praag.co.za

Transvalers in die Wes-Kaap

Written by

in

Ek ag dit my plig om ‘n lansie te breek vir die Transvalers/Pretorianers.

Vervolgens wil ek meld dat dat dit my vier jaar geneem het om my te begin beskou as ‘n Wes-Kapenaar. Van meet af aan het ek die Wes-Kaap kruis en dwars deurgereis om bekend te word met my nuwe tuiste alhoewel my hart gehunker het na die dieprooi aarde van die Transvaal met sy pragtige doringbome en malse wuiwende mielielande – ‘n verlange wat seker maar altyd sal bly – eweneens het ek my hele hart en siel ingegooi agter Wes-Kaap – my doelbewus ingestel om die pragtige, wuiwende koringlande – die ongerepte skoonheid van die dorpies – en die pragtige blou berge te waardeer.

Lojaliteit vir die Blou Bulle sal nie die kind van die katel afstoot nie – ek het al gevorder van primêre lojaliteit tot verdeelde lojaleit dus kom ons gun mekaar met begrip dít wat vir jou kosbaar is.

Glo my die Transvalers hier waar ek woon in n kusdorpie het niks anders as voorspoed in ons dorpie gebring nie – “ons dorpie” is hoe ek voel.

Dus in retrospek wees geduldig met die ontwortelde migrante wat net ‘n veilige hawe vir hulle gesin kom soek in “jullle” pragtige Wes-Kaap – en gun die Transvalers ‘n klein stukkie van hulle hart wat agtergebly het in die Transvaal en die heel belangrikste: waardeer die bydrae wat hulle kan en wil lewer.

***********************************

NEIL KROESE se brief in die Beeld waarop ek gereageer het – ek verkies egter om hom te antwoord op Praag waar my mense gesels:

Ek ag dit my plig as voorsitter van die “Welkom, Transvaler-projek” om Moedelose Pretorianer welkom te heet in die Wes-Kaap en om hom of haar te bedank vir die bona fide-omgee vir ons pragtige provinsie.

Dan wil ek ook ter wille van suksesvolle integrasie net die volgende punte onder sy of haar aandag bring. Die oormatige gebruik van frases soos “in Pretoria het” of “in Pretoria is” of “toe ek in Pretoria was” is nou nie juis frases wat voordelig is vir aanvaarding of goeie buurmanskap in die Wes-Kaap nie.

Ook nie ’n Blou Bul-vlag op jou voorstoep of Blou Bul-klokke om jou bakkie se sleepstang nie. Hou dié goedjies maar liewer vir jou binnekamer.

Ek kan wel aan hom of haar noem dat ons in die Wes-Kaap wel herwinning doen. Mag ek aan Moedelose Pretorianer voorstel dat hy of sy “Recycle in Western Cape” in Google se soekenjin tik. Google werk in die Kaap, nes in Pretoria. Daar sal hy of sy ’n magdom inligting kry oor herwinning in die betrokke gebied.

Dinge in die Kaap werk weliswaar ’n bietjie anders as in Pretoria, iets waaroor die meeste Kapenaars in die algemeen bitter dankbaar is.

NEIL KROESE

латки камерные круглыеАлександр Фильчаков Васильевич

Comments

Leave a Reply