praag.co.za

Majali se dood ‘nie selfmoord’

Majali

Written by

in

MajaliDie kans is skraal dat die omstrede sakeman, Sandile Majali, selfmoord gepleeg het, het sy prokureur, John Ngcebetsha, Maandagaand gesê.

“Daar is geen bewyse wat daarop dui dat Majali selfmoord gepleeg het nie. Dit is heel onwaarskynlik op hierdie stadium,” het Ngcebetsha gesê.

Die 48-jarige sakeman se lyk is Sondagoggend in die Sandton Quatermain-hotel in Johannesburg gevind.

Volgens Ngcebetsha was Majali se familie “baie bekommerd” oor die omstandighede van sy dood.

“Die familie het ook ‘n onafhanklike patoloog aangestel om Majali se lyk te ondersoek,” het  Ngcebetsha bygevoeg.

Na bewering het Majali “asemhalingsprobleme” die afgelope tyd ervaar. Hy het in die hotel gebly sodat hy kon rus en die nodige mediese sorg ontvang.

Die familie het ‘n beroep op die media gedoen om “weg te bly en hom toe te laat om in vrede te rus”.

Hy was betrek by ‘n sogenaamde olieskandaal ná onthullings in 2005 gemaak is dat PetroSA ’n voorskot van R15 miljoen aan Majali se Imvume Management betaal het, het Die Burger berig.

Imvume het vier dae ná hy die voorskot ontvang het en op die vooraand van die algemene verkiesing in 2004, ’n skenking van R11 miljoen aan die ANC gemaak.

Hy is in Oktober in hegtenis geneem nadat die direkteurskap van Kalahari Resources van Brian Amos Mashile en Daphne Mashile-Nkosi na ‘n groep van agt individue, insluitend Majali, verander het.

Die Sunday Times het op 23 Augustus 2008 berig Majali het transaksies met Irak aangegaan op ’n wyse wat VN-sanksies teen die vorige Irakse leier, Oudpres. Saddam Hoesein, oortree het.

играшкиФильчаков прокурор харькова

Comments

Leave a Reply