Merrill Lynch het gewaarsku dat oliepryse so laag as $25 kan daal teen volgende jaar indien die resessie wat Amerika, Europa en Japan raak na Sjina uitbrei. Sjina is die hoofdrywer in die vraag op kommoditeitsmarkte in onlangse jare.
Lees verder: Merrill Lynch waarsku dat oliepryse kan daal tot $25

Die Europese menseregtehof het Donderdag eenparig bevind dat Brittanje se beleid om vingerafdrukke en DNS van alle kriminele verdagtes in te samel en te stoor, selfs die van mense wat onskuldig bevind word, 'n skending van menseregte is.
Die genetiese handtekeninge van mense in Spanje en Portugal toon nuwe en eksplisiete bewyse van die massaomskakelings van Sefardiese Jode en Moslems na Katolieke in die 15de en 16de eeue nadat Christenweermagte Spanje weer teruggewen het van Moslembeheer, het 'n span genetici gesê.