Dalai Lama opgeneem in hospitaal

ImageDie Dalai Lama, die Tibetaanse leier in ballingskap, is in 'n hospitaal in Moembaai, Indië, opgeneem.

Daar was egter geen rede tot kommer nie, het dokters gister gesê.

Die leier het twee buitelandse reise weens uitputting afgestel.

Die Nobelpryswenner woon in Dharamsala, die noord-Indiese dorp waar Tibet se selfgeproklameerde regering-in-ballingskap gebaseer is.

Hy is 73 jaar oud.

Sy onlangse reise het veral op lesings oor Boeddhisme gefokus, maar gedurende sy praatjies het hy ook die Chinese beleid in Tibet gekritiseer.

пескоструй купить киевДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae