Kom weer prof! Pornografie as vak?

Image'n Universiteit in Taiwan het 'n kursus begin aanbied wat die studente leer hoe om pornografiese films te kan waardeer en te analiseer.

Die massakommunikasiedepartement van die Providence-universiteit het die kursus vanjaar begin aanbied, het die United Daily News berig.

Om die kursus te slaag, moet studente 'n 15-minute-aanbieding kan gee waarin hulle die gehoor se sielkundige reaksie op 'n pornografiese snit kan analiseer vanuit 'n akademiese perspektief.

Een bekommerde student wat nie genoem wil word nie het gesê "Indien ek baie goeie punte vir die kursus sou kry, weet ek nie hoe ek dit aan my ouers gaan verduidelik nie".

Wanneer studente vir die vrywillige kursus inskryf, teken hulle 'n dokument waarin hulle saamstem dat indien tonele te eksplisiet is, hulle die lokaal mag verlaat indien hulle sou wou.

Die dosent, assistent professor Chen Mingmei, het gesê dat nog nie een student ooit uit die klas geloop het nie, maar dat sommige studente net hulle hand voor die oë hou gedurende strawwer tonele.   

скульптурыФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae