Verskillende ontleders en kommentators is nou besig om te werk aan hul vooruitskouings vir 2011. Dit is ‘n komplekse proses waar ‘n massa inligting verwerk en vertolk moet word. Teoreties bied die behavioralistiese benadering die mees betroubare scenarios. Veral politieke sosioloë onderwerp ‘n groot hoeveelheid inligting aan ‘n stelsel wat dan waarskynlike opsies bied van
Majali se dood ‘nie selfmoord’
Die kans is skraal dat die omstrede sakeman, Sandile Majali, selfmoord gepleeg het, het sy prokureur, John Ngcebetsha, Maandagaand gesê. “Daar is geen bewyse wat daarop dui dat Majali selfmoord gepleeg het nie. Dit is heel onwaarskynlik op hierdie stadium,” het Ngcebetsha gesê. Die 48-jarige sakeman se lyk is Sondagoggend in die Sandton Quatermain-hotel in
NBU en die plaaslike verkiesing
Na berig word, oorweeg die Nasionale Belastingbetalersunie om aan aanstaande jaar se landswye munisipale verkiesing deel te neem. Volgens die berig spruit dit uit die NBU se gebrek aan optrede deur die DA se Wes-Kaapse provinsiale regering by die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat glo vrot van korrupsie is. Die DA ontken gebrek aan optrede, maar voeg by
2010 – Aardskuddende jaar
Aardbewings, die stand van tussengroepverhoudings, plaasmoorde, verbintenis tot die grondwet, mediavryheid en meer kom aan die beurt in hierdie beknopte bespreking van die afgelope jaar se aktualiteitshoogtepunte. Aardbewings Die jaar 2010 was in verskeie opsigte ‘n aardkuddende jaar – ook letterlik. Die reuse aardbewing van magnitude 9 wat op 26 Desember 2004 ‘n verwoestende tsunami
Christusfees of Krismis?
“Vrede op aarde en in die mens ‘n welbehae.” Kinders uit hul velle, briefies vir Kersvader, geskenke oopmaak. Vir baie dien hierdie aangename herinneringe as brandstof vir ‘n godsdienstige ingesteldheid wanneer die lewe later begin druk. Kerssangdienste, spesiale kersdienste, gesinne en familie wat bymekaar kom. ‘n Padslagting, eensames wat selfmoord pleeg. Arm gesinne vir wie
Transvalers in die Wes-Kaap
Ek ag dit my plig om ‘n lansie te breek vir die Transvalers/Pretorianers. Vervolgens wil ek meld dat dat dit my vier jaar geneem het om my te begin beskou as ‘n Wes-Kapenaar. Van meet af aan het ek die Wes-Kaap kruis en dwars deurgereis om bekend te word met my nuwe tuiste alhoewel my
Middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte
‘n Onlangse eerlike opmerking deur die skryfster, Annelie Botes, het nie net ‘n naam aan die spook in die kas gegee nie, dit het die spook uit die kas geruk sodat die onderwerp in ‘n kort tydjie al behoorlik voos beskryf is. Mense aan verskillende spektrums van die politiek, mense van verskillende kulture en rasse,
Lees verder: Middelpuntvliedende en middelpuntsoekende kragte
Vredesmag vir Ivoorkus?
Die internasionale gemeenskap mag die Verenigde Nasies se vredesmag in die Ivoorkus versterk ten einde ‘n potensiële aanslag deur ondersteuners van president Laurent Gbagbo af te weer, het die Verenigde State se departement van buitelandse sake gister gesê. ‘n Woordvoerder vir die departement, PJ Crowley het gesê dat Washington stappe bespreek om die vredespoging met
Verkiesing van leiers in Afrika
In die Ivoorkus lol dit. In Zimbabwe lol dit. In Kenia en Madagaskar sukkel dit. Cope wys hoe dit nie gedoen moet word nie. In Suid-Afrika is die stryd om in die demokratiese bestel bo uit te kom, dikwels een van oorlewing. In ‘n nominasiestryd om ‘n kandidaat vir ‘n wyksverkiesing te kies, is die
Jou sukses pragtig ten toon gestel!
Ek, as motorjoernalis, het al baie motors in my loopbaan bestuur. Min van hulle het egter die uitwerking wat die BMW 530d op my gehad het. Die 5-reeks is die besigheidsklassedan van die Beierse vervaardiger. Deur die leeftyd van die 5-reeks is hy al ‘n paar keer as die beste motor van sy tyd benoem.
