Die adjunk-minister van inligting, Bright Matonga, sê die leiers van die G8-lande is rassiste wat dink wit mense het beter denkprosesse as die swart mense van Afrika.
Hy sê dit word deur hulle pogings om Mugabe en sy vertrouelinge te isoleer, gedemonstreer.
Die G8-lande en meeste lidlande van die Verenigde Nasies is ten gunste van 'n algehele reisverbod op Mugabe en sy binnekring.
Hulle wil ook die bates van Mugabe en sy kamerade bevries.

Die Wesrandse polisie het 'n man gister in Kagiso in hegtenis geneem omdat hy in die besit van 126 gesteelde selfone was.
'n 27-jarige man van Benoni is doodgeskiet toe hy sy hande gaan was het by die Leeuparkrestaurant in Muldersdrift. Die voorval het gister by die park plaasgevind met omtrent 1600 besoekers by die park en byna 100 mense in die restaurant.