Vliegtuig val in New York se Hudsonrivier, al 155 passasiers veilig

Image

Amateurfoto van die vliegtuig in die Hudsonrivier

'n American Airways-vliegtuig met 155 mense aan boord het Donderdag in New York se Hudsonrivier geval, maar almal aan boord het wonderbaarlik ontsnap terwyl die yskoue water om hulle gestyg het, het Amerikaanse amptenare gesê.

Die Airbus met 150 passasiers en 5 bemanningslede het krag verloor in beide enjins tegelyk, 'n baie rare gebeurtenis net minute nadat dit opgestyg het by die LaGuardia-lughawe buite New York.

Oorspronklike verslae van die Federale Lugvaartowerheid het gereken dat die vliegtuig se enjins tot stilstand gekom het ná 'n botsing met voëls, maar dit is nog nie bevestig nie. Terrorisme as die oorsaak is uitgeskakel.

Die loods is geloof vir die heldemoed wat hy getoon het toe hy die vliegtuig veilig in die rivier net buite Manhattan neergesit het. Daar is niemand in die ongeluk dood nie.

New York se burgemeester, Michael Bloomberg, het gesê hy was "nie bewus van enige ernstige beserings nie".

Een bemanningslid het 'n sny aan haar been gehad en baie passasiers het behandeling gesoek teen die blootstelling aan die ysige temperature, het CNN berig.

In die sekondes ná die ongeluk het dosyne angsbevange passasiers op die vlerke van die vliegtuig saamgedrom in die hoop om opgelaai te word deur die bote voordat die vliegtuig gesink het.

Foto's het gewys hoe mense op die lengte van een vlerk in 'n ry gestaan het met die water wat oor hulle voete spoel terwyl hulle gered is.

Die loods is lof toegeswaai dat hy daarin geslaag het om American Airways vlug 1549 in die rivier kon laat neersweef nadat beide enjins drie minute ná die opstyg onderweg na Charlotte in Noord Carolina gaan staan het.

President George W. Bush het in 'n verklaring gesê dat hy "geïnspireer is deur die heldemoed en vaardigheid van die vlugbemanning, asook die toewyding en selfloosheid van die noodreaksiespanne".

Ondersoek beamptes het laat Donderdag in New York aangekom om die wrak te ondersoek. 

Vroeë aanduidings is 'n katastrofiese botsing tussen ten minste een enjin en voëls, wat wydverspreid voorkom in die vlugbane buite New York.

подкатные пневмногидравлическиелобановский александр игоревич харьков