Kom weer prof! Pornografie as vak?

Image'n Universiteit in Taiwan het 'n kursus begin aanbied wat die studente leer hoe om pornografiese films te kan waardeer en te analiseer.

Die massakommunikasiedepartement van die Providence-universiteit het die kursus vanjaar begin aanbied, het die United Daily News berig.

Om die kursus te slaag, moet studente 'n 15-minute-aanbieding kan gee waarin hulle die gehoor se sielkundige reaksie op 'n pornografiese snit kan analiseer vanuit 'n akademiese perspektief.

Een bekommerde student wat nie genoem wil word nie het gesê "Indien ek baie goeie punte vir die kursus sou kry, weet ek nie hoe ek dit aan my ouers gaan verduidelik nie".

Wanneer studente vir die vrywillige kursus inskryf, teken hulle 'n dokument waarin hulle saamstem dat indien tonele te eksplisiet is, hulle die lokaal mag verlaat indien hulle sou wou.

Die dosent, assistent professor Chen Mingmei, het gesê dat nog nie een student ooit uit die klas geloop het nie, maar dat sommige studente net hulle hand voor die oë hou gedurende strawwer tonele.   

скульптурыФильчаков прокурор отзывы

Israelse bomme tref VN-hoofkwartier in Gaza

Image

Israelse vegvliegtuie

Bomme van die Israelse artillerie het die VN-hoofkwartier in die Gasastrook Donderdag getref en 'n voedselpakhuis aan die brand gesteek, en ook daardeur skerp kritiek deur die besoekende VN-hoof ontlok, wat dit as "offensief" beskou het. Nog 'n Israelse bombardement het Hamas se sekuriteitshoof gedood.

Die aanval het bygedra tot 'n dodelike dag, waarin Israelse soldate teen Islamitiese militante geveg het. Verskrikte inwoners het in skuilings en onder trappe geskuil of kinders gegryp en te voet gevlug.

Ná sonsondergang het bomme naby Gasatad se Quds-hospitaal geval, waar baie families skuiling gesoek het en die gebou het aan die brand geslaan, wat personeel genoop het om honderde mense te ontruim. Volgens 'n mediese ordonnans van die hospitaal is sommige pasiënte in die straat afgestoot op trollies, met 'n paar van hulle wat wit vlae omhoog gehou het.

Dié vernietiging dra by tot wat hulpgroepe sê 'n humanitêre krisis in Gasa is wat spanning tussen Israel en die internasionale gemeenskap verhoog, selfs terwyl diplomate vooruitgang in die skietstakinggesprekke aandui.

Oorlog het Vrydag voortgegaan. Israelse vegvliegtuie het 40 teikens oral oor Gasa getref volgens militêre offisiere wat anoniem gepraat het omdat geen amptelike verklaring nog vrygestel is nie. Geen sterfgevalle is onmiddellik aangemeld nie.

Israel se minister van buitelandse sake, Tzipi Livni, het Donderdag na Washington vertrek om 'n Gasa-skietstilstand met Gondoleezza Rice te bespreek. Amerika en Egipte probeer om 'n ooreenkoms opgestel te kry wat 'n einde sal maak aan die 20 dae se hewige gevegte. лестницу влобановский александр фото

Vliegtuig val in New York se Hudsonrivier, al 155 passasiers veilig

Image

Amateurfoto van die vliegtuig in die Hudsonrivier

'n American Airways-vliegtuig met 155 mense aan boord het Donderdag in New York se Hudsonrivier geval, maar almal aan boord het wonderbaarlik ontsnap terwyl die yskoue water om hulle gestyg het, het Amerikaanse amptenare gesê.

Die Airbus met 150 passasiers en 5 bemanningslede het krag verloor in beide enjins tegelyk, 'n baie rare gebeurtenis net minute nadat dit opgestyg het by die LaGuardia-lughawe buite New York.

Oorspronklike verslae van die Federale Lugvaartowerheid het gereken dat die vliegtuig se enjins tot stilstand gekom het ná 'n botsing met voëls, maar dit is nog nie bevestig nie. Terrorisme as die oorsaak is uitgeskakel.

Die loods is geloof vir die heldemoed wat hy getoon het toe hy die vliegtuig veilig in die rivier net buite Manhattan neergesit het. Daar is niemand in die ongeluk dood nie.

New York se burgemeester, Michael Bloomberg, het gesê hy was "nie bewus van enige ernstige beserings nie".

Een bemanningslid het 'n sny aan haar been gehad en baie passasiers het behandeling gesoek teen die blootstelling aan die ysige temperature, het CNN berig.

In die sekondes ná die ongeluk het dosyne angsbevange passasiers op die vlerke van die vliegtuig saamgedrom in die hoop om opgelaai te word deur die bote voordat die vliegtuig gesink het.

Foto's het gewys hoe mense op die lengte van een vlerk in 'n ry gestaan het met die water wat oor hulle voete spoel terwyl hulle gered is.

Die loods is lof toegeswaai dat hy daarin geslaag het om American Airways vlug 1549 in die rivier kon laat neersweef nadat beide enjins drie minute ná die opstyg onderweg na Charlotte in Noord Carolina gaan staan het.

President George W. Bush het in 'n verklaring gesê dat hy "geïnspireer is deur die heldemoed en vaardigheid van die vlugbemanning, asook die toewyding en selfloosheid van die noodreaksiespanne".

Ondersoek beamptes het laat Donderdag in New York aangekom om die wrak te ondersoek. 

Vroeë aanduidings is 'n katastrofiese botsing tussen ten minste een enjin en voëls, wat wydverspreid voorkom in die vlugbane buite New York.

подкатные пневмногидравлическиелобановский александр игоревич харьков

Taakspan moet munisipale probleme ondersoek

'n Taakspan is aangestel om munisipale probleme te hanteer, het die provinsiale en plaaslike regeringsminister Sicelo Shiceka Dondrdag gesê.

By 'n media konferensie in Pretoria het Shiceka gesê dat die span Vrydag sy taak sal begin. Dit volg ná 'n vergadering tussen die departement en die sakeorganisasie, die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI).

Die departement en die AHI het 'n vennootskap aangegaan waarvolgens die twee gaan saamwerk om die probleme wat die munisipaliteite in die gesig staar aan te spreek.

Die minister het gesê die span gaan kyk na probleme ten opsigte van die verskaffing van veilige drinkwater en sanitasie vir alle Suid-Afrikaners.

Hy het gesê die departement en de AHI het reeds hulle eie spanne gestuur na drie munisipaliteite in die land om die omvang van probleme daar te ondersoek.

Munisipaliteite wat hulle besoek het, is Kougamma in die Ooskaap, die Groter Marble Hall in Limpopo en Emfuleni in Gauteng.

Shiceka het die Kougamma beskryf 'n liggaam wat 'n groot probleem ondervind met sanitasie, terwyl Marble Hall weer probleme ondervind met die storting van riool in riviere.

"Dit is belangrik om riviere te beskerm teen besoedeling om te verseker dat die mense van ons land skoon drinkwater het," het hy gesê.

Volgens die departement is gemeenskaplike probleme wat die drie munisipaliteite deel beperkte algemene bestuur en finansiële bestuursvermoëms, asook die afwesigheid van tegniese vaardighede.

стенды развал-схождения huntertopcargo кидалы

Suid-Afrikaanse president gaan nog ‘n rondte Zim-sameprekings aan die gang sit

Image

Kgalema Motlanthe

Suid-Afrika se president Kgalema Motlanthe, hoof van die SAOG-streeksblok, gaan Maandag na Harare reis om die gesprekke met Zimbabwe se strydende politieke leiers te hervat, het 'n amptelike verklaring gelui.

Motlanthe gaan 'n afvaardiging lei van die SAOG wat die voormalige president en bemiddelaar Thabo Mbeki insluit, asook die Mosambiekse president Armando Emilio Guebuza, het die presidensie Donderdag gesê.

Zimbabwe se opposisieleier Morgan Tsvangirai het vroeër die dag aan joernaliste gesê dat Suid-Afrika binne 'n week nuwe samesprekinge met president Robert Mugabe sal lei in 'n poging om nuwe lewe te gee aan die magsdelingsooreenkoms wat vasgeval het. Die ooreenkoms is amper 4 maande terug onderteken.

Tsvangirai, van die Movement for Democratic Change (MDC), het gesê Motlanthe sal met die twee teenstaanders vergader waar hy gaan bevestig dat hy steeds verbind is aan die ooreenkoms wat amper vier maande terug onderteken is.

Maandag se vergaderings gaan gesprekke insluit oor 'n konstitusionele verandering wat die poste van eerste minister en adjunkeersteminister moet skep, wat gevul moet word deur Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara, die leier van die MDC-splintergroep, het die verklaring verder gelui.

no deposit betting siteтопкарго отзыв

Hongersnood in Zimbabwe nader nou hoogtepunt, volgens Oxfam

ImageZimbabwe se hongersnood nader nou sy hoogtepunt, het die Britse hulpagentskap Oxfam Donderdag gesê. Dit is vanweë die feit dat miljoene mense se voedsel gaan opraak voordat die volgende oeste gaan inkom.

Die situasie kan vinnige vererger terwyl hulpagentskappe gedwing word om voedsel te verminder vanweë geldtekorte, het die welsynsorganisasie in 'n verklaring gesê.

"Kwesbare huishoudings gaan vandeesmaand kleiner kosrantsoene kry as gevolg van 'n tekort aan geld. Volgende maand word daar ook verminderings verwag," het Oxfam gesê.

Tesame met die 5 miljoen Zimbabwiërs wat staatmaak op voedsel wat versprei word, is daar nog 'n miljoen mense wat ook voordeel behoort te trek uit die voedselhulpprogram wat vandeesmaand dalk nie enige voorrade gaan verkry nie as gevolg van geldtekorte.

Ten spyte van onlangse donasies, het die VN se Wêreldvoedselprogram steeds 'n tekort van omtrent $65 miljoen vir sy werk in Zimbabwe tot aan die einde van Maart, het Oxfam gesê.

"Mense se lewens is in gevaar as gevolg van 'n tekort aan voedsel. Hulle is erg verswak en daarom minder in staat om cholera te weerstaan wat oor die hele land versprei het, en ook minder bestand teen MIV/Vigs," het Peter Mutoredzanwa, Oxfam se direkteur in Zimbabwe, gesê.

боди для новорожденных девочек купитьЛобановский

LUR meen erge storms kan verhoed word

Erge storms in KwaZulu-Natal kan voorkom word indien 2009 'n jaar gemaak word van hernude sorg vir die omgewing, het die LUR vir omgewingsake, Mtolephi Mthimkhulu, Donderdag gesê.

"Oor die laaste twee maande was KwaZulu-Natal die speelgrond vir slegte weer as gevolg van die globale weersveranderinge."

Hy het gesê die veranderinge is 'n direkte gevolg van die "onvriendelike manier waarop ons die omgewing hanteer. Dit is as gevolg van ons eie nalatigheid…"

Sy toespraak by die Hilton-hotel in Durban het gekom nadat verskeie swaar donderstorms chaos in verskeie dele van die provinsie veroorsaak het.

Sedert die begin van die jaar is daar reeds 20 mense dood in die storms.

Sommige van die slagoffers is deur weerlig getref terwyl hulle in hul wonings was.

Mthimkhulu het gesê dat aardverwarming die grootste bedreiging is wat nie net Suid-Afrika nie, maar die hele wêreld bedreig, asook elke deel van die samelewing.

"Wanneer dit swaar reën, sal ons kwesbaar wees vir siektes soos malaria, wanneer daar vloede is sal ons landbougrond vernietig word, wanneer daar droogte is sal daar armoede wees… swaar storms, swaar reën, wind.. .kan voorkom word slegs indien ons almal hierdie 'n jaar van hernude sorg vir die omgewing maak."

Hy het almal aangemoedig om klein dingetjies te doen soos om bome aan te plant om die wêreld te verander.

"Moet net nie bloekombome of dennebome plant nie, plant vrugtebome soos lemoene, mango's en avokado's."

Hy het gesê dat bome ook soos windbrekers werk gedurende storms.

Mthimkhulu het gewaarsku daarteen om bloekombome te plant, omdat hulle baie water nodig het.

паркет цена ценаФільчаков прокурор

Obama se VN-ambassadrise gaan Mugabe konfronteer

Image

Susan Rice

Die verkose Amerikaanse president, Barack Obama, se genomineerde kandidaat vir VN-ambassadeur, Susan Rice, het Donderdag belowe om streng met Zimbabwe om te gaan en om Amerikaanse globale leierskap te versterk, met 'n klem daarop om vredebewaringskapasiteit te versterk.

By haar senaatsinswering, het Rice belowe om die Mugabe-bewind te konfronteer en om Sjina, Rusland en die Afrikalande aan te moedig om saam met die Obama-bewind te werk om die veteraansterkman van Afrika te isoleer.

"Hulle belange stem lankal nie meer ooreen met Mugabe se bewind nie," het Rice aan die senaat se buitelandseverhoudingekomitee gesê nadat die voorsitter John Kerry haar as 'n uitstaande keuse vir die VN-pos geloof het.

Sy het geargumenteer dat "dit in ons gesamentlike belang was om 'n vreedsame oorgang te kry in Zimbabwe na 'n demokratiese regering," en het verder gesê dat Beijing en Moskou VN-pogings moet ondersteun om 'n regering te isoleer wat "duidelik nie vir dié wêreld bedoel is nie."

"Ek hoop dat ons onder die Obama-leierskap met Suider0Afrika kan saamwerk en hulle privaatverwerping in die openbare sfeer kan bekendstel… sodat Zimbabwe se leiding 'n einde kan kry," het sy gesê.

Rice, wat 'n top buitelandse beleidsadviseur was teenoor die Obamaveldtog nadat sy as assistentminister van buitelandse sake gedien het in die 1990s, het "besef dat die VN Amerikaners gereeld gefrustreer het en was terdeë bewus van hulle tekortkominge".

Doeltreffende globale diplomasie en VN-ondersteuning was nou meer as ooit tevore nodig in plekke soos Irak en Afghanistan, het sy gesê, en belowe om aan te hou om druk toepas op die kongres om Amerika se toenemend agterstallige VN-lidmaatskap af te betaal.

дровяные печи каменкитопкарго отзыв

Selebi meen daar is geen getuienis teen hom nie

Image

Jackie Selebi

Die Nasionale vervolgingsgesag het geen getuienis om die korrupsiesaak teen die geskorste polisiehoof Jackie Selebi te ondersteun nie, het hy Donderdag in 'n onderhoud gesê.

"Daardie mense het geen saak nie…dit is 'n ongelukkige ondersoek, want hulle weet nie wat hulle wil hê nie," het Selebi aan die Sowetan-koerant gesê.

Hy het gereageer op die VG se besluit om dagvaardings te bedien op getuies, klaarblyklik ten minste 10 senior polisielede, insluitend die waarnemende polisiehoof, Tim Williams, om getuienis te oorhandig wat nodig is om Selebi te vervolg.

Die geskorste nasionale polisiekommissaris het gesê dat toe die skerpioene die eerste keer die klag van korrupsie en dwarsboming van die gereg gelê het, "hulle aan die publiek gesê het dat hulle gereed is om te vervolg".

Maar Selebi het gesê die uitreiking van dagvaardings toon dat die vervolgingsgesag geen getuienis teen hom het nie en op 'n "voortslepende visvangekspedisie uit is".

Selebi se verhoor sal na verwagting op 14 April in die Johannesburgse Hooggeregshof begin op die aanklagte wat verband hou met betalings van sowat R1,2 miljoen wat aan hom gemaak is.

"Wat hulle nie gaan kry nie is dat die saak weer uitgestel sal word," het Selebi aan die Sowetan gesê.

Die staat beweer dar veroordeelde dwelmhandelaar Glen Agliotti, vermoorde mynmagnaat Brett Kebble en voormalige Hyundaibaas en mynentrepreneur Billy Rautenbach en "ander relevante entiteite" korrupte betalings aan Selebi gemaak het tussen 1 Januarie 2000 en 31 Desember 2005.

Selebi is in Januarie 2008 geskors en het toe ook bedank as hoof van Interpol.

автомобильное зарядноеДанильченко Юрий прокурор

Planete met atmosfeer buite ons sonnestelsel ontdek

ImageTwee aparte spanne wetenskaplikes het Woensdag die eerste berig gegee van die atmosfeer van planete buite ons sonnestelsel.

As mens die twee studies gesamentlik lees, maak dit 'n hele nuwe wêreld oop in die studie van eksoplanete, dit is moeilik om te bespeur liggame wat om sterre buite ons sonnestelsel in 'n wentelbaan verkeer.

Amper 300 eksoplanete, waarvan sommige toestande mag hê wat soortgelyk is aan wat lewe op die aarde kon plaas, is sover ontdek, hoewel sterrekundiges reken dat daar nog baie meer is wat wag om ontdek te word.

Tot nou toe is amper alles wat omtrent die atmosfeer van eksoplanete bekend is uit data vasgestel wat deur die ruimtegebaseerde Spitzer infrarooi teleskoop versamel is.

Maar Spitzer sal binnekort te min kriogene hê, wat gebruik word om die instrumente te verkoel, wat sy vermoëns heelwat sal inkort.

Een span het 'n massiewe planeet gesien wat baiekeer so groot is as die aarde, genaamd OGLE-TR-56b, ;n sogenaamde "warm Jupiter."

Warm Jupiters is groot planete, baie keer die grootte van die aarde wat baie naby aan hulle sterre in 'n wentelbaan verkeer. Omdat hulle so naby is, word daar geglo dat hulle warm genoeg is om uitstralings te doen in die optiese en naby-infrarooi golflengtes wat sigbaar sal wees van die aarde af. 

одежда для спортивной гимнастики для девочекtopcargo отзыв