Een uit drie munisipale raadslede kan nie lees of skryf nie

Feite in 'n studie deur die SA plaaslikeregeringsvereniging skilder 'n donker prentjie van die land se munisipaliteite.

Die studie het 7 000 van die land se 9 300 raadslede beoordeel.

Een uit drie munisipale raadslede kan nie lees of skryf nie, en meer van hulle het 'n gebrek aan die basiese vaardighede wat nodig is om munisipale finansies te beheer.

Slegs die helfte van plaaslike regeringspolitici beskik oor naskoolse kwalifikasies.

Sekere raadslede is is nie in staat om raadsprosedures of opleidingsessies te volg nie omdat hulle nie Engels verstaan nie.

Slegs twee uit tien begryp hoe tariewe vasgestel word of die koste-implikasies van munisipale dienste.

En meer as tweederdes van raadslede – diegene wat op burgemeesterskomitees dien inkluis – verstaan nie hul rolle, hul verantwoordelikheid of plaaslikeregeringswetgewing nie

справку дляФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae