Polisiewoordvoerder Lt Jeff Duhamell sê geen onmiddellike arrestasies is gemaak wat direk gekoppel kan word aan die skietery nie en ondersoekbeamptes is steeds op soek na leidrade.
Nie een van die slagoffers se beserings was die lewensbedreigend nie, het Duhamell aan The Associated Press gesê, en bygevoeg dat die polisie ook drie onverwante arrestasies agv onwettige wapenbesit gemaak het.
Die voorval het begin toe verskeie skote omstreeks 21:30 Saterdag by Circle Sentrum Mall weerklink het, en agt mense gewond gelaat het en mense in alle rigtings laat spaander het, het Duhamell gesê.
Hy het gesê ‘n tweede skietery in die omgewing het ‘n paar minute later uitgebreek en ‘n jong man is gewond. Hy het bygevoeg dat die derde skietvoorval plaasgevind het rondom 11:30 en nog ‘n man gewond gelaat het.
Duhamell sê die slagoffers is almal swart mans tussen 10 en 18 jaar oud. Hy het gesê die meeste is na twee hospitale afgevoer waar hulle in ‘n bevredigende toestand vroeg Sondag verklaar is. Een persoon is op die toneel behandel.
Die polisie het intussen in hul honderde toegesak op die Swart Expo se aktiwiteite, en polisieversterkings patrolleer te midde van die skare om verdere voorvalle te voorkom.
“Dit is redelik ongewoon om soveel skote in so ‘n kort tyd te hê. Dit is baie jammer,” het Duhamell gesê.
Duhamell gesê ondersoekbeamptes het geen onmiddellike verklaring oor ‘n moontlike motief vir die voorvalle nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.