Bring die doodstraf terug

Kort gelede was 'n TV-program oor toestande in gevangenisse in die VSA te sien.

Ek glo dieselfde probleme  heers ook hier, nl. oovol tronke, misdadigerbendes in die tronke en geen beskerming aan gevangenes teen geharde bloubaadjies nie. Van rehabilitasie is geen sprake nie, en 'n meer ontmenslikende ervaring kan mens jou kwalik indink. 'n  Tronk-alumnus is vir die res van sy lewe geknak, en die stigma maak dit vir hom feitlik onmoontlik om werk te kry. Boonop kos dit die staat miljarde om die derduisende misdadigers 'n dak oor die kop en kos te verskaf.

Nou't ek so gedink:

1. Bring die doodstraf terug vir moord, verkragting, motorkapings en gewapende roof.

2. Vir mindere misdade: Lyfstraf. Dink aan die voordele: Die misdadiger kan dadelik teruggaan werk toe en vir sy gesin sorg; dis 'n baie erger afskrikmiddel as tronkstraf; dit kos amper niks; dit sal die terugval na misdaad tot die minimum beperk, en dit stel oortreders nie bloot aan geharde misdadigers by wie hulle allerhande nuwe streke leer nie. Om die  afskrikwaarde te verhoog, kan 'm misdadiger tot bv x-aantal dae tronkstraf gevonnis word, waarvan hy op elke dag, se nou maar tien houe ontvang. Geen vonnis hoef langer as 5 dae te wees nie, met al die voordele hierbo genoem en ek sal waarborg dat die kanse dat hy weer gaan kwaaddoen, minimaal sal wees.

Natuurlik sal so 'n 'barbaarse en onmenslike stelsel' nooit ingestel word nie. Die misdadiger se menseregte en sy menswaardigheid is mos baie belangriker as straf, rehabilitasie en restitusie, en die samelewing se heil.

Stem iemand dalk saam?

тамбов разъемы,Фільчаков Олександр Васильович прокурор