Soos 'n hoofartikel hier op die Praagwerf uitwys, moet mens die matriekuitslae met 'n groot sak sout opneem. Nie net word uitslae "aangepas" (lees "gekook") nie, maar ook is dit duidelik dat die standaard veral in 2008 heelwat laer was as in die onlangse verlede, om nie te praat van 20 jaar gelede s'n nie. Die aantal onderskeidings het "onverklaarbaar" die hoogte in geskiet (dis nou as mens so naïef wil wees om die blatante politieke inmengery wat lei tot verlaagde standaarde moedswillig te ignoreer.)
Wiskunde-apartheid?

Ek het met ‘n baie lekker lag vanoggend gelees oor die Suid-Afrikaanse regering wat skielik dink dat hulle vir Israel kan vertel hoe om sy eie buitelandse en militêre beleid te hanteer en om die aanvalle op die Gasastrook onmiddellik te staak.