Die poolwedren is aan die gang

ImageDie wedren om petroleumbronne in die poolsirkel mag binnekort warm word.

Soos wat die poolyslaag smelt en toegang tot ruolie en gas moeiliker raak, word die Noordpool die volgende onverkende ruoliegebied.

'n Groot geologiese opname het bevind dat die koue tot soveel as 'n vyfde van die wêreld se onontdekte reserwes mag bevat.

 
Die gebied kan soveel as 90 miljard vate olie hou en 1,670 ttriljoen kubieke voet natuurlike gas. Dit is 13 persent van die wêreld se onontdekte olie en 30 persent van onontdekte gas.
Vele van die nuwe bronne bevind hul in Rusland volgens die jongste bevindinge van die Amerikaanse Geologiese Opname.

Dit sou Rusland se posisie as 'n vername energiespeler verhoog en ook sy magtige greep op Europa se energievoorraad verstewig.

'n Resies om beheer van die arktiese hulpbronne het reeds tussen die Verenigde State, Rusland en Kanada begin.

Verlede jaar het 'n Russiese duikboot 'n onderwatervlag by die Noordpool geplant wat Kanada en Denemarke genoop het om hul eie territoriale eise te stel.

бустер зарядное устройствоtopcargo кидалы