Xenofobiese aanval ‘gewone roof’

‘n 19-jarige Somaliese winkelassistent is Maandagoggend tydens ‘n mislukte rooftog in Nyanga in die gesig geskiet, het die polisie in die Wes-Kaap gesê. Volgens kapt. Ntomboxolo Sitshitshi, polisiewoordvoerder, is die jong man deur twee verdagtes genader om die sekuriteitshek van die winkel, waar hy gewerk het, oop te maak. “Terwyl hy na die sleutels gesoek

Lees verder: Xenofobiese aanval ‘gewone roof’

Clinton glo Bin Laden leef nog

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Maandag in Islamabad tydens ‘n televisie-onderhoud gesê sy glo Osama bin Laden is steeds in Pakistan. “Ek glo hy (Bin Laden) is hier in Pakistan en dit sal baie help as ons hulle almal (Al-Kaida-leiers) kan uitvat,” het sy gesê. Leon Panetta, hoof van die

Lees verder: Clinton glo Bin Laden leef nog

ANC-Jeugliga skors Limpopo-voorsitter

Die ANC-jeugliga het sy voorsitter in Limpopo, Lehlogonolo Masoga, Maandag geskors weens ‘n rits oortredings.  Dít kom nadat die jeugliga se konferensie in April in chaos geëindig het. “Lehlogonolo Masoga is geskors uit die Jeugliga en sou enige appèl aangeteken word, sal dit deur die gepaste forum hanteer word soos dit in die grondwet en

Lees verder: ANC-Jeugliga skors Limpopo-voorsitter

Kapers skiet man voor sy huis

‘n 53-jarige man is Maandagoggend gewond toe sy motor buite sy huis in Pinetown, Durban, gekaap is, het die polisie gesê. “Die slagoffer was omstreeks 07:30 op pad werk toe en het uit sy motor geklim op die hek te sluit. Toe hy omdraai was die verdagtes reeds in sy voertuig,” het Derrick Banks, ER24-woordvoerder,

Lees verder: Kapers skiet man voor sy huis

Swart Expo ontaard in skietery

In drie afsonderlike skietvoorvalle is tien mense in die sentrum van Indianapolis, VSA, gewond en honderde verstrooi tydens die stampvol Indianapolis Swart Expo, het die polisie Sondag gesê. Polisiewoordvoerder Lt Jeff Duhamell sê geen onmiddellike arrestasies is gemaak wat direk gekoppel kan word aan die skietery nie en ondersoekbeamptes is steeds op soek na leidrade.

Lees verder: Swart Expo ontaard in skietery

Demokrasie vir almal behalwe vir Afrikaners?

Volgens woordeboeke hou etnisiteit verband met eienskappe van ‘n groep mense wat ‘n gemeenskaplike ras, godsdiens, taal en ander karaktertrekke in gemeen het. Hierby wil ek byvoeg dat so ‘n gemeenskap ook dieselfde waardestelsel deel en dus van dieselfde beskawingsoorsprong kom. Die probleem van multi-etniese nasies is hoe om verskille in kulturele en etniese verskeidenheid

Lees verder: Demokrasie vir almal behalwe vir Afrikaners?

Joodse Raad vier sestigste bestaansjaar in Duitsland

Die afgelope Sondag was nie net oud-pres. Nelson Mandela se geboorteherdeking nie. Buite die internasionale oog het ‘n herdenking in Duitsland plaasgevind wat waarskynlik net so ‘n belangrike historiese aanloop het. Teen 1933 was daar ‘n geraamde halfmiljoen Jode in Duitsland, waarvan ‘n derde in Berlyn gewoon, en het ongeveer een persent van die bevolking

Lees verder: Joodse Raad vier sestigste bestaansjaar in Duitsland

Ondersese kabel word herstel

Herstel van die Seacom ondersese kabel sal teen die einde van hierdie week voltooi wees, het Seacom se bestuur in ‘n verklaring Vrydag gesê.  ‘n Skip is “ontplooi langs die kus in die noorde van Mombasa, Kenia, waar die kabel twee weke gelede gebreek het en internetprobleme vir kliënte van MWEB en Internet Solutions veroorsaak

Lees verder: Ondersese kabel word herstel