheid en rassisme wat hom geld maak verduister het. ANC-segsman Carl Niehaus poog, kennelik met bitter min sukses, om die misdadige aard van die ANC te verbloem agter die rookskerm van ander mense se rassisme.

Die boodskap is: dis aanvaarbaar om te steel, te moor en korrup te wees, net solank jy darem nie ‘n rassis is nie.

светильники на домданильченко юрій броніславович

SA Kandidate 2009

Die onlangse skeuring binne die ANC was te wagte. Die sogenaamde Young Lions, met behulp van die SAKP en Cosatu, het die binnekamers van ANC polities binnegedring en totale chaos veroorsaak. Dat dit goed was, is geensins te betwyfel nie. Ek dink baie min politieke ontleders het gedink dat ons demokrasie soos 'n reuse adrenalien inspuiting net 14 jaar vanaf ons eers demokratiese verkiesing sou kry.

 

Nie in hulle wildste drome het die Van Zyl Slabberts en Du Preez's gedink die ANC sou so vinnig in 'n sloot beland nie. Al ontken almal dit, bly die feit staan dat hulle teen 'n muur vasgejaag het met Mbeki se ontslag en hulle voortdurende pogings om Zuma te pootjie. Of dit egter nog die gewenste resultate gaan afwerp, moet gesien word. Ek dink Pieter Mulder se mening in sy toespraak tydens die inlywing van Mothlante, spreek absoluut boekdele. Die vraag staan steeds onbeantwoord, "Gaan hulle hierdie leeu kan tem?".
 
Wat egter interessant bly is die daarstelling van kandidate deur die verskeie partye. Die nuutgevonde KVP oftewel COPE van Lekota soek ondersteuning by oud-ANC-kandidate wat tydens hulle eerste politieke lopie op twyfelagtige en baie omstredene gedrag uit die party is. Of Allan Boesak so 'n goeie keuse was, is te betwyfel. Gaan hy werklik weer die vertroue van die kieserspubliek inwin na sy skuldigbevinding op aanklagte van diefstal?

Daar kan natuurlik geredeneer word dat hy weer 'n kans gegun moet word maar gaan dit werk, en hoekom moet die kieser in die land weer aan so iemand blootgestel word?  Bring eerder nuwe bloed in soos die DA poog. Ek sien dat Niekie Van Der Berg se aanstelling deur die DA uit baie oorde sterk veroordeel word. Hy word ook gesien as die groot Afrikaner-hater wat as domastrant en arrogant beskryf word.

Ek dink dit is 'n briljante skuif en dalk kan hy die Koos Van Der Merwe van oudsher word wat die Natte dikwels pers in die gesig gehad het van ongemak. Die ANC, andersyds, kyk weer verlangend in die rigting van mense soos Winnie Mandela. Met 'n vuurhoutjie-of-twee-toesprakie kan sy dalk net die vonkie wees in die volgende ANC-kruitvat. Met Malema byderhand kan die tweetjies 'n gedugte span vorm om die demokrasie 'n ander vorm te gee.
 
Een ding is seker: Hier kom 'n ding. Politiek gaan na die verkiesing nooit weer dieselfde wees nie, altans nie vir die ANC nie.

 

путешествие по средиземному морюДанильченко Юрий отзывы

Die plaaslike polisiestasie

ImageDie ouer vrou wat voor my gestaan het, het nou op die bankie gaan sit en suig verveeld aan ‘n suigstokkie. Die een, wat nou heel voor in die ry staan, skel op haar in Tswana omdat sy nou in die ry verbygedruk het om daar te gaan sit. Sy skel ewe hard terug; ek lei af sy is moeg gestaan en sit net solank ‘n bietjie.

Die een in uniform wat by die toonbank help is agter by ‘n tafel doenig. Haar medehelper lag oor die telefoon, ook op die agterste tafel, haar rug dwars na die ry gekeer. Daar is nog drie ander in polisie-uniform, maar hulle is luidrugtig by die kluis se deur besig om bottels in ‘n krat te pak. Uit die skrams blik wat ek op een kry en die klanke wat my ore bereik, lei ek af dat dit bierbottels is. Die gepakkery neem al hulle aandag in beslag en wanneer hulle die kosbare krat terug skuiwe in die kluis, loop twee en die ander een gaan by die tafel sit. Daar is niemand by die toonbank waar ons gehelp moet word nie.

Ek lei af dat die suigstokkie waaraan die ouma met smaak suig, oorspronklik aan die peuter behoort het. Dié se ma had net-nou haar hande vol om te keer dat sy by die deur uitloop straat toe, maar nou kriewel sy hier al onder my voete rond en ek hou aan bont staan, net sodat sy nie aan my moet vat nie. My geduld begin uitloop –  die ma staan nou verveeld agter my en grawe in haar neus – en die kleintjie is met ‘n ontdekkingstog onder my voete deur besig. Langs die muur staan ‘n kersboom.

Ek besluit om myself doelbewus daarop te fokus om my aandag af te trek van die omstandighede rondom my. In my gemoed woel dit oor die werk se skootrekenaar wat gistermiddag laat agter my bakkie se sitplek uit gesteel is. Ek wil gil en skree oor al my persoonlike goed op die rekenaar wat nou weg is en vir my so kosbaar en onvervangbaar is…die gedagte dat iemand anders daarin rond kan krap maak my gek. Ek onderdruk die begeerte om die engeltjie wat omgeval het en nou plat met haar gesiggie op die plastiese dennenaalde van die kersboom lê op te tel en regop neer te sit.  “Ja Engeltjie,” dink ek, “ek voel ook of ek ook nie lus het om my kop op te tel nie.”

Ek het die jongman net skrams gesien toe ek ingekom het. Hy sit by die hokkies wat loodreg links afloop. Die redelose woede in sy stem het egter nou my onverdeelde aandag. Hy beduie aan ‘n meer senior offisier sy probleem. Hy het sy klagte in Afrikaans kom aanmeld, maar die vrou wat hom moes help het hom egter dadelik afgejak. Hy het nie beswaar daarteen om Engels te praat nie, maar om afgejak te word omdat jy Afrikaans praat, was vir hom een te veel. Ek loer om die pilare wat die toonbank in indiwiduele hokkies verdeel en sien die trane van magteloosheid in die jongman se oë. 

Ek skat hom in sy middel of laat twintigs. Hy is nog rou oor sy kar se ruit wat uitgeslaan is en die (vir hom onvervangbare) kamera en radio wat gesteel is. Uit wat hy beduie verstaan ek dat hy deur die een, nou by die telefoon, afgejak is. Haar rug is in ‘n triomfantlike liggaamstaal na hom gekeer en sy lag en gesels met oorgawe. Die senior offisier paai vir die vale. Hy kry ‘n ander een om die verklaring af te neem, die jongman gaan sit en hulle begin om die vorm in te vul. Intussen het die een wat agter by die tafel was teruggekeer en die ry begin beweeg,

Asof van nêrens het daar darem nog een te voorskyn gekom en is daar skielik twee agter die toonbank. Die een by die telefoon het ook klaar gemaak, en nadat sy iewers anders heen was kom sit sy weer en wink my nader. Ek begin in Afrikaans, maar sy antwoord met so ‘n beslistheid dat ek dadelik begryp dat die gesprek in Engels sal wees of glad nie. Skrams sien ek teen die muurhorlosie, dat ek ‘n halfuur gelede al in die aanklagkantoor ingekom het, ek sluk en gee in. In my beste geradbraakte Ingels, met soveel as moontlik Afrikaanse woorde tussen in verduidelik ek en skrywe sy my verklaring  in ‘n tipiese Afrika-Engels. 

Ek voel naar. Die vrae wat sy vra is met soveel venyn, dink sy almiskie ek het gereël dat die rekenaar gesteel moet word, of mors ek nou haar kosbare tyd om nou ‘n klag te wil lê?  Ek staan verwese teen die tiperende posisionele mag wat die uniform aan haar gee en sy nou duidelik op my afdwing. Gelukkig is dit na jare se tronk- en hofbesoeke nou nie meer vreemd vir my nie, maar vandag voel ek of ek dit nog minder as gewoonlik kan hanteer. Soos die jongman in die ander ry, wil die magteloosheid my oorweldig, ek het lus om te begin skree – maar ek ploeter voort.  Die rooiboksindroom, noem my skoonma dit – die jongman was so verneder dat ek oorweeg het om toe te tree, maar ek het nie. Nes ‘n rooibok het ek gestaan en toekyk hoe hy val. Nou staan ek in die vernedering. In my alleenheid laat ek maar begaan. Gaan dit dieselfde wanneer verklarings met plaasmoorde geneem word? Ek wonder? Seker maar. In die algemeen laat ons maar net begaan, dink ek, ons taal word vertrap – ons mense word wreed vermoor en daagliks gaan ons stom net voort.

Op ‘n vraag of ek ‘n afskrif van die verklaring vir die versekering kan kry, antwoord die een wat flussies so oor die foon gesels het, en nou haastig is om van my ontslae te raak, dat ek die speurder wat pas ingekom het moet vra, sy kan nie nou weer opstaan en haar pos verlaat nie. Hy dring egter daarop aan dat ek wag vir die vingerafdrukdeskundige en ek gaan sit by die jongman, wie se verklaring intussen (in Engels) afgeneem is. Hy wag ook vir die man en ons begin gesels oor ons gesamentlike ellende.

Bitter vertel hy vir my dat hy pas ‘n paar maande gelede uit Engeland terug gekeer het, waar hy genoeg geld gaan verdien het om ‘n kar, ‘n karradio en ‘n ordentlike kamera te kon bekom. Nou moet hy die agterste klein ruitjie van die kar gaan vervang en dit is baie duurder as ‘n gewone vensterruit, die res is hy nie finansieel instaat om te vervang nie. Hierdie klas van ding maak dat hy nie in Suid-Afrika wil bly nie, maar sy verloofde het te veel terug verlang. Sy woon egter in die Kaap en daar is die misdaad nie heeltemal so erg soos hier by ons in die noorde nie.

Hy vertel dat iemand wat by ‘n winkel in Engeland werk hom drie dae nadat hy die beursie op hul toonbank vergeet het, opgespoor het en die beursie aan hom terugbesorg het. Sonder ‘n pennie kort! Hy lag wrang en vertel dat die Engelse hom gewaarsku het toe hy Glasgow toe gegaan het, dat dit die gevaarlikste stad in die eerste wêreld is, 17 moorde per jaar!  

Soos twee skape oppad na die slagpale sit ek en hy ons lot teenoor mekaar en beklae. Voor die uur en ‘n half, wat ons moet wag, egter om is, droog ons gesels op en verval ons elkeen in ons eie gedagtes. Wat by my op kom is die hele aanklagkantoor se algehele traagheid. Dit staan in skrille kontras met die polisie en taakmag se flinke optrede waarmee hulle my huis, waar ek enkel en alleen woon, gedurende 2003 tydens ‘n Hopper-operasie omsingel en deursoek het. Ek dink aan die jongman se voorval en hoe gereeld sulke dinge voorkom.

Doen ons genoeg vir Afrikaans in die besonder en vir die Afrikaners in die algemeen? Is die Jongman by enige iets betrokke om weerstand te bied teen wat ons beleef, nee dit blyk nie so nie. Sal hy betrokke raak? Moontlik – maar nie maklik nie. En ek? Moes ek nie maar tot sy bek-geveg toe getree het nie? Sou dit gehelp het? Ek dink nie so nie – wat ek wel weet is dat ek laat slap lê het. Tot my skande het dit my groot skade en ‘n besoek aan die polisiekantoor gekos om te besef dat daar gelukkig ‘n hele jaar voorlê, om aktief aan aksies vir Afrikaans deel te neem…

Die vingerafdrukdeskundige maak verskoning, hy is verskriklik besig. Ek het verniet vir hom gewag – die vingerafdrukke het afgereën. Hy gee my egter die goeie raad dat ek vir die ondersoekbeampte die 3G-kaart (wat in die skootrekenaar is) se moet nommer gee, dan kan hulle dit opspoor sodra die skelms die internet gebruik. Ek gaan haal gou die nommer van die kaart by die kantoor. Terug by die aanklagkantoor het my klagte het darem intussen MAS-nommer gekry: 184(en dit is vandag die tiende)!  Op my navraag neem die een agter die toonbank my deur na ‘n kantoor waar die bruin lêers gestrooi oor die tafel lê. Die offisier wat daar die botoon voer verstaan ook nie ‘n woord Afrikaans nie.

Ek probeer in Engels verduidelik, maar van skone uitputting en na-skok kan ek om de dood nie op die regte woord vir ondersoekbeampte kom nie. (Daar staan ‘n stuk of vyf van hulle rondom die tafel om die werk te verdeel.) Die enigste blanke man lag, help my reg en verduidelik dat ek dit net weer aan almal van hulle van die 3G-kaart moet verduidelik. Ek verduidelik so goed ek kan. Hy neem die nommer van die 3G-kaart uit my hande uit, ja hy verstaan, hulle sal kyk. Die res kyk my egter met skaapagtige uitdrukkings aan: ek verwag tog nie dat hulle die skootrekenaar sal opspoor nie?  

Oppad uit stap ek vlak langs die kersboom verby. Die engeltjie lê nog steeds met haar vlerkies regop in die lug. Skielik is ek tot die dood toe moeg: “Ja, lê maar, Engeltjie” groet ek haar, “wat hier aangaan is ek seker is selfs te erg vir ‘n engel om te aanskou…”become an instagram modelалександр лобановский харьков класс

Hier gaan ons weer!

Ek is van mening dat die meeste mense vir ‘n party stem oor die indruk of persepsie wat hulle van ‘n party het en nie sodanig oor die beleid van die party nie. Die indruk word hoofsaaklik deur die media geskep.

 

Die media kan ‘n party maak of breek.

‘n Sprekende voorbeeld daarvan kan in ons eie onlangse verlede gevind word.

U sal onthou hoe dat in die laat tagtiger jare net na die groot Inligting skandaal van die Nasionale Party die HNP al sterker geword. In elke tussenverkiesing het hulle steun gegroei en is die meerderheid waarmee die NP in vorige verkiesings gewen het, dramaties afgebring.

Met die algemene verkiesing van 1981 het die HNP sodanig gevorder dat hulle in Transvaal een derde van al die stemme op hulle verenig het. Landwyd het die HNP meer stemme as die amptelike opposisie die Progressiewe Federale Party behaal! Sou Suid-Afrika destyds ‘n proporsionele kiesstelsel soos tans die geval is gehad het, sou die HNP in 1981 die amptelike opposisie geword het.

Vir ontnugterde Afrikaners het die HNP almeer aantreklik geword. Desnieteenstaande het die HNP daardie jaar geen setel kon wen nie.

Maar die skrif was egter teen die muur vir baie NP-volksraadslede soos dr. Ferdie Hartzenberg en dr. Andries Treurnicht. Dit was vir almal duidelik dat dié volksraadslede met die volgende algemene verkiesing uit die groen kussings gelig sou word.

Dié groei in die steun vir die HNP het die skeuring in die Nasionale Party in 1982 te weeg gebring en die daaropvolgende stigting van ‘n nuwe politieke party naamlik die Konserwatiewe Party.

Ek onthou ook die volgepakte sale waar die HNP vergaderings gehou het. Dit was opsetlik ontwrig deur gestuurde dronk, breinlose Boere.  Die media was lief om daaroor te berig, maar dié taktiek kon die opgang van die HNP nie gestuit nie.

Voor die 1981 verkiesing was die media en hulle geldbase se strategie gewees om die leiers van die HNP te vervolg en te beswadder. Maar die mediabase kon die HNP se trompetwoorde van taal, volk, vaderland en vryheid nie met hulle perse en tikmasjiene doodskryf nie.

Toe kom die stilstuipe –  die nuwe strategie van die mediabase. Omdat die HNP nie doodgepraat of doodgeskryf kon word nie, moes die HNP doodgeswyg word. En die KP as die WEN-party uitgeBeeld word.

Die mediabase se strategie het uiteindelik daarvoor gesorg dat geen Afrikanerinvloed  meer geld nie. Van die illustere NP het minder as niks oorgebly.

отбеливание air flow отзывылобановский александр дочь

Vele VSA-immigrante kom van die Ooste

Ons is reeds byna ses jaar in die VSA waar ek as apteker werk. Ek het 'n vrou met vier seuns. Ons wag nog steeds vir ons Groenkaarte, want die proses is tydsaam en baie duur. Kollegas van my wat die afgelope paar jaar ook probeer om die toelatingseksamen vir aptekers te slaag (wat hier in die VSA by net by drie sentrums afgelê kan word), noem dat 85% van die kandidate van die Verre Ooste, Indië (veral) en van die Midde-Ooste afgkomstig is.

Met elke eksamen is daar `n paar honderd kandidate per sentrum wat die eksamen skryf (twee maal per jaar). Die invloei wat my professie betref, is duidelik vanuit die Ooste. As ek maar sien hoeveel dokters van Indië en Pakistan hier is, glo ek dit geld vir die ander professies ook. Ek kan egter net praat van die staat Wisconsin, waar ons woon. Ons het twee maal in die verlede probeer om met die "gratis" Greencard Lotto ons kaarte te wen, maar was onsuksesvol. Jy moet `n foto van jouself instuur met jou aansoek om deel van die Lotto te wees, asook noem wat jou opleiding behels, dus kan die owerhede sien hoe jy lyk as hulle sou wou.  

Dikwels loop ek swartes raak in die apteek en op straat wat van Afrika af ook hier in die VSA woon en werk. As ek vra hoe hy hier beland het, sê hy dat hy die "Greencard Lotto" gespeel het. Wel, hierdie Boere-gesin het hom ook gespeel, maar ons is nie geloot nie.   Ek het nog altyd gewonder hoekom Amerika die Lotto het, want verseker word nie net die "room" uit die buiteland hier toegelaat nie. Ek dink Dan Roodt het `n skitterende ontleding van die Obama veldtog en oorwinning gegee. Baie (liberale) blankes hier in die noorde van die VSA is gaande oor hom, maar daar is ook baie wat uiters skepties is. Hulle is egter tjoepstil, want om hier van rassisme beskuldig te word is erger as hoogverraad. `n Ontleding soos wat Dan gegee het, sal hier uitmekaar geskeur word.   

instagram promotion sitesОлександр Фільчаков прокурор

Miskien soek VSA na blanke immigrante?

Na aanleiding van Dan Roodt se nuutste rubriek oor die negatiewe demografie van blanke Amerikaners wonder ek net of die regering van die VSA maatreëls hierteen neem.

Ek sinspeel nou op die feit dat die laaste paar dae/weke sien ek gereeld internetadvertensies vir groenkaarte. Ofskoon die advertensies multikulturalisme benadruk, wonder ek of hulle nie dalk eintlik na wit Protestante op soek is nie.

Die groenkaartadvertensies is nogal vreemd, gegewe die feit dat die werkloosheid in die VS nou al oor die 7% gestyg het.

Die kans bestaan ook dat hulle juis op soek is na kandidate wat ekonomies effektief is vir die land, want onder Obama gaan die VS nader na 'n welsynstaat neig, en welsynstate kos baie geld en het 'n sterk middelklaslokomotief nodig.

Weet iemand dalk meer hiervan?

видео укладка ламината своими рукамиФильчаков Харьков

Owerheidsaggressie maak Afrikaners woedend

Die verbysterende en blatante aggressie waarmee die owerheid voortgaan om Afrikaansmediumskole te vernietig, maak Afrikaners woedend. Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (Mookgophong) is die nuutste slagoffer in die regering en sy miserabele Onderwys Departement se visier. Die skool se beheerliggaam word nou gedwing om die status van dié skool na dubbelmedium te wysig.

Ons het Donderdag 15 Januarie gesien hoe die SABC ingespan word om Hoërskool Hans Strijdom se beheerliggaam op televisie as rassiste voor te stel in die aanskyn van arme swart “Engelse” kindertjies wat in die skool se uniform met slagspreuke paradeer waarin hulle aandring om tot die skool toegelaat te word. Dit, terwyl dié betrokke kinders reeds daar skoolgaan!

Mnr Athol Saunders, voorsitter van die beheerliggaam se vrees dat die skool se waardestelsel, etos, Calvinistiese basis, dissipline en hoë onderrig standaarde verwater sal word indien die skool na dubbelmedium oorskakel, is nie ongegrond nie.

Die staat doen slegs lippediens aan moedertaalonderrig en die swak matriekuitslae is onder andere die gevolg daarvan.

Verder behoort dit nou vir almal duidelik te wees dat die owerheid, deur die vernietiging van Afrikaansmediumskole, besig is om ons taal Afrikaans te vermoor.

Tans is slegs 3% van alle skole in Suid-Afrika suiwer Afrikaans.

Volgens mnr Louis Smuts van Tabok sal daar teen die huidige tempo in 2012 geen Afrikaansmediumskole oor wees nie.

Het die tyd nie dalk aangebreek dat die Afrikaner saamstaan om die euwel hok te slaan?

86 справкалобановский супермаркет класс

‘n Afrikanerraad sal ons volksbegrip versterk

Die verkiesing is op hande.  Ná die verkiesing verby is, is die vraag: hoe gaan die Afrikaner vir die daaropvolgende vyf jaar uitsien totdat daar weer ‘n verkiesing plaasvind?  Ons kan net spekuleer.  Wat wel feitlik is, is die volgende:

FEIT – daar sal geen Afrikanervolkstaat in die volgende vyf jaar wees nie.  Elke daaropvolgende jaar verflou die haalbare kanse vir die stigting van enige vorm van ‘n volkstaat.

FEIT – dat daar geen noemenswaardige geboorte-aanwas onder Afrikaners sal plaasvind nie

FEIT – dat die persentasie van Afrikaners teenoor die totale bevolking verder sal krimp as gevolg van die volgehoue felle swart bevolkingsaanwas (nieteenstaande VIGS), swart buitelandse instroming en Afrikaneremigrasie. (Tans vorm die Afrikaner net 6%, en blankes gesamentlik 11% van die totale bevolking van 44miljoen.  In 1948 toe die Nasionale Party aan bewind gekom het, was die Afrikaners 12%,  die blankes gesamentlik 20% van die totale bevolking van 20miljoen.)

FEIT – al stem die Afrikaner vir watter party ook al (of hy stem glad nie) vanjaar se verkiesing, sal die Afrikaner geen impak op die politiek meer hê nie.

FEIT – die Afrikaner is ‘n permanente minderheid in ‘n permanente swart-beheerde staat.

FEIT – die Afrikaner is vir altyd nie meer ‘n homogene volk wat godsdiens betref nie en huldig ‘n wye spectrum van sieninge.

FEIT – die Afrikaanse taal en kultuur onder Afrikaansprekendes sal sterker daar uitsien, maar wat wel te bevraagteken is: gaan die Afrikaner homself nog as ‘n VOLK vorentoe beskou?

Daar bestaan verskeie opsies rakende 'n Afrikanervolksbegrip:

Drome droom (‘n steriele en wanhopige strategie):

  • Droom oor die herstel van die vorige politieke bestel waar ‘n wit minderheid met ‘n wit president ‘n swart meerderheid oorheers en onderdruk.  Die enigste moontlike strategie is ‘n gewelddadige oorname deur ‘n handjie vol verregse Afrikaners wat nie die meerderheid-Afrikanersteun sal geniet nie.
  • Droom van ‘n wit volkstaat waarheen die oorgrote meerderheid Afrikaners nie wil verhuis nie.
  • Droom dat die swartes in so ‘n mate sal onderverdeel dat ‘n regering nie gevorm kan word nie en waar die verdeelde Afrikaner die leemte sal vul.
  • Droom dat die Afrikaner ‘n uitverkore volk is en waar God in die bres vir die Afrikaner sal tree tot nadeel van Sy volgelinge onder die swartes.

Emigreer: Sekere Afrikaners voel sterk genoeg om hulle taal en kultuur prys te gee, solank hulle tussen ‘n meerderheid ander blankes kan wees, dus verkies hulle eerder om te emigreer na lande wat 'n bewysbare meerderheid blankes het.  Ten minste is hierdie ‘n haalbare oplossing vir sommige, al maak dit die volksbegrip seer.

Niks doen nie: Gevolglik, elke onheil wat die Afrikaner tref, is rede om die swartes daarvoor te blameer.  Die aanhoor van die gedurige klaagliedere en selfbejammering en die uitwys van swart onvermoë hou aan,  “ad nauseam”.

Afrikanerraad: Die stigting van ‘n buiteparlementêre staatsondersteunde Raad vir Afrikaners wat die volle spektrum van Afrikanerdenke sal verteenwoordig, Ou uitgediende strategie word verwerp en nuwe strategie word geïmplementeer om na Afrikanerbelange om te sien in ‘n vyandige see van swart haat en vooroordeel teenoor hom. 

So ‘n Raad is konstitusioneel haalbaar en geregverdig.  Adisionele belasting word van elke Afrikaner deur die staat namens die Raad gehef om uitvoering aan die Raad se doelwitte te kan gee soos bv. eie onderwys, werkskepping, ens. Sodanige Raad kan ook verteenwoordiging aan die Raad van Tradisionele Leiers in die Parlement verleen.

Die VF+ sou die idiale medium wees om so ‘n konsep te loods en moontlik daardeur meer Afrikanersteun te verkry, eerder as hulle steriele ondersteuning van die Oraniabegrip as antwoord vir die breë Afrikanervolk.  (Terloops die Oraniabegrip is idiaal vir ‘n klein minderheid Afrikaners, maar is nie ‘n antwoord vir die breë Afrikanervolk nie).

Ten minste, met die stigting van ‘n Afrikanerraad, sal die Afrikaner oor die kort en lang termyn ‘n  politieke medium hê, wat hy nie in die parlement sal kan bekom nie, om uiting aan sy belange te kan gee, eerder as soos tans, om niks te hê nie.  So ‘n Raad sal ook die volksbegrip verstewig.

справка 082уФільчаков Олександр Васильович прокурор

Wat van die ou bul, Pik?

'n Skitterende artikel deur Gustav Venter oor Naspers se ou koei genaamd "apartheid". Maar Naspers het ook ‘n ou bul genaamd Pik. En die kalwers skryf onder skuilname en braak op hul borste oor ons grootste militêre prestasie ooit.

Want was hy nie eens minister in beheer van die pers nie? Soos ‘n goue (gagga-) draad loop sy vernietigende spore tot vandag toe. Op die TV se "Grensoorlog" rasionaliseer hy self in sy eie woorde hoekom hy die militêre stryd teengestaan het.  

Maar hoekom hy die propagandaprojek van die departement van Inligting ook gesaboteer het, is onverklaarbaar want dit het ons Afrikaners nie alleen militêr nie maar ook moreel ontwapen. En ook ontman soos wat dit wil voorkom in die Afrikaanse pers as 'n gay kinderlose spul hofnarre, op pad na nêrens, wat net gedurig besig is met hul eie ongevalle.

Maar nie almal nie!

Waarvan PRAAG-skrywers voorloop op die pad van geregtigheid en waarheid omdat dit alleen ons sal vry maak.

 

suckers slotтопкарго кидалы