Die Misdaadintelligensie-eenheid is ingeroep toe 'n 19-jarige Britse meisie uit 'n dwelm- en alkoholrehabilitasiesentrum aan die Kwazulu-Natalse suidkus verdwyn het.
Die polisie het agterna vasgestel dat die Nigeriër waarmee sy bevriend geraak het, haar vir R10 000 wou verkoop.
Die Nigeriër is 'n bekende dwelmhandelaar.
Hoewel die man enige kennis van die tiener ontken het, het 'n deeglike soektog van die vertrek haar handsak, verskeie briewe en foto's opgelewer.
Die polisie het uiteindelik die jong vrou ná 'n uitgebreide soektog gevind waar sy onder die invloed van swaar dwelmmiddels in hotelkamer opgesluit was.
