Wetenskaplikes ontdek die sneller vir noorderligte

Wetenskaplikes sê hulle het ontdek presies wat die geheimsinnige noordelike poolligte, die aurora borealis, laat dans.

Navorsers by NASA wou die verskynsel beter verstaan.

Hulle sê die wisselwerking van magnetiese velde en gelade deeltjies wat uitwaarts vanaf die son geprojekteer word, veroorsaak kleurvolle elektriese storms in die poolgebiede.

Nadat wetenskaplikes 'n substorm gemeet het, het hulle gevind dat die magnetiese velde eers gebreek word waarna die auroras uitbars. Die partikelstroom het eers ná die ontwrigting plaasgevind, anders as wat voorheen geglo is. 

Tussen 2010 en 2012 word hewige sonstorms verwag

Hulle hoop dis 'n stap vooruit om betroubare voorspellings van geomagnetiese storms te onwikkel wat wentelende satelliete en elektriese kragnetwerke op die grond kan versteur.

Die bevindings het in 'n artikel verskyn wat gister deur die webwerf van die tydskrif Science gepubliseer is.

купить липецк техно вектор 7 3d 2-х камерныеФильчаков прокурор харькова