Die nuwe kerk

Hiermee my beskeie mening oor 'n nuwe kerk wat onlangs ontstaan het.

Daar is heelwat mense wat sterk gekant is teen georganiseerde godsdienste. Soms wys iemand daarop dat die meer verligtes, byvoorbeeld dié aan die ooskus van Amerika, veel minder godsdienstig is as daai boerse mense van die Bible Belt wat so kinderlik glo.

Dikwels is daar ‘n punt hieraan. Die ateis wat dit sê, meen dat dit juis mense is wat "primitiewe" geloofstelsels aanhang, wat oor lae IK’s beskik en geneig is om sogenaamde rassiste te sou wees. Dit word selfs hardop gesê of blatant geskryf: gelowiges is dom en rassisties.

Die ironie is dat diegene wat so trots is op hulle eie ateïsme, heel dikwels niks van die aard is nie. Hulle besef nie hulle is ook juis self aanhangers van ‘n afgodediens wat ‘n hele aantal kenmerke met ander godsdienste deel, insluitende gedagtebeheer en woorde en idees wat taboe is. 

Die ding se naam is die Nuwe Religie van Nie-rassigheid en Anti-rassisme, iets wat veral sedert die 1960’s baie in gemeen gekry het met godsdienste, tot op die punt dat dit ‘n surrogaat daarvoor geword het.

Aanhangers van dié religie beskou hulself gewoonlik as liberale en vrye denkers, maar hulle denke is juis nié vry nie. Hulle mag eenvoudig nie sekere goed sê of dink nie. Nes jy nie as ‘n Moslem Allah of Mohammed se name mag belaster nie, is daar sekere dinge wat jy as ‘n aanhanger van Anti-rassisme eenvoudig nie mag dink of sê nie. Dis byvoorbeeld heiligskennis om hardop te wonder of daar verskille in intelligensie oor rassegroepe heen is.

Die ateïs wat aan nie-rassigheid glo, lag vir iemand wat hy as Bybelse fundamentalis beskou; iemand wat wetenskaplike bewyse ignoreer dat die wêreld nie slegs 6000 jaar oud is nie, maar sien geen teenstrydigheid daarin dat hy sélf kies om die wetenskaplike studies wat aantoon dat swart atlete veel beter hardloop as blankes, te ignoreer nie.

Dít waarvoor hy die fundamentalis uitjou, is ironies genoeg presies dít wat hy self doen: hy weier om wetenskaplike bewyse wat die voete onder sy geloofstelsel uitslaan, te aanvaar.

Nes Mohammedane ‘n paar keer ‘n dag na Mekka moet kyk en bid, of Evangeliese Christene dit as hulle plig beskou om die Woord te versprei, voel die aanhangers van Anti-rassisme hulleself genoop om hulle evangelie telkens uit te basuin vir almal wat wil hoor. Die Moslems sê gereeld “Insjallah” (as dit God se wil is), en die Anti-rassis voel hy moet telkens verkondig hoe gekant hy teen rassisme sou wees.  Ek lees somtyds hoe mense lyste maak van goed wat hulle haat soos toustaan, taxi’s en, natuurlik, rassisme. Dis asof hulle die predikante en ander lidmate van die kerk wil verseker dat hulle geloof nog suiwer is.

Nog ‘n kenmerk van 'n godsdiens is dat daar duidelik onderskeid getref word tussen die goeie en die bose. Die bron van onheil word hardop geïdentifiseer:  die Mohammedane dig sonde en onheil aan Sjaitan toe, en die Christene aan Satan. Die aanhangers van Anti-rassisme dig bykans alles wat skeefloop toe aan hulle weergawe van Sjaitan: die (dikwels imaginêre) wit, manlike rassis.

Swak matriekuitslae? Dis apartheid se skuld, gepleeg deur wit, manlike rassiste. (Die religie kan egter glad nie verklaar hoekom swart kinders beter kon lees of skryf onder Bantoe-onderwys nie.)

Armoede? Ook wit rassiste en apartheid (g’n verduideliking word egter aangebied vir die res van Afrika se armoede nie.)

Indien iemand dit sou waag om ‘n ketter te wees, om die rigiede dogmas van die Anti-rassis te bevraagteken, gebeur presies dieselfde met hom of haar wat met ketters in die middeleeue gebeur het. Hulle word dikwels metafories op die brandstapel gebrand; ontslaan by hulle werk, gebrandmerk as ‘n rassis (=ketter) en dan deur die kerk van die Anti-rassisme verban of onder sensuur geplaas soos Martin Luther.

Wetenskaplikes by die WNNR wat kettery pleeg deur te wys op die gewelddadige aard van SA se samelewing, en dus kettery pleeg omdat hulle woorde op tekortkominge in die swart kultuur wys, word gekruisig en verloor hulle kontrakte.

Die fanatici van die kerk van Anti-rassisme voer presies dieselfde skrikbewind wat die Spaanse Inkwisisie destyds gevoer het.

Hulle is fanaties in hulle strewe om kettery, al is dit imaginêr, uit te snuffel en die pleërs daarvan te terroriseer. Nes die Katolieke Kerk en sy skrikbewind deur prinse en konings misbruik is vir politieke redes, het die nuwe skrikbewind van Anti-rassisme ook dikwels sy beslag in die nastreef van siniese politieke doelwitte.

Die nuwe religie pas Allan Boesak dus as hy homself wil verontskuldig wanneer hy by die armes steel. Dis apartheid en rassisme wat hom geld maak verduister het. ANC-segsman Carl Niehaus poog, kennelik met bitter min sukses, om die misdadige aard van die ANC te verbloem agter die rookskerm van ander mense se rassisme.

Die boodskap is: dis aanvaarbaar om te steel, te moor en korrup te wees, net solank jy darem nie ‘n rassis is nie.

светильники на домданильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae