Geen regverdige verhoor vir Zuma nie, s? Phosa

Die ANK-president, Jacob Zuma, sal nie ‘n regverdige verhoor kry nie, omdat daar geen regter in Suid-Afrika bestaan wat nie ‘n mening omtrent sy saak het nie, het die ANK-tesouriergeneraal Mathews Phosa Donderdag gesê.

“Kan mens ‘n regverdige verhoor hê? Nee, want daar is niemand wat nie ‘n mening het nie,” het Phosa gedurende ‘n openbare debat oor regte en politiek, wat by die universiteit van Johannesburg gehou is, gesê.

Phosa het gesê Zuma sal net die reg gebruik om sy probleme met die Nasionale Vervolgingsgesag op te los.

“Zuma het gesê hy sal by die hof bly, hy wil nie van die hof af wegbeweeg nie…hy sal sy volle regsarsenaal benut,” het Phosa gesê.

Professor David Unterhalter, ‘n Suid-Afrikaanse praktisyn en professor in regte stem nie met Phosa saam nie, en reken dat Zuma se verhoor regverdig sal wees.

Hy baseer sy argument daarop dat regters hulle bevindings baseer op getuienis wat voor hulle gebring word.

“Natuurlik lees regters koerante, maar wanneer hulle in die hof ingaan maak hulle staat op getuienis,” het hy gesê.

Die idee dat Zuma nie ‘n regverdige verhoor sal hê nie omdat daar baie gepraat word oor sy saak is net nie waar nie, het hy geredeneer.

Gedurende die debat het Phosa gesê die Suid-Afrikaanse regstelsel is nie genoegsaam getransformeer nie.

“Daar is kwessies van ideologie … sekere ideologieë sal net nie weggaan nie … mense wat met apartheid grootgeword het, kan nie net daardie ideologieë verander nie,” het hy gesê.

Unterhalter het nie saamgestem hiermee nie, en gesê daar is baie regters in Suid-Afrika wat in pas is met die huidige wetgewingsraamwerk. 

зубные коронкилобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae