“Ek waarsku daardie amptenare wat geen aanspreeklikheid aanvaar nie, dié wat dokumente verloor, veral wanneer die ouditeure daar is. Jy beter nou ophou. Daar is geen rede om byvoorbeeld ’n tenderdokument huis toe te neem nie. En as daar dalk rotte is wat dokumente vernietig, moet dit aangemeld word,” het Shiceka sarkasties bygevoeg.
“Projek Ayihlome” sal as deel van die skoon-oudit-veldtog uitsluitlik op korrupsie fokus.
Die OG het 'n verslag uitgebring wat aantoon dat 56 van die land se 283 munisipaliteite in 2006 tot 2007 ongekwalifiseerde ouditmenings ontvang het. Hy het gesê daar is ’n krisis op plaaslike regeringsvlak wat dringend opgelos sal moet word
Die departement wil met die nuwe veldtog verseker dat al 283 munisipaliteite en alle provinsiale departemente in die nege provinsies teen 2014 die groen lig van die OG sal ontvang.
Hy het gesê hulle beoog om teen 2010 alle betrokke amptenare prestasiekontrakte vir ouditbestuur te laat onderteken.
“Dit is skokkend dat amptenare wat op interne ouditkomitees dien nie eens geldstate kan verstaan nie.”
