‘n 53-jarige man is Maandagoggend gewond toe sy motor buite sy huis in Pinetown, Durban, gekaap is, het die polisie gesê.
“Die slagoffer was omstreeks 07:30 op pad werk toe en het uit sy motor geklim op die hek te sluit. Toe hy omdraai was die verdagtes reeds in sy voertuig,” het Derrick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.
Die verdagtes het op die man geskiet en hy is in die arm gewond. Hulle het daarna met die man se Volkswagen Golf van die toneel gevlug.
Volgens Banks is die man in ‘n stabiele toestand in die RK Khan-hospitaal opgeneem.
