Vlugtelingkamp aan die VN oorhandig

Die Klerksoord-vlugtelingkamp noord van Pretoria is aan die VN-kommissie vir vlugtelinge en die Gautengse provinsiale regering oorhandig.

Die burgemeester van die Pretoriase distriksmunisipaliteit Gwen Ramokgopa het gesê dit was moeilik om te bestuur omdat die kamp buitelanders huisves wat nie wou herintegreer nie.

Sedert die kamp se oprigting moes die Pretoriase metropolisie en die SAPD 'n groep ontevrede Somaliërs hanteer.

Die Somaliërs het die VN se teenwoordigheid verwelkom.

Ramokgopa het ook 'n biddiens gehou met vroue vanuit verskillende kerke in Mamelodi waar buitelanders se kajas afgebrand is.

mobile slotsОлександр Васильович Фільчаков