Herstel van die Seacom ondersese kabel sal teen die einde van hierdie week voltooi wees, het Seacom se bestuur in ‘n verklaring Vrydag gesê.
‘n Skip is “ontplooi langs die kus in die noorde van Mombasa, Kenia, waar die kabel twee weke gelede gebreek het en internetprobleme vir kliënte van MWEB en Internet Solutions veroorsaak het”
Tussentydse reëlings is getref, met inbegrip van die aankoop van alternatiewe kapasiteit van ander aktiewe kabelnetwerkdienste in oostelike en suidelike Afrika. Seacom het Vrydag gesê die kabel moet nog opgespoor word.
Die kabel sal aan boord getel word, die beskadigde gedeelte sal verwyder word en die integriteit van die kabel sal nagegaan word voordat die aanvanklike splitsing van die spaarsegment getoets word, het hulle gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.