Navorsers by NASA wou die verskynsel beter verstaan.
Hulle sê die wisselwerking van magnetiese velde en gelade deeltjies wat uitwaarts vanaf die son geprojekteer word, veroorsaak kleurvolle elektriese storms in die poolgebiede.
Nadat wetenskaplikes 'n substorm gemeet het, het hulle gevind dat die magnetiese velde eers gebreek word waarna die auroras uitbars. Die partikelstroom het eers ná die ontwrigting plaasgevind, anders as wat voorheen geglo is.
Tussen 2010 en 2012 word hewige sonstorms verwag
Hulle hoop dis 'n stap vooruit om betroubare voorspellings van geomagnetiese storms te onwikkel wat wentelende satelliete en elektriese kragnetwerke op die grond kan versteur.

Die wedren om petroleumbronne in die poolsirkel mag binnekort warm word.
Die horing van Afrika, wat bekend is vir sy droogtes, oorloë en gereelde hongersnode, staan nou voor nog 'n groot krisis. Volgens die Wêreldvoedselprogram word 15 miljoen mense deur 'n nabye ramp bedreig indien Westerse skenkers nie dadelik fondse verskaf nie.