Nuwe tussentydse regering in Egipte

‘n Nuwe tussentydse regering in Egipte is ingesweer te midde van hernude geweld tussen veiligheidsmagte en ondersteuners van die afgesette president Mohammed Morsi. Sewe mense is in die jongste geweld dood en meer as 400 betogers is in die hoofstad Kairo in hegtenis geneem. Die tussentydse regering staar ‘n reuse uitdaging in die gesig om

Lees verder: Nuwe tussentydse regering in Egipte

SAOG, VSA bekommerd oor Zim-verkiesing

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se waarnemer-sending in Zimbabwe het dié land gemaan om omstrede kwessies voor die verkiesing op die 31ste van die maand op te los, eerder as om daarmee te wag tot ná die verkiesing. Daar is reeds probleme ervaar toe die polisie en militêre personeel gestem het en talle is nie toegelaat om

Lees verder: SAOG, VSA bekommerd oor Zim-verkiesing

Xhosakoning glo woedend oor te min geld

Twee Xhosamans wat skuldig bevind is aan sameswering om provinsiale ANC-leiers te vermoor, word vandag in die Oos-Kaapse hooggeregshof in Mthatha gevonnis. Thembinkosi Mapeyi en Thembile Ceba is twee jaar gelede in hegtenis geneem na ‘n geheime ondersoek deur die polisie. Hulle het saamgesweer om die LUR vir plaaslike regering, Mlibo Qoboshiyane en die provinsiale

Lees verder: Xhosakoning glo woedend oor te min geld

SANW ontken berigte dat SA-soldate in DRK-gevegte betrokke is

Die Weermag ontken berigte dat Suid-Afrikaanse soldate betrokke was by gevegte teen die rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Volgens mediaberigte was soldate wat deel is van die VN-mag betrokke in skermuntselings naby die dorp Goma. Intussen het dit egter aan die lig gekom dat die VN-mag nog nie aktief is in die

Lees verder: SANW ontken berigte dat SA-soldate in DRK-gevegte betrokke is

Kurt moontlik dié week ontslaan

Die sanger Kurt Darren kan moontlik vandeesweek uit die hospitaal ontslaan word, het sy broer Darryn van Heerden Maandag aan Looklocal gesê. “Kurt is steeds in baie pyn in die hospitaal maar dit gaan goed met hom,” het Darryn gesê. Volgens Darryn is die gerugte dat Kurt Vrydagaand ʼn terugslag beleef het, onwaar. “Kurt het

Lees verder: Kurt moontlik dié week ontslaan

Nóg ‘n blouligkonvooi-ongeluk in Johannesburg

‘n Voertuig in ‘n blouligkonvooi was betrokke in ‘n ongeluk in die Johannesburgse sakekern, na bewering nadat dit oor ‘n rooi verkeerslig Dinsdagmiddag gejaag het. Getuies by die kruising van De Korte en Berthastrate in Braamfontein het gesê hulle het die swart BMW sien jaag deur ‘n rooi verkeerslig. Die BMW is getref deur ‘n

Lees verder: Nóg ‘n blouligkonvooi-ongeluk in Johannesburg

Varkgriep eis 2 in SA

Twee mense is onlangs in Pretoria en Durban oorlede aan varkgriep, sê die Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios). Nios het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hulle teen die H1N1-griepvirus, wat as varkgriep bekendstaan, in te ent. Die Netcare-groep het bevestig dat ‘n vroulike pasiënt positief vir die virus getoets het, maar Netcare sê die

Lees verder: Varkgriep eis 2 in SA

Sleepdood: Saak uitgestel

Die borgtogaansoek van nege polisiebeamptes van die moord op die taxibestuurder Mido Macia beskuldig word, is Dinsdag in die Benoni-landdroshof uitgestel. Die hof het gehoor dat alternatiewe adresse vir die beskuldigdes nog geverifieer moet word. Die saak is tot 30 Julie uitgestel. Macia is op 26 Februarie aan ‘n polisievoertuig vasgebind en in ‘n straat

Lees verder: Sleepdood: Saak uitgestel

SAIRR roep DA se bluf oor NDP

Die land se twee voorste sogenaamde liberale organisasies – die SA Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR) en die Demokratiese Alliansie (DA), die land se grootste opposisieparty – het mekaar openlik in die hare gevlieg Die onenigheid gaan oor die DA se skerp swaai na links om swart stemme te trek. Die party het daarmee sy eertydse

Lees verder: SAIRR roep DA se bluf oor NDP

Beeld dam Egipte met die Hitler-stoflap by

Beeld se hoofartikel vandag het weer al die kenmerke van die Naspers-gedienstigheid wat ons so goed ken. Dan het die dagblad ook seker gemaak dat hulle Afrikaanse lesers se intelligensie grondig onderskat. Weliswaar verklaar hulle president Morsi en sy Moslem-broederskap se bewindseinde op 4 Julie deur ‘n staatsgreep, wat min of meer korrek is. Maar

Lees verder: Beeld dam Egipte met die Hitler-stoflap by