Hy het in 'n rubriek in The Star geskryf dat dit wys sou wees om nie die foute van die verlede te herhaal nie.
Een flater was om van goedgesinde, vaardige en patriotiese deskundiges in die staatsdiens ontslae te raak.
Hy sê blankes het 'n bydrae om te maak.
Phosa sê dit was geen geheim dat die staat sulke vaardighede in die finansiële bestuur, inligtingstegnologie en in veiligheid, kriminologie en geregtelike bestuur nodg het nie.
