'n Bilaterale vergadering Maandag het misluk om die dispuut op te klaar.
Troepe van albei kante bly gereed by die antieke Hindoetempel, Preah Vihear, op die grens tussen die twee lande.
Die minister van buitelandse sake van Kambodja, Hor Namhong, het die Veiligheidsraad gevra om dringend 'n oplossing gebaseer op die volkereg te vind.
Dis die jongste voorval in 'n langdurige geskil tussen die twee nasies.
Die dispuut kom op 'n delikate oomblik aangesien Kambodja aanstaande week algemene verkiesing hou en die regeringskoalisie in Thailand toenemend wankelrig voorkom.
