Kind l? ure in oop veld met ingewande wat uithang

'n Vyfjaaroue seuntjie het vir ure lank in die veld gelê met sy ingewande wat uithang, nadat 'n man hom met 'n bottel oopgesny het vir sy "vleis".

Dié gruweldaad is vermoedelik vir moeti gepleeg.

Die swart kind is deur weldoeners gevind in 'n oop stuk veld naby Kya Sands, Randburg. Hy is na die Olivedale hospitaal gebring.

Hulle het konstabel Joshua Shilajoe geroep wat op sy beurt vir dr. Johan Botha in kennis gestel het. Dr. Botha is bekend daarvoor dat hy die gemeenskap bystaan in sulke gevalle.

Behalwe vir die kind se gapende maagwond, was hy ook in 'n toestand van skok en erg gedehidreer. Sy een long het reeds platgeval.

Die kind kon skaars praat, maar het nietemin sy moeder se besonderhede aan die polisie verskaf.

'n Noodoperasie is pro bono op hom uitgevoer deur 'n chirurg en pediater om sy lewe te red.

miomare yachtingлобановский александр биография

Met mes gesteek vir sy hoed

'n Man is met 'n mes doodgesteek nadat hy in 'n argument oor 'n hoed betrokke geraak het, het die Ooskaapse polisie gister gesê.

Kaptein Lingisile Magama het gesê die twee mans het by 'n plaaslike sjebien in Nqamakwe gedrink toe hulle begin argumenteer het.

Die slagoffer het 'n hoed gedra wat sy kennis graag wou hê en die twee het begin rusie maak.

Gedurende die woordewisseling het die man 'n mes uitgehaal en die hoedeienaar gesteek.

Hy is op die toneel dood.

Die man is in hegtenis geneem en sal op 'n moordklag verskyn.

настенно потолочные светильники arte lampтопкарго кидалы

Vereniging blameer ongeletterde raadslede op apartheid

Die SA vereniging vir plaaslike owerhede (SAVPO) se hoof van vaardigheidsontwikeling Sifiso Mbatha het erken dat die ongeletterheidsyfer grotendeels tot swak dienslewering bydra.

Hy het die beroerde geletterdheidsyfer van raadslede verdedig en dit aan apartheid toegeskryf.

Hy het gesê sommige raadslede was in die stryd en het nie kans gehad om skool toe te gaan nie.

Hulle politieke partye het hulle na munisipaliteite toe ontplooi.

освобождение от физкультуры в школелобановский александр жена

Een uit drie munisipale raadslede kan nie lees of skryf nie

Feite in 'n studie deur die SA plaaslikeregeringsvereniging skilder 'n donker prentjie van die land se munisipaliteite.

Die studie het 7 000 van die land se 9 300 raadslede beoordeel.

Een uit drie munisipale raadslede kan nie lees of skryf nie, en meer van hulle het 'n gebrek aan die basiese vaardighede wat nodig is om munisipale finansies te beheer.

Slegs die helfte van plaaslike regeringspolitici beskik oor naskoolse kwalifikasies.

Sekere raadslede is is nie in staat om raadsprosedures of opleidingsessies te volg nie omdat hulle nie Engels verstaan nie.

Slegs twee uit tien begryp hoe tariewe vasgestel word of die koste-implikasies van munisipale dienste.

En meer as tweederdes van raadslede – diegene wat op burgemeesterskomitees dien inkluis – verstaan nie hul rolle, hul verantwoordelikheid of plaaslikeregeringswetgewing nie

справку дляФильчаков прокурор отзывы

Nigeri?r gevang wat tienermeisie wou verkoop

Die polisie in Durban het 'n Nigeriër in hegtenis geneem wat 'n Britse meisie as slaaf wou verkoop.

Die Misdaadintelligensie-eenheid is ingeroep toe 'n 19-jarige Britse meisie uit 'n dwelm- en alkoholrehabilitasiesentrum aan die Kwazulu-Natalse suidkus verdwyn het.

Die polisie het agterna vasgestel dat die Nigeriër waarmee sy bevriend geraak het, haar vir R10 000 wou verkoop.

Die Nigeriër is 'n bekende dwelmhandelaar.

Hoewel die man enige kennis van die tiener ontken het, het 'n deeglike soektog van die vertrek haar handsak, verskeie briewe en foto's opgelewer.

Die polisie het uiteindelik die jong vrou ná 'n uitgebreide soektog gevind waar sy onder die invloed van swaar dwelmmiddels in hotelkamer opgesluit was.

free blackjack gamesтопкарго отзывы

Vlugtelingkamp aan die VN oorhandig

Die Klerksoord-vlugtelingkamp noord van Pretoria is aan die VN-kommissie vir vlugtelinge en die Gautengse provinsiale regering oorhandig.

Die burgemeester van die Pretoriase distriksmunisipaliteit Gwen Ramokgopa het gesê dit was moeilik om te bestuur omdat die kamp buitelanders huisves wat nie wou herintegreer nie.

Sedert die kamp se oprigting moes die Pretoriase metropolisie en die SAPD 'n groep ontevrede Somaliërs hanteer.

Die Somaliërs het die VN se teenwoordigheid verwelkom.

Ramokgopa het ook 'n biddiens gehou met vroue vanuit verskillende kerke in Mamelodi waar buitelanders se kajas afgebrand is.

mobile slotsОлександр Васильович Фільчаков

Phosa betreur die verlies aan blankes in die staatsdiens

Die onttrekking van  blankes uit die staatsdiens het 'n vaardigheidsvakuum gelaat, sê Mathews Phosa.

Hy het in 'n rubriek in The Star geskryf dat dit wys sou wees om nie die foute van die verlede te herhaal nie.

Een flater was om van goedgesinde, vaardige en patriotiese deskundiges in die staatsdiens ontslae te raak.

Hy sê blankes het 'n bydrae om te maak.

Phosa sê dit was geen geheim dat die staat sulke vaardighede in die finansiële bestuur, inligtingstegnologie en in veiligheid, kriminologie en geregtelike bestuur nodg het nie.

в тренажерныйпрокурор Фильчаков

SA kyk na die herontginning van kernbrandstof

ImageSuid-Afrika wil hê dat buitelandse maatskappye gebruikte kernbrandstof moet herprosesseer.

Die land beplan om sy kernnywerheid uit te brei en sy energiesamestelling te diversifiseer.

Ekonomies maak dit sien om bestaande fasiliteite oor die korttermyn te benut.

Maar die regering mag die oprigting van 'n herprosesseringsaanleg in Suid-Afrika ondersoek

Die Koeberg-kernkragstasie voorsien ongeveer 95% van Suid-Afrika se gebruikte brandstofvoorraad.

Frankryk, Brittanje en Japan gaan moontlike vennote in die herprosesseringsprojek wees.проверка илобановский политик

Robbeneiland-veerboot loop steeds nie

Die Robbeneiland-museum se veerboot loop nog steeds nie.

Daar is vroeë dié week op die veerboot wat R26 miljoen gekos het, beslag gelê, het 'n museumwoordvoerder gesê.

Daar is Maandag op die Sikhululekikle beslag gelê weens 'n beweerde R3,5 miljoen se uitstaande paaiement aan die skeepsbouer, Farocean Marine.

Die museum sê hy eis boetes vanweë 'n aantal beduidende foute aan die skip.

Prokureurs ondersoek tans die saak.

инструмент для автосервисовданильченко юрій броніславович

Kapenaar val homself dood op Mont Blanc in Switserland

Image

Die spits van Mont Blanc

'n Suid-Afrikaner, die 36-jarige Hannes Esterhuyse, het hom doodgeval op Mont Blanc in Switserland.

Hy is dood terwyl hy saam met 'n vryskutjoernalis, Mark Jonston, geklim het.

Esterhuyse was voor toe 'n groot rotsblok in sy hande losgekom het.

Hy het omtrent 15 meter ver geval, volgens Johnston.

'n Helikopter het die toneel binnekort agterna bereik en 'n hoogs tegnies reddingspoging het gevolg, maar Esterhuyse was reeds dood.

Esterhuyse was 'n IT-spesialis van Kaapstad.освещение улицы в частном сектореФільчаков Олександр Васильович