praag.co.za

ANC-Jeugliga skors Limpopo-voorsitter

Written by

in

Die ANC-jeugliga het sy voorsitter in Limpopo, Lehlogonolo Masoga, Maandag geskors weens ‘n rits oortredings. 

Dít kom nadat die jeugliga se konferensie in April in chaos geëindig het.

“Lehlogonolo Masoga is geskors uit die Jeugliga en sou enige appèl aangeteken word, sal dit deur die gepaste forum hanteer word soos dit in die grondwet en dissiplinêre reëls van die jeugliga vervat is,” het Floyd Shivambu, liga-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die liga se nasionale dissiplinêre komitee het bevind dat Masoga die gedragskode verontagsaam het met “swaar” en “ernstige oortredings”.

“Hy was deel van ‘n beplande daad wat die effektiwiteit van die organisasie ondermyn het. Hy was ook deel van georganiseerde aktiwiteite wat die liga se samehorigheid bedreig het,” het Shivambu gesê.

Masoga het aanvanklik probeer om ‘n interdik teen die dissiplinêre stappe te kry maar het dit later teruggetrek.

In ‘n verklaring het Masoga sy besluit verdedig deur te sê dat die hof nie die regte plek is vir hierdie tipe kwessies nie.

Hy het ook gesê dat hy “pyn en vernedering” ervaar as gevolg van die wyse waarop hy hanteer word.

магазин игрушкиЛобановский Харьков

Comments

Leave a Reply