Taakspan moet munisipale probleme ondersoek

'n Taakspan is aangestel om munisipale probleme te hanteer, het die provinsiale en plaaslike regeringsminister Sicelo Shiceka Dondrdag gesê.

By 'n media konferensie in Pretoria het Shiceka gesê dat die span Vrydag sy taak sal begin. Dit volg ná 'n vergadering tussen die departement en die sakeorganisasie, die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI).

Die departement en die AHI het 'n vennootskap aangegaan waarvolgens die twee gaan saamwerk om die probleme wat die munisipaliteite in die gesig staar aan te spreek.

Die minister het gesê die span gaan kyk na probleme ten opsigte van die verskaffing van veilige drinkwater en sanitasie vir alle Suid-Afrikaners.

Hy het gesê die departement en de AHI het reeds hulle eie spanne gestuur na drie munisipaliteite in die land om die omvang van probleme daar te ondersoek.

Munisipaliteite wat hulle besoek het, is Kougamma in die Ooskaap, die Groter Marble Hall in Limpopo en Emfuleni in Gauteng.

Shiceka het die Kougamma beskryf 'n liggaam wat 'n groot probleem ondervind met sanitasie, terwyl Marble Hall weer probleme ondervind met die storting van riool in riviere.

"Dit is belangrik om riviere te beskerm teen besoedeling om te verseker dat die mense van ons land skoon drinkwater het," het hy gesê.

Volgens die departement is gemeenskaplike probleme wat die drie munisipaliteite deel beperkte algemene bestuur en finansiële bestuursvermoëms, asook die afwesigheid van tegniese vaardighede.

стенды развал-схождения huntertopcargo кидалы