Australiese inflasie ongemaklik hoog

Australië se inflasiekoers het sy grootste kwartaallikse styging in 17 jaar getoon soos wat verbruikers gebuk gaan onder hoër verbandkoerse en rekordpetrolpryse.

Dit het met 1,5 persent oor die afgelope drie maande wat op 30 Junie geëindig het, gestyg.

Die onverwagse hoë kwartaallikse styging in die VPI het die inflasiekoers tot bokant 4,5 persent gedwing.

Die Reserwebank van Australië sal waarskynlik sy verwysingsrentekoers by die hoogste merk in 12 jaar van 7,25 persent hou.

Die Australiese ekonomie verkeer in sy 17de jaar van aanhoudende groei, maar toon tekens van verslapping.

'n Hoofekonoom van die Commonwealth Bank of Australia het gesê dat die jongste VPI-syfers getoon het dat Australië se inflasiekoers ongemaklik hoog is.
Onsekerheid neem toe oor die kwessie of Nieu-Seeland sy rentekoerse gaan verminder te midde van tekens dat sy ekonomie op pad na 'n resessie is.

online free betФильчаков прокурор отзывы