Kaptein Lingisile Magama het gesê die twee mans het by 'n plaaslike sjebien in Nqamakwe gedrink toe hulle begin argumenteer het.
Die slagoffer het 'n hoed gedra wat sy kennis graag wou hê en die twee het begin rusie maak.
Gedurende die woordewisseling het die man 'n mes uitgehaal en die hoedeienaar gesteek.
Hy is op die toneel dood.
Die man is in hegtenis geneem en sal op 'n moordklag verskyn.
