Openbare geweld dreig aan Oosrand

ImagePolisie het Dinsdag rubberkoeëls gevuur om 200 hostelbewoners in Thokoza op die Oosrand wat oor dienslewering betoog het. uitmekaar te jaag.

Die inwoners het by nog voor die son opgekom het teen 4:30vm in Khumalostraat byeengekom, volgens Kaptein Mega Ndobe van die SAPD.

Die groep is ontstoke oor die toestand van die hostel en dienslewering oor die algemeen, maar hulle is deur die polisie gekeer omdat hulle nie die nodige toestemminmg vir die opmars gehad het nie.

Betogers het vroeër klippe gegooi en verskeie voertuie, ook dié van die polisie, is beskadig in die geweld. 'n Fotograaf van Sapa het die toestand as "uiters gespanne" beskryf en polisie moes die skare met rubberkoeëls onder bedwang hou.

Ndobe het gesê daar is tot dusver 17 mense in hegetenis geneem op aanklagte van openbare geweldpleging en nog arrestasies word spoedig verwag.

Betogers bevind hulleself tans in die hostel terwyl 'n swaar polisieteenwoordigheid die situasie buite die gebou monitor.

Polisielede is op hierdie stadium steeds in samesprekinge met hostelleiers en munisipale verteenwoordigers gewikkel.

Khumalostraat is afgesper en Ndobe het lede van die publiek gevra om die gebied te vermy.

"Hulle moet deur Madondo, by Mazibukostraat aansluit en by Skhosanastraat uit na Thokoza se polisiestasie gaan," het hy gevra.

дренажный насос дляФильчаков прокурор отзывы

Ruimtemanne moet knyp

Die Internasionale Ruimtestasie, IRS,  se toilet het gebreek – en dít terwyl daar tans ’n rekordgetal van 13 ruimtevaarders aan boord is.

Hulle word nou genoodsaak om almal die “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS of die ruimtetoilet op Nasa se Endeavour-pendeltuig te gebruik.

Die pendeltuig is tans aan die stasie geanker.

“Plak maar ’n ‘buite werking’-nota daarop,” het dr. Hal Getselman, sendingbevelvoerder van Nasa, vandeesweek ná verskeie onsuksesvolle herstelpogings aan ’n IRS-bemanningslid gesê.

Die toiletkompartement, wat aan die IRS se watersuiwering- en herwinningstelsel gekoppel is, dien as die bemanning se hoofbadkamer.

Nasa het die bemanning beveel om die toilet op Endeavour so min as moontlik te gebruik omdat die toiletwater nie oorboord gegooi kan word terwyl die pendeltuig aan die IRS geanker is nie.

Dít laat die bemanning met ’n enkele, werkende “spaartoilet” aan die Russiese kant van die IRS.

Om toiletwater uit die geankerde pendeltuig oorboord te gooi, kan ’n nuwe platform besmet.

Dit is Saterdag aan die buitekant van die IRS geïnstalleer om wetenskaplike eksperimente uit te voer.

Die Endeavour-bemanning het dié “staanplatform” Saterdag aan die voorkant van die IRS se Kibo-laboratorium geïnstalleer.

Dit sal vir eksperimente gebruik word waarin dit nodig is dat stowwe onbeskermd aan die buitenste ruimte blootgestel moet word.

Volgens dr. Brian Smith, die IRS se vlugdirekteur, sal die stukkende toilet net ’n groot probleem word as dit nie binne die volgende ses dae herstel word nie.
автомобильныйОлександр Фільчаков прокурор

Tekstiel kry nog ‘n knou

Die bykans 1 400 afleggings by die tekstielvervaardiger Frame kon nie deur die departement van handel en nywerheid gekeer word nie. Die departement het in ’n persverklaring sy spyt uitgespreek daaroor.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, sowel as Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het albei probeer om die maatskappy te red luidens 'n verklaring.

Patel was voorheen aan die stuur van die Suid-Afrikaanse klere- en tekstielwerkersunie (Sactwu).

Hulle was albei “gemotiveer deur ’n begeerte om die behoud van strategiese produksievermoë en indiensname te fasiliteer in ’n globale en plaaslike omgewing wat gedeeltes van ons vervaardigingsektor onder groot druk plaas”.

Pogings deur die NOK om 'n buitelandse belegger te kry was onsuksesvol.

Stuart Queen, uitvoerende hoof van Seardel wat Frame besit, sê die laaste groep werkers sal die maatskappy teen die einde van Augustus verlaat.

Frame se werkmag sal nou met 'n verdere 1 400 werkers krimp tot 1 500. Die maatskappy het in ’n stadium aan 35 000 mense werk verskaf.

пескоструйныеЛобановский

Taakspan moet etniese suiwering ondersoek

Cosatu se Solly Phetoe wil ’n taakspan saamstel om beweerde “vergrype” op plase in die Noordwes Provinsie te ondersoek.
 
Die president van TLU SA, Ben Marais, sê in reaksie hierop dat Phetoe tot dusver met geen konkrete beskuldigings na vore kon kom nie, en dat hierdie taakspan aangestel is op grond van gerugte wat eintlik as hoorsê beoordeel sou kon word.
 
“Daarteenoor word boere gedurigdeur vermoor, en daar word weinig, indien enigiets, vanaf die regering of Cosatu, daaroor verneem. In die jongste geval het ’n boewebende van vier die weerlose 83-jarige Margaret Mynhardt van Hartswater aangeval en gruwelik aangerand, tot so ’n mate dat hulle intimidasie haar van haar plaas verwilder het en sy nie daarheen wil terugkeer nie.

Verlede week is Piet van den Berg by Cullinan koelbloedig vermoor, en as sy vrou nie betyds ontsnap het nie, sou sy omgekom het in die huis wat die moordenaars aan die brand gesteek het. Vroeër die week het aspirant-moordenaars se patrone vasgeslaan in ’n kinderstoeltjie in ’n motor.

As dit die manier is waarop daar jag gemaak word op ons mense, waarom word daar nie ’n taakspan aangestel om hierdie sake te ondersoek nie?” vra Marais.
 
“TLU SA het dit voorheen gesê en hy sê dit weer: hier is ’n proses van etniese suiwering aan die gang en dit word hoog tyd dat die regering hierdie saak moet ondersoek, en ’n taakspan daaroor aanwys, in plaas daarvan om hulle elke keer byna dood te skrik as Phetoe met sy wilde stellings vorendag kom.

воздуха компрессоратопкарго

ANC-vergadering lei tot geweld

'n Openbare gemeenskapsaal is deur woedende betogers beskadig in Rustenburg, in Noordwes, omdat hulle ontevrede is oor die ontbinding van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee.

Kaptein Elsabe Augoustides het gesê die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die skare uiteen te jaag. "Betogers het stoele na sommige ministers gegooi wat die vergadreing bygewoon het."

Hulle het ook vensters en 'n glasdeur van die Ben Marais-saal gebreek waar die ANC se algemene vergadering vir die provinsie moes plaasvind. Ongeveer 1 000 mense het die vergadering bygewoon. Twee mense is vir ondervraging deur die polisie weggeneem.

Dit is nog nie duidelik of die twee aangekla is nie, maar 'n saak van openbare geweld is geopen het Augoustides gesê. Luidens onbevestigde berigte is 'n joernalis van die SAUK beseer gedurende die geweld.

Augoustides het gesê dis "nog nie duidelik of die joernalis koeëlwonde opgedoen het en of hy deur die betogers beseer is nie".

Provinsiale leiers van die party is uit die saal begelei terwyl die betogers buite gedreunsing het. Die skare was glo ontevrede omdat die nasionale uitvoerende komitee van die ANC besluit het om die provinsie se komitee te ontbind.

Die ANC het die insident veroordeel en gesê hulle sal nie gyselaar gehou word deur mense wat hulleself as ANC-lede voordoen nie. Woordvoerder Brian Sokutu het in 'n verklaring gesê dat die polisie die skuldiges sal opspoor en dat hulle aan die pen sal ry.

Hy het bygevoeg dat die ANC "die skietery betreur wat daartoe gelei het dat 'n fotograaf van die SAUK beseer is".

Dit is nog nie duidelik of daar ander beseerdes is nie, het Augoustides gesê.

фильтр влагоотделитель для сжатого воздухалобановский александр фото

Gill Marcus gaan Mboweni vervang

Image

Gill Marcus (regs) vervang vir Tito Mboweni (links)

President Jacob Zuma het oor die naweek 'n verrassende aankondiging op ’n mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria gemaak toe hy 'n opvolger vir die Reserwebank se president aangekondig het.

Tito Mboweni sal op 9 November deur Gill Marcus, huidige voorsitter van Absa en lid van die SAKP, vervang word.

Marcus, 59, was voorheen adjunkpresident van die Reserwebank en is 'n gewese adjunkminister van finansies. Mboweni se termyn verstryk op 8 Augustus en sal tot 8 November aanbly totdat Marcus oorneem.

Alhoewel Mboweni, 50, vroeër in sy pos heraangestel is, het hy aangedui dat hy later vanjaar ander belange gaan nastreef. Mboweni het nog geen aanduiding gegee van wat hy gaan doen nadat hy uitgetree het nie, behalwe dat hy gaan visvang.

Mboweni, wat in Augustus 1999 as president van die Reserwebank aangestel is, het sy taak uitnemend verrig, het Zuma gesê.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, het aan Sapa gesê Cosatu verwelkom Marcus se aanstelling.

“Ons het nie ’n goeie verhouding met Mboweni gehad nie en sal dus nie ’n traan pink nie,” het Vavi gesê.

Die DA het in 'n verklaring gesê dat Zuma moontlik onder druk van die vakbonde geswig en daarom vir Mboweni vervang het.

Dit is nog nie seker of Marcus sal voortgaan met die Reserwebank se inflasieteikenbeleid nie.

магазины детских игрушекОлександр Фільчаков прокурор

Beeld se Afrikageografie

Beeld se geografie het die koerant sleg in die steek gelaat en nie wat die verre ooste van die ou Sowjet-unie betref nie, maar op hulle eie kontinent.

Sedert die verhoor van die  berugte Charles Taylor, hou Beeld vol om na die "Libiese oudleier" te verwys.

Libië en Liberië is natuurlik nie dieselfde plek nie en kolonel Ghadaffi sal onthuts wees om te weet dat die swart Taylor ooit aan die spits van sy Arabiessprekende land gestaan het soos die grootste Afrikaanse weekblad beweer.

Vir 'n koerant wat so sterk met die kontinent identifiseer, is dit 'n vreemde blaps. 

how to play cludoпрокурор Фильчаков

Nog spelfoute in Obama-verklarings

Spelfoute pla blykbaar aanhoudend in die Obama-administrasie nadat nog twee gogga's binne 24 uur in persverklarings van die Withuis opgeduik het.

Praag het reeds berig oor die naam van die president wat verkeerd gespel was op die START-dokument wat Obama na Moskou geneem het om atoomwapenvermindering te onderhandel.
 
Verlede week het die Amerikaanse Dienste Administrasie 'n amptelike dokument uitgereik waarin hulle aangekondig het dat 'n kontrak van $18 miljoen toegestaan is om hulle webtuiste waar tred gehou word met die aanwending van stimulusdollars, te herontwerp.

"Recvoery.gov Version 2.0 $18 Million Contract Awarded," Dit moet natuurlik lees "Recovery".

Die Withuis het 'n verdere gesamentlike verklaring met 'n woordvoerder van die VK uitgereik oor samesprekinge tussen die Britse premier Gordon Brown en president Obama.

Die verklaring lui: "The Prime Minister wlecomed the President's plans for a nuclear security conference in 2010." 

online newДанильченко Юрий Харьков

Minister gaan onbekwaamheid en korrupsie takel

Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, het by die bekendstelling van Operation clean audit 2014 in Boksburg gesê die ouditeur-generaal se verslae vir munisipaliteite is kommerwekkend. Volgens die minister is korrupsie in plaaslike regering die “vyand nommer een”.

“Ek waarsku daardie amptenare wat geen aanspreeklikheid aanvaar nie, dié wat dokumente verloor, veral wanneer die ouditeure daar is. Jy beter nou ophou. Daar is geen rede om byvoorbeeld ’n tenderdokument huis toe te neem nie. En as daar dalk rotte is wat dokumente vernietig, moet dit aangemeld word,” het Shiceka sarkasties bygevoeg.

“Projek Ayihlome” sal as deel van die skoon-oudit-veldtog uitsluitlik op korrupsie fokus.

Die OG het 'n verslag uitgebring wat aantoon dat 56 van die land se 283 munisipaliteite in 2006 tot 2007 ongekwalifiseerde ouditmenings ontvang het. Hy het gesê daar is ’n krisis op plaaslike regeringsvlak wat dringend opgelos sal moet word

Die departement wil met die nuwe veldtog verseker dat al 283 munisipaliteite en alle provinsiale departemente in die nege provinsies teen 2014 die groen lig van die OG sal ontvang.

Hy het gesê hulle beoog om teen 2010 alle betrokke amptenare prestasiekontrakte vir ouditbestuur te laat onderteken.

“Dit is skokkend dat amptenare wat op interne ouditkomitees dien nie eens geldstate kan verstaan nie.”

кухня ігриданильченко юрий брониславович прокурор

Geen getuienis dat Iran kernwapens nastreef, s? IAEA

Image

Yukiya Amano

Die nuwe hoof van die Internasionale Atoomenergieagentskap Yukiya Amano, het gesê hy wil graag sy amp depolitiseer en bygevoeg dat hy 'n onafhanklike mening sal nastreef. Die Japannese Amano was Westerse moondhede, en in besonder Israel, se gunsteling kandidaat vir die pos.

Amano het, nadat hy die Irandossier noukeurig nagegaan het, ook verklaar dat hy geen getuienis kon kry dat Iran betrokke is by die vervaardiging van atoomwapens nie. Die IAEA het reeds herhaaldelik aangedui dat Iran nie afwyk van hulle burgerlike kernprogram nie, alhoewel die uitgaande hoof Mohamed ElBaradei onlangs gesê het hy het 'n "voorgevoel" dat Iran heimlik sulke tegnologie begeer.

Dit wil voorkom asof Amano tot dusver nie op voorgevoel nie, maar eerder op harde getuienis sal staatmaak om die beweringe dat Iran 'n koverte kernprogram dryf, te ondersoek.

Hy het egter gesê dat Iran onder 'n "verpligting" verkeer om hulle burgerlike kernprogram op te skort, alhoewel daar geen getuienis bestaan oor ongerymdhede nie, aangesien die Veiligheidsraad dit vereis. Die vereistes van die VN se Veiligheidsraad moet apart van die IAEA se protokolle – wat geen beperkinge op die reg om energieopwekking plaas nie – beskou word.

гольф для девочки с описаниемАлександр Фильчаков прокурор