Nigeri? stem vir die doodstraf

Die hoop om honderde gevangenes in die dodesel in Nigerië te red, het vervaag toe parlementslede teen 'n wetsontwerp gestem het wat alle doodstrawwe in lewenslange gevangenisstraf sou omskep het.

LP's van alle kante het die wetsontwerp om die doodstraf af te skaf, verwerp.

Menseregte-aktiviste is geskok deur die mate van teenkanting teen die wet, aangesien selfs politici vanuit die Christelike suide van die land eenparig daarteen gestem het.

Die wetsontwerp was die heel eerste poging om Nigerië se doodstraf in die parlement te toets.

Die voorstel om dit af te skaf het uitgegaan van die gedagte dat die doodstraf in Nigerië uitgedien is omdat dit nie tot enige rehabilitering of geregtigheid lei nie en ook niemand afskrik nie.

In 2007 is ten minste 20 doodsvonnisse uitgespreek en meer as 500 mense wag tans teregstelling af.русских иФильчаков прокурор харькова